|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 10 - 28 Maart 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Hoe red mens 'n samelewing? Belangegroepe maak praktiese planne
- Voormalige tronkvoëls en werkloses begin suksesvolle onderneming
- Namibië tree uit - verleentheid of geleentheid?
- Oor die belydenis van Nicea - vanjaar 1,700 jaar oud
- Nuwe publikasies van die Christelike Lektuurfonds
- Verjaardae in April
|
|
|
|
Gemeenskapsdialoog
Hoe lyk die samelewing waarop ons aandring?
|
|
Deelnemers aan die gemeenskapsdialoog op 25 Maart
|
'n Verteenwoordigende groep uit verskillende belangegroepe in Nelson Mandelabaai (kerke, die sakesektor, opvoeding en onderwys, nie-regeringsorganisasies, media en kommunikasie, landbou, nie-regeringsorganisasies en die plaaslike regering) het op 25 Maart bymekaargekom om te gesels oor die soort samelewing wat ons wil bou.
|
Die gesprek vind plaas teen die agtergrond van powere dienslewering, sosiale verbrokkeling, ekonomiese stagnasie, werkloosheid, hooploosheid onder die jeug en toenemende geweld en misdaad.
|
Die geleentheid is deur dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis gefasiliteer en is deel van dié sentrum se #100DorpeDialoog
|
Deelnemers het nagedink oor sistemiese intervensies wat 'n betekenisvolle verskil kan maak. Vier werkgroepe is gevorm om praktiese voorstelle te maak: jeug, werkloosheid en armoede, geweld en misdaad, en plaaslike regering.
|
|
|
Yandisa Jubaso gee namens haar jeugwerkgroep terugvoer
|
Estelle Ellis, joernalis van die Daily Maverick en deelnemer, het die gevoel goed saamgevat deur te sê "righteous anger" oor verval in die land moet burgers aanspoor tot aksie.
|
'n Gedeelde toewyding om ons stad veiliger, gesonder en meer inklusief te maak, is uitgespreek. Bydraes het veral gefokus op die bemagtiging van jongmense, werkskepping, onderwys en vaardigheidsontwikkeling – veral in gemeenskappe wat minder het.
|
|
|
Raadslid Lance Grootboom (middel), 'n prokureur, verduidelik hoe burgers die plaaslike owerheid verantwoordbaar kan hou. Weerskante van hom sit prof Deon Pretorius en mnr Thandile Gunguluza, lid van die plaaslike owerheid
|
Uit gesprekke het ook geblyk baie deelnemers wil gesondheidsorg verbeter en gesonde leefstyle bevorder, terwyl ander fokus op armoedeverligting, misdaadbekamping en die ondersteuning van plaaslike besighede.
|
Geloofsgebaseerde inisiatiewe speel ’n belangrike rol in die bou van eenheid, hoop en morele leiding. Daar is ook ’n sterk klem op samewerking tussen verskillende sektore, volhoubare omgewingspraktyke, en die gebruik van media en sport om positiewe verandering aan te moedig. Almal is verenig in hulle doel om die stad op te bou en geleenthede vir almal te skep.
|
Die groep neem nou die inisiatiewe deur middel van vier werkgroepe verder.
|
|
|
|
|
Voormalige gevangenes en werkloses begin suksesvol boer in Tarkastad
|
|
Lewensverandering: voormalige gevangenes en werkloses begin woeker
|
|
In Tarkastad, 'n klein Oos-Kaapse dorpie, het 'n groep voormalige gevangenes en werklose mense saamgespan met 'n gedeelde droom om 'n beter toekoms vir hulself en hul gemeenskap te skep. Baie jong mense in die gemeenskap was werkloos, en Xolisa Mandyoli, 40, het voorgestel dat hulle 'n boerdery-koöperasie begin. Nege ander, insluitend agt wat al tronkstraf uitgedien het, het sy …
|
|
|
|
|
FW de Klerk-Stigting
SA Menseregteverslag 2025
|
|
Die onlangse verslag oor menseregte in Suid-Afrika, vrygestel deur die FW de Klerk Stigting, bied 'n omvattende ontleding van die huidige menseregtesituasie in die land. Dit beklemtoon verskeie kritieke kwessies, insluitend sosio-ekonomiese regte, geslagsgebaseerde geweld, xenofobie en die regte van gemarginaliseerde gemeenskappe. Hier is 'n kort opsomming van die inhoud van die …
|
|
|
|
|
NG Kerk reageer
Namibië tree uit Algemene Sinode
Die dagbestuur van die Algemene Sinode se Moderamen (ASM) van die NG Kerk het “met hartseer” reageer op die besluit wat op 20 Maart in Windhoek deur afgevaardigdes van die NG Kerk in Namibië geneem is om hulself “los te maak van Algemene Sinodale verband.”
|
“Ons respekteer ook die erns en sorgvuldigheid waarmee (NG Kerk in Namibië) die afgelope vyf jaar oor hierdie stap besin het en in verskeie ontmoetings daar én hier, met ons daaroor in gesprek was,” lui die skrywe van die dagbestuur. Lees die skrywe hier.
|
|
|
|
|
Namibië breek band met Algemene Sinode
Verleentheid of Geleentheid?
|
|
|
|
Die besluit van die Sinode van Namibië op 20 Maart 2025 om uit die verband van die Algemene Sinode te tree, het baie emosie losgemaak, skryf kerkhistorikus prof Johan van der Merwe vandeesweek in Kerkbode.
|
Hy wys in sy bydrae op die moeisame geskiedenis van kerkverband-wees in Suid-Afrika en ook op die Raad van Kerke, 'n federale liggaam wat van 1905 tot 1962, die jaar waarin die Algemene Sinode tot stand gekom het, bestaan het.
|
|
|
Miskien is dit die deur wat die Sinode van Namibië weer oopgemaak het. Dalk het dit tyd geword dat die Algemene Sinode weer ’n Raad van Kerke word. Dit beteken nie noodwendig dat eenheid prysgegee word nie, bloot dat sinodes wat in verskillende kontekste in Suid- Afrika funksioneer en waar al die gemeentes van die sinodes betrokke is, groter seggenskap oor bediening in hulle eie gebiede verkry.
|
|
|
|
Skielik is die gebeure van 20 Maart in Windhoek dan nie ’n groot verleentheid vir die NGK nie, maar eerder dalk ’n geleentheid vir die kerke van Suid-Afrika.
|
|
|
|
|
|
Die lewende belydenis van Nicea – Waarom dit vandag saak maak
|
|
|
In ’n tyd waarin geloofswaarhede dikwels onder druk is, het prof. Henco van der Westhuizen onlangs by die Algemene Sinode se Moderamen ’n boeiende aanbieding gelewer oor die relevansie van die Geloofsbelydenis van Nicea (325) vir vandag se kerk en gelowiges.
|
Hy beklemtoon dat hierdie belydenis nie net ’n historiese dokument is nie, maar ’n lewende getuienis van hoe Christene oor God en hul geloof nadink.
|
Van der Westhuizen wys daarop dat Nicea nie net oor die godheid van Christus gaan nie, maar oor hoe ons in ons tyd oor God dink. Die belydenis van “God uit God, Lig uit Lig” is nie bloot ’n akademiese formulering nie, maar ’n rigtingwyser vir hoe geloof vandag geleef word.
|
|
|
Prof Henco van der Westhuizen
|
|
|
|
Hy vra: Dink ons nog met diepte oor ons belydenis, of het dit bloot ’n herhaling geword sonder impak op ons lewens?
|
Die Geloofsbelydenis van Nicea is vanjaar 1700 jaar oud, die oudste geloofsbelydenis wat feitlik alle kerke regoor die wêreld saambind.
|
Volgens hom bied Nicea ’n trinitariese grammatika – ’n taal waarmee ons God as Vader, Seun en Gees beter kan verstaan. Dit herinner ons dat ons geloof nie net oor tradisie gaan nie, maar oor ’n lewende verhouding met God, ter wille van ons en ons verlossing.
|
Vir diegene wat wonder of geloofsbelydenisse steeds relevant is, bied Van der Westhuizen se aanbieding nuwe insigte. Dit daag ons uit om Nicea nie net as ’n historiese gebeurtenis te sien nie, maar as ’n voortdurende roepstem tot dieper geloof en nadenke.
|
Lees die volledige voordrag vir meer insig in hierdie lewensbelangrike gesprek. Sien die volgende berig vir die teks van die Geloofsbelydenis self.
|
|
|
|
|
Hoe lui die Geloofsbelydenis van Nicea?
Hier is die teks van die Geloofsbelydenis van Nicea. Dit is in 325 n.C. geformuleer maar later (381 n.C.) gefinaliseer in die vorm wat ons dit vandag het:
|
Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sienlike en onsienlike dinge;
|
en in een Heer, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye; (God uit God) Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God, verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader;
|
deur wie alle dinge ontstaan het; wat ter wille van ons, die mens, en ter wille van ons saligheid, neergedaal het uit die hemel, vlees geword het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria, en mens geword het, wat selfs vir ons gekruisig is onder Pontius Pilatus, gely het en begrawe is; en op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte;
|
wat opgevaar het na die hemel, en wat sit aan die regterhand van die Vader; wat weer sal kom met heerlikheid om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het, wie se koningsheerskappy geen einde sal hê nie;
|
en in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet word, wat gespreek het deur die heilige profete.
|
Ons glo aan een heilige, algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels. Ons bely een doop tot vergifnis van sondes; ons verwag die opstanding van die ontslapenes, en die lewe van die toekomstige eeu. Amen.
|
|
|
|
|
Kontaknommer - NG Kerk Uitenhage-Oos
Alma Stroebel van uitenhage-Oos laat weet die gemeente het glad nie meer 'n landlyn nie. Skakel asb. 074 716 5133 om met die kerkkantoor kontak te maak.
|
|
|
|
|
CLF Newtonpark sluit: Uitverkoping
CLF se Newtonpark Boekwinkel sal vanaf 17 – 31 Maart 2025 ‘n sluiting-uitverkoping hê. Kry 30% afslag op alle voorraad* Terme en voorwaardes geld Netto pryse. *Afslag is nie op huidige spesiale aanbiedinge van toepassing nie. Besoek hulle by: Manabel Gebou 4 Kaapweg 291 Newtonpark 6045 Gqeberha Epos: newtonpark@clf.co.za Selfoon: 078 999 8329
|
|
|
Nuwe publikasies by die CLF
|
|
|
|
|
|
DivorceCare by PE-Hoogland
|
|
|
Prof Stephan Joubert by Bothasrus, Despatch - 9 Mei
|
|
|
|
Prof Stephan Joubert tree op Vrydag 9 Mei om 19:00 op by NG Kerk Bothasrus Despatch. Tema: Jesus los vir my die ligte aan. Toegang is gratis. Daar sal wel ‘n sagte kollekte by die deure opgeneem word. Koffie/Tee en verversings na afloop van die optrede in die Kerksaal.
|
|
|
|
|
26 Maart 2025
Werkswinkels met impak
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus
Unieke uitdagings rakende die grootmaak van dogters
Die grootmaak van ʼn dogter bied besondere uitdagings. In hierdie verband is dit veral belangrik dat die ouer op hoogte sal wees van die verskillende ontwikkelingsfases van die kind, die spesifieke funksionering van die vroulike brein, met veral ook die klem op die belangrike rol van faktore soos progesteroon, estrogeen. Onkunde rondom hierdie belangrike aspekte kan lei tot intense spanning en ook skade en verwonding aan verhoudings, veral tydens die fase van puberteit en adolessensie.
|
Vir die pa is daar as man, selfs nog ʼn groter uitdaging om op hoogte van al hierdie aspekte te wees. Indien hy daarin kan slaag, sal dit hom bemagtig om ʼn sterk band met sy dogter te kan bou, en haar emosioneel en geestelik te kan toerus vir die toekoms, en vir ʼn gelukkige huwelik en ouerskap later in haar lewe. Waar die nodige toerusting en begeleiding ontbreek, het dit dikwels tot gevolg faktore soos vroeë swangerskap, substans verslawing, seksuele uitreageer gedrag, eetversteurings, angs, lae selfbeeld, depressie, selfdood pogings, ens.
|
Aanbieder: Prof Wentzel Coetzer. Datum: 15 April 2025
|
Klik hier vir meer inligting en die inskrywingsvorm.
|
|
|
|
|
Gemeentes, stuur julle tieners
#Imagine by Jeffreysbaai - 4-6 April
|
|
|
|
Die #Imagine Experience is 'n nasionale jeugbeweging wat instrumenteel is om jong denke regoor Suid-Afrika te vorm. Elke jaar bied ons dinamiese naweek byeenkomste aan wat ontwerp is om die verbeelding van tieners aan te wakker en hulle toe te rus met praktiese hulpmiddels om betekenisvolle bydraes tot hul gemeentes en gemeenskappe te maak. ‘n Fokus area bly om tieners te help verstaan wat hulle kan wees as hulle identiteit in Christus gevind word. Ons glo steeds dat God dinge kan doen wat hoër en ver bo alles is wat ons kan droom of hoop. (Ef 3:20) Ons missie is diep gewortel in: 1. Transformasie: Inspireer tieners om 'n beter toekoms voor te stel en aktief daaraan te werk. 2. Diversiteit en Eenheid: Oorbrug gapings oor rasse-, kulturele en sosio-ekonomiese skeidings deur jongmense van uiteenlopende agtergronde bymekaar te bring. 3. Bemagtiging: Die verskaffing van praktiese werkswinkels en vaardigheidsbousessies wat tieners voorberei vir werklike uitdagings en geleenthede.
|
4-6 April 2025 Oos Kaap – Jeffreysbaai, Jeffreysbaai Karavaan Park
|
|
|
|
|
Vakature: Predikant NG Kerk Murraysburg
In biddende afhanklikheid nooi die NG Gemeente Murraysburg leraars om aansoek te doen vir hierdie vakante leraarspos.
|
Die NG Kerk Murraysburg is geleë in die hartjie van die Sentraal-Karoo met sy eiesoortige natuurskoon. Murraysburg is ’n kleiner plattelandse dorp ongeveer 90 km noordwes van Graaff-Reinet, waar hoofsaaklik skaap-, Angorabok- en beesboerdery bedryf word. Die gemeente bestaan uit 103 belydende lidmate en 35 dooplidmate wat in ’n dorpswyk en vier plaaswyke ingedeel is.
|
Mense en menseverhoudinge is baie belangrik op ons dorp en ons streef na onderlinge samewerking om die hartklop van die dorp te versterk. Ons dorp met sy mooi omgewing, gesonde vars lug en ’n aktiewe gemeenskap voorsien in die noodsaaklike behoeftes en infrastruktuur. Talle jonger gesinne het hulleself in die laaste paar jaar in die gemeente gevestig.
|
Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 31 Maart 2025.
|
|
|
|
|
Vakature: Predikant NG Kerk Bergsig, Newcastle
Bergsig is ’n plattelandse gemeente in Newcastle, Noord Kwazulu-Natal (ongeveer 300 km vanaf Durban en Johannesburg). Newcastle as dorp is die derde grootste metropool in KZN en het ‘n sterk industriële komponent met nywerhede in die staal, tekstiel, sement, chemiese en mynbou sektore. Die dorp ondersteun ook ‘n groot boerdery gemeenskap. Daar is ‘n hele aantal gevestigde laerskole asook ‘n aantal hoërskole in die dorp.
|
Die gemeente het ongeveer 950 belydende- en 210 dooplidmate en bestaan uit lidmate van alle ouderdomsgroepe. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
Sluitingsdatum: 17 April 2025
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in April
Baie geluk aan die volgende predikante wat in April verjaar:
|
7 April – ds Riaan Vlok, NG Gemeente Tarkastad 8 April – ds Toit Wessels, NG Gemeente Kraggakamma 13 April – ds MG van Rooyen, NG Gemeente Kraggakamma 14 April – ds Jan Grobbelaar, NG Gemeente Patmos 16 April – ds André Kleynhans, NG Gemeente Buffelsrivier 22 April – ds Clifford James, NG Gemeente Aberdeen 27 April – ds Ben Kock, NG Gemeente Mthatha 28 April – ds Vian du Plessis, NG Gemeente Somerstrand 29 April – ds Gillie Noeth, NG Gemeente Anchor of Hope 30 April – ds Lelani van Zyl, NG Gemeente Sondagsrivier-Suid
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|