|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 11 - 17 April 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Klein gemeentes kan hulle koppe optel - luister hierna
- Jonger generasies oper vir Jesus, die Bybel en die kerk
- Word 'n gemeente wat die vlam van geloof by kinders aanvuur
- Verjaardae in April
|
|
|
|
Hoop en visie vir klein gemeentes
|
|
Wat hou die toekoms in vir klein gemeentes wat al hoe kleiner word en met groot uitdagings soos finansies, leierskap en instandhouding worstel?
|
In ’n treffende bydrae op RSG se Binnekamer vertel ds. Francois Retief van die Oostelike Sinode se werkswinkels en gesprekke wat nuwe hoop bring. Die fokus val op identiteit, roeping, bediening en gemeenskapsbetrokkenheid – met inspirerende stories uit plekke soos Badplaas en Blinkpan.
|
|
|
|
|
Kerkbywoning onder jonger generasies styg, bevind Barna Groep
|
|
Nuwe navorsing van die Barna-groep wys dat kerklike byeenkomste dalk weer besig is om toe te neem, nadat dit lankal aan die afneem was. Dit is waar van die VSA maar ook ander plekke in die wêreld. Sommige studies toon selfs dat jonger mense nou meer belangstelling in die die Bybel, die kerk en in Jesus toon.
|
Meer oor wat die navorsing sê:
|
Omkeer in die afname: Volgens Barna se navorsing is die afname in mense wat kerk toe gaan besig om af te neem – en in sommige plekke lyk dit selfs of dit weer begin groei.
|
Jongmense se belangstelling:
|
In ’n studie genaamd “The Open Generation” het hulle gevind dat baie jong mense werklik belangstel in die Christelike geloof, en meer oor Jesus wil leer. Dit dra moontlik by tot die toename in kerkgang.
|
Geestelike honger: Barna sê hierdie nuwe belangstelling kom van iets wat hulle “geestelike honger” noem – ’n diepe soeke by jongmense na iets betekenisvol. Dit is goeie nuus vir die toekoms van die kerk.
|
Kyk na hierdie aanbieding waarin die bekende Carey Nieuwhof gesels oor die tema: "NEW Data: Is The Decline in the Church Reversing?"
|
|
|
|
|
NG Kerk neem ook deel
SA Raad van Kerke ontmoet President Ramaphosa oor kwessies van belang
|
|
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), onder leiding van Biskop Sithembele Sipuka, het op 12 April 2025 met president Cyril Ramaphosa en sy kabinet vergader oor dringende nasionale en pastorale kwessies.
|
Die president het die bydrae van kerke tot vrede en eenheid erken en 'n oop gesprek bevorder.
|
Die SARK het temas soos die voorgestelde Nasionale Dialoog, misdaad, korrupsie, nasionale heling en versoening, sowel as Suid-Afrika se rol in die G20 en die SADC-streek, aan die orde gestel. Hulle beklemtoon dat die Nasionale Dialoog onafhanklik en inklusief moet wees. Die kerke het hul kommer oor die traagheid van korrupsieklagtes en die uitwerking daarvan op waardes uitgespreek. Hulle het ook die hoë vlakke van misdaad en onveiligheid, sowel as verdeeldheid weens rassisme en xenofobie, bespreek.
|
Die president het belowe om verdere gesprekke te voer, en die SARK bly verbind tot samewerking en gebed vir wysheid en eenheid in die land.
|
Ds Jan Lubbe (moderator onlangs Algemene Sinode) en dr Nioma Venter (algemene sekretaris) was deel van die afvaardiging.
|
|
|
|
|
Aanlyn bekendstelling van belangrike nuwe publikasie
|
|
|
|
Klik hier om te registreer vir die boekbekendstelling, aanlyn of in persoon, op 8 Mei om 17:00
|
|
|
Vier die belydenis van Nicea, vanjaar 1700 jaar oud
|
|
|
|
Ons is opgewonde om aan te kondig dat inskrywings nou oop is vir die konferensie: "Receiving Nicaea: Oor Geloofsbelydenisse, Kultuur en Christelike Getuienis – 1700 Jaar ná ’n Konsilie."
|
Die konferensie vind plaas van 19 tot 21 Mei 2025 by die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch.
|
Vir die program en besonderhede oor hoe om in te skryf, besoek gerus ons webtuiste (die blad werk die beste op ’n rekenaar of skootrekenaar).
|
Ons sien uit daarna om jou by hierdie spesiale geleentheid te verwelkom, waar ons die 1700ste herdenking van die Eerste Konsilie van Nicea vier, en nadink oor hoekom die Geloofsbelydenis van daardie tyd vandag nog belangrik is.
|
|
|
|
|
Prof Stephan Joubert by Bothasrus, Despatch - 9 Mei
|
|
|
|
Prof Stephan Joubert tree op Vrydag 9 Mei om 19:00 op by NG Kerk Bothasrus Despatch. Tema: Jesus los vir my die ligte aan. Toegang is gratis. Daar sal wel ‘n sagte kollekte by die deure opgeneem word. Koffie/Tee en verversings na afloop van die optrede in die Kerksaal.
|
|
|
|
|
Toerusting vir predikante en almal in gemeentes wat met kinders werk
|
|
Kom leer saam! Gemeentes wat die vlam van geloof by kinders aanvuur
|
Is jy ’n predikant, ouer, kategeet of lidmaat wat omgee oor kinders se geestelike groei en deelname in die gemeente? Dan is hierdie geleentheid vir jou!
|
Tema: Saam Glo. Saam Groei.
|
Sluit aan by ons van Vrydag 9 Mei tot Sondag 11 Mei vir ’n praktiese, lewendige en geloofsverdiepende leerervaring. Ons gaan speel, lees, luister, en saam leer hoe om interaktief en betekenisvol betrokke te wees by kinders in ons geloofsgemeenskap.
|
Leer hoe om die 4 W’s van ’n byeenkoms aan te leer en in te oefen – dit sluit kreatiewe maniere van Bybellees in wat ook in Bybelstudie gebruik kan word. Ontdek nuwe maniere om omgee en luister te leef, en kry vaardighede wat jou bediening en verhouding met kinders sal verdiep. Ons fokus op verhoudings, kreatiewe Bybelwerk, en geestelike praktyke wat sin maak vir vandag.
|
Dis lekker, dit’s lig, en dit maak saak. Jou deelname kan ’n verskil maak.
|
πWaar: By NG Gemeente Sherwood, hoek van Walkerrylaan en Devonweg π Wanneer: 9–13 Mei 2025 π° Koste: R150 per persoon (sluit materiaal en verversings in) π Tye:
|
Vrydag 9 Mei: 18:00 – 21:00 Saterdag 10 Mei: 08:30 – 16:00 Sondag 11 Mei: 07:30 – 11:00
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus
'n Pastorale evaluering van dr Daniel Amen se boek, "The end of mental illness"
Dinsdag 10 Junie 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
Dr. Daniel Amen is Ε bekende Christen psigiater wat spesialiseer op die gebied van brein skanderings en wat ook aan die hoof staan van die bekende Amen Klinieke in die VSA. In hierdie klinieke volg hulle Ε multidissiplinêre benadering waar daar gefokus word op die mens in totaliteit.
|
In sy boek, The end of mental illness, beskryf Amen die volgende vier areas wat deel uitmaak van hul holistiese benadering: die biologiese, psigologiese, sosiale en geestelike (pastorale) dimensies. Hy beklemtoon dat die fokus in behandeling veel meer op breingesondheid moet wees as op geestesgesondheid.
|
Waar emosionele en gedragsprobleme in die verlede grootliks toegeskryf was aan psigologiese probleme, toon sy navorsing dat dit in talle gevalle eerder verband hou met die fisiologie van die brein. Volgens hom sal iemand met Ε gesonde brein dan ook Ε veel kleiner risiko hê om met tipiese geestesgesondheid probleme gediagnoseer te word soos byvoorbeeld abnormale vrees, angs, woede, geweld, depressie, ens.
|
Aangesien Amen ten nouste saamwerk met pastorale beraders het die resultate van sy werk belangrike implikasies ten opsigte van die pastoraat in die breë. In hierdie kursus gaan ons vervolgens fokus op Ε groot aantal praktiese gevalle waar daar fenomenale deurbrake was rakende geestessiektes waarvoor daar vantevore geen antwoorde voor was nie.
|
Klik hier vir meer inligting, asook om in te skryf.
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in April
Baie geluk aan die volgende predikante wat in April verjaar:
|
7 April – ds Riaan Vlok, NG Gemeente Tarkastad 8 April – ds Toit Wessels, NG Gemeente Kraggakamma 13 April – ds MG van Rooyen, NG Gemeente Kraggakamma 14 April – ds Jan Grobbelaar, NG Gemeente Patmos 16 April – ds André Kleynhans, NG Gemeente Buffelsrivier 22 April – ds Clifford James, NG Gemeente Aberdeen 27 April – ds Ben Kock, NG Gemeente Mthatha 28 April – ds Vian du Plessis, NG Gemeente Somerstrand 29 April – ds Gillie Noeth, NG Gemeente Anchor of Hope 30 April – ds Lelani van Zyl, NG Gemeente Sondagsrivier-Suid
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|