|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 12 - 24 April 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Groeiende belangstelling by jongmense in Jesus en die Bybel
- Hoe die kerklike toneel in Suid-Afrika verander
- Die komplekse wêreld van die pous - twee bekroonde flieks
- 'n Houtkruis en brand new roller skates
- Toerusting: Vuur die vlam van geloof by kinders aan
- Verjaardae in April
|
|
Geloof neem toe by tieners en jongmense
Groeiende belangstelling in Jesus, die Bybel en diensbaarheid by jongmense
|
|
Die Barna Instituut is 'n gesaghebbende navorsingsinstansie wat reeds vir dekades betroubare navorsingsresultate oor die godsdienstoneel lewer.
|
Saam met ’n betroubare groep vennote het Barna twee jaar gelede die grootste studie in sy geskiedenis aangepak om tieners se persepsies van, en betrokkenheid by, drie belangrike elemente van die Christelike geloof te verstaan: Jesus, die Bybel en sosiaal-maatskaplike kwessies. Die goeie nuus is dat jongmense en tieners 'n groeiende hoë dunk van Jesus, die Bybel en betrokkenheid by die samelewing het.
|
Die data word afsonderlik vir verskillende dele van die wêreld aangebied. Suid-Afrikaanse tieners meld bv dat hulle net nooit genoeg tyd vir Bybellees het nie, met ekstreme armoede as die belangrikste sosiale kwessie.
|
Hierdie navorsing sluit aan by die jongste State of the Church-opname waar die Barna-navorsing steeds groeiende belangstelling in Jesus opmerk - by tieners, jongmense en jong volwassenes.
|
Een van die grootste dryfkragte agter die hernieude belangstelling in Jesus is jonger generasies—veral Generasie Z en Millennials. Dit is ’n beduidende verandering van vroeëre Barna-navorsing, wat getoon het dat die ouer generasies, soos die Elders en Boomers, meer toegewyd aan die Christelike geloof was as jonger mense.
|
Sedert die pandemie het Millennials (gebore tussen 1984 en 1998) en Generasie Z (gebore tussen 1999 en 2015) egter ’n merkbare toename in hul toewyding aan Jesus getoon, terwyl Boomers en Generasie X (veral vroue in hierdie ouer groepe) grotendeels konstant gebly het in hul vlak van toewyding aan Jesus. Hierdie groter belangstelling is meer merkbaar jy jong mans as jong vroue.
|
Hierdie ingesteldheid vertaal nie outomaties na groter betrokkenheid by die kerk nie. 'n Belangrike rigtingwyser is soepelheid by ouer generasies en die gewilligheid om oor eredienste en gemeente-wees saam met jongmense te dink. die Barna-groep het interessante materiaal wat presies dit moontlik maak - klik hier.
|
|
|
|
|
Hoe die kerklike toneel in Suid-Afrika verander - en waarom dit saak maak
|
|
Suid-Afrika is slegs een van drie lande in die wêreld waar godsdienstige betrokkenheid statisties waarneembaar toeneem. Die ander twee is Italië en die VSA.
|
Prof Dion Forster, self 'n Metodis, het onlangs op The Conversation verduidelik hoe die kerklike toneel in Suid-Afrika verander, en waarom dit saak maak. Forster is professor in publieke teologie aan die Vrije Universiteit in Amsterdam.
|
In ons land beskou 'n groeiende getal mense hulself as Christene, met 85% van die bevolking wat hulself as Christene beskryf. Maar dit is nie meer net die tradisionele kerke soos die NG Kerk, Anglikane of Katolieke wat groei nie.
|
Inteendeel, hierdie hoofstroomkerke verloor lede, terwyl inheemse Afrika-kerke en nuwe Pinkstergroepe vinnig toeneem. Mense kies kerke wat hulle kultuur en identiteit eer, in hul eie taal sing en tradisionele klere dra. Jong mense wat met armoede en werkloosheid sukkel, soek ook na kerke wat beloftes van seën en voorspoed bied.
|
Politiek speel ook ’n rol: baie het hul vertroue in gevestigde politieke en godsdienstige strukture verloor. Sommige kerkleiers bemoei hulself openlik met verkiesings, en party ondersteun selfs radikale politieke optrede. Hierdie verskuiwings wys hoe belangrik geloof nog steeds is in die lewens van Suid-Afrikaners – en hoe dit saam met die samelewing verander. Wat mense glo, maak saak – en wat hulle nie meer glo nie, ook.
|
Doen die moeite om Forster se volledige artikel te lees, of - selfs beter - luister gerus na die insiggewende praatjie wat hy op 21 April 2025 hieroor - met die invalshoek van kerke se publieke invloed - met Gustav en Renske op Op en Wakker gevoer het.
|
|
|
|
|
"Ek het Houtkruis gedroom, nie gekomponeer nie"
’n Houtkruis en brand new roller skates
|
|
|
|
Vir jare het ek gewonder oor hoekom ek juis aan Brand New Key moes dink nadat Houtkruis se omgedraaide krag van my besit geneem het. Twintig jaar na die ervaring vertel ek vir 'n Amerikaanse sanger, wat ek in die huwelik moes bevestig met sy Noorweegse musikant-minnares, van hoe ek Houtkruis nie gekomponeer het nie, maar gedroom het. Hy kry hoendervleis toe ek van Brand New Key vertel. Hy lig my in van Melanie Safka en haar eerste optrede by Woodstock en hoe Brand New Key daarop gevolg het.
En dan wonder ek oor die weer. Hoekom moes dit reën in Woodstock op Vrydag, 15 Augustus 1969? En hoekom het ek al op laerskool rondgeloop met die deuntjie "I've got a brand new pair of roller skates ..." in my gedagtes? En hoekom het die deuntjie weer twintig jaar later hande kom vat met 'n omgedraaide woord, en juis na Houtstok? Moes dit dalk reën op 'n musiekfees van 'n klomp blommekinders in Amerika omdat dit twee dekades later nodig was dat 'n klomp Afrikaanse kinders moes hoor van 'n houtkruis?
|
|
Lees die besondere verhaal soos sanger en komponis Koos van der Merwe dit self vertel.
|
|
|
|
|
Hoe kunsmatige intelligensie ons kommunikasie en denke verander
|
|
Geskrewe teks het vir eeue die wyse waarop ons kommunikeer en dink gestempel. Kunsmatige intelligensie en die gevolg daarvan, dat die gesproke woord belangrike word, gaan 'n geweldige impak op kommunikasie en denkprosesse maak, skryf prof Johan Fourie, professor in ekonomie aan die US.
|
|
|
Technological shifts have always displaced certain skills. Gutenberg’s printing press rendered scribes obsolete. Calculators made mental arithmetic redundant. GPS weakened our sense of spatial navigation. In the same way, writing may soon join the list. AI can already write essays, draft reports and compose emails. But the true revolution will arrive when we no longer need pen or keyboard to shape, refine or communicate ideas – when the spoken word, mediated by AI, takes its rightful place once more.
|
|
Daar was vroeër tye waarin die gesproke woord belangrik was, en lang-vergete vaardighede van daardie tye, soos retoriek, die kuns van oortuiging, gaan waarskynlik toenemend belangrik word.
|
|
|
|
|
Pous Franciskus oorlede
Bekroonde flieks om meer oor pouse en hul verkiesing te verstaan
|
|
Oscar-genomineerde Ralph Fiennes vertolk die hoofrol in Conclave
|
Met pous Franciskus se afsterwe op 21 April 2025 fokus wêreldmedia hul aandag op 'n waardering van Franciskus se bydrae, en word daar bespiegel oor die uitkoms van die konklawe wat die nuwe pous verkies.
|
Twee bekroonde films help mens om iets van die kompleksiteit van die katolieke pous, hul lewenswêreld en die verkiesing van 'n nuwe pous te verstaan.
|
In The Two Popes word die konserwatiewe Pous Benedictus XVI en die meer vrydenkende kardinaal Jorge Bergoglio (later pous Franciskus) gedwing om hul verskille te konfronteer te midde van skandale in die Katolieke Kerk. Die film volg hul eerlike gesprekke oor skuld, roeping en verandering. Benedictus beplan om af te tree en stel Bergoglio as sy opvolger voor, ondanks Bergoglio se eie twyfel en verlede. Die twee vorm ’n onwaarskynlike vriendskap wat lei tot Benedictus se bedanking en Bergoglio se verkiesing as Pous Franciskus.
|
In Conclave volg ons die dramatiese verkiesing van ’n nuwe pous ná die dood van sy voorganger. Kardinale met uiteenlopende sienings ding mee, maar geheime, intriges en onthullings oor hulle verlede bedreig hul kanse. Kardinaal Lawrence ontdek korrupsie en morele foute by medekandidate, terwyl ’n nederige en onverwags benoemde kardinaal uiteindelik verkies word.
The Two Popes stroom tans op Netflix en Conclave op Amazon Prime Video.
|
Luister ook hoe Gustav en Renske van Op en Wakker op RSG met Neels Jackson, voormalige redakteur van Kerkbode, gesels oor Pous Fransciskus se bydrae. Die NG Kerk Algemene Sinode het vandeesweek met pous Franciskus se afsterwe gesimpatiseer. Lees hier meer daaroor.
|
|
|
|
|
Video: Hallelujakoor van Händel met natuurfoto's
Hier is 'n pragtige video vir gebruik in bv eredienste met die musiek en sang van die Hallelujakoor terwyl natuurfoto's oor die skerm vloei.
|
|
|
|
|
Aanlyn bekendstelling van 'n belangrike publikasie
Bakengemeentes, die verhaal van gemeentes wat 'n verskil maak
|
|
Bakengemeentes is 'n nuwe publikasie wat die verhaal van NG Gemeentes vertel wat 'n impak op hulle omgewing maak. Die redakteur, dr Mias van Jaarsveldt, vertel in hierdie kort video meer oor die gemeentes en die verskil wat hulle maak.
|
Die publikasie word eersdag bekendgestel - en belangstellendes kan aanlyn inskakel.
|
Klik hier om te registreer vir die boekbekendstelling, aanlyn of in persoon, op 8 Mei om 17:00.
|
|
|
|
|
Vier die belydenis van Nicea, vanjaar 1700 jaar oud
|
|
|
|
Ons is opgewonde om aan te kondig dat inskrywings nou oop is vir die konferensie: "Receiving Nicaea: Oor Geloofsbelydenisse, Kultuur en Christelike Getuienis – 1700 Jaar ná ’n Konsilie."
|
Die konferensie vind plaas van 19 tot 21 Mei 2025 by die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch.
|
Vir die program en besonderhede oor hoe om in te skryf, besoek gerus ons webtuiste (die blad werk die beste op ’n rekenaar of skootrekenaar).
|
Ons sien uit daarna om jou by hierdie spesiale geleentheid te verwelkom, waar ons die 1700ste herdenking van die Eerste Konsilie van Nicea vier, en nadink oor hoekom die Geloofsbelydenis van daardie tyd vandag nog belangrik is.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Pastorale Sorg en Spiritualiteit
|
|
Wil jy jou bediening verdiep met die tydlose wysheid van die vroeë kerk? Hierdie kursus bied ‘n unieke geleentheid om van die groot denkers en herders van die Christelike tradisie te leer—van Ignatius van Antiochië tot Augustinus en Johannes Chrysostomos. Ontdek hoe hulle insigte oor Skrifuitleg, gemeentebou en geestelike leierskap jou kan help om vandag meer doeltreffend te preek, trouer te sorg en dieper te groei in jou eie en jou gemeente se spiritualiteit. Hierdie kursus sal jou toerus met praktyke en perspektiewe wat deur die eeue getoets is. Kom leer hoe die erfenis van die vroeë kerk jou bediening kan verryk en vernuwe!
|
Klik hier om in te skryf.
|
|
|
|
|
Prof Stephan Joubert by Bothasrus, Despatch - 9 Mei
|
|
|
|
Prof Stephan Joubert tree op Vrydag 9 Mei om 19:00 op by NG Kerk Bothasrus Despatch. Tema: Jesus los vir my die ligte aan. Toegang is gratis. Daar sal wel ‘n sagte kollekte by die deure opgeneem word. Koffie/Tee en verversings na afloop van die optrede in die Kerksaal.
|
|
|
|
|
Toerusting vir predikante en almal in gemeentes wat met kinders werk
|
|
Kom leer saam! Gemeentes wat die vlam van geloof by kinders aanvuur
|
Is jy ’n predikant, ouer, kategeet of lidmaat wat omgee oor kinders se geestelike groei en deelname in die gemeente? Dan is hierdie geleentheid vir jou!
|
Tema: Saam Glo. Saam Groei.
|
Sluit aan by ons van Vrydag 9 Mei tot Sondag 11 Mei vir ’n praktiese, lewendige en geloofsverdiepende leerervaring. Ons gaan speel, lees, luister, en saam leer hoe om interaktief en betekenisvol betrokke te wees by kinders in ons geloofsgemeenskap.
|
Leer hoe om die 4 W’s van ’n byeenkoms aan te leer en in te oefen – dit sluit kreatiewe maniere van Bybellees in wat ook in Bybelstudie gebruik kan word. Ontdek nuwe maniere om omgee en luister te leef, en kry vaardighede wat jou bediening en verhouding met kinders sal verdiep. Ons fokus op verhoudings, kreatiewe Bybelwerk, en geestelike praktyke wat sin maak vir vandag.
|
Dis lekker, dit’s lig, en dit maak saak. Jou deelname kan ’n verskil maak.
|
πWaar: By NG Gemeente Sherwood, hoek van Walkerrylaan en Devonweg π Wanneer: 9–13 Mei 2025 π° Koste: R150 per persoon (sluit materiaal en verversings in) π Tye:
|
Vrydag 9 Mei: 18:00 – 21:00 Saterdag 10 Mei: 08:30 – 16:00 Sondag 11 Mei: 07:30 – 11:00
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO
Die kerk werk anders want die kerk is anders
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus
'n Pastorale evaluering van dr Daniel Amen se boek, "The end of mental illness"
Dinsdag 10 Junie 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
Dr. Daniel Amen is Ε bekende Christen psigiater wat spesialiseer op die gebied van brein skanderings en wat ook aan die hoof staan van die bekende Amen Klinieke in die VSA. In hierdie klinieke volg hulle Ε multidissiplinêre benadering waar daar gefokus word op die mens in totaliteit.
|
In sy boek, The end of mental illness, beskryf Amen die volgende vier areas wat deel uitmaak van hul holistiese benadering: die biologiese, psigologiese, sosiale en geestelike (pastorale) dimensies. Hy beklemtoon dat die fokus in behandeling veel meer op breingesondheid moet wees as op geestesgesondheid.
|
Waar emosionele en gedragsprobleme in die verlede grootliks toegeskryf was aan psigologiese probleme, toon sy navorsing dat dit in talle gevalle eerder verband hou met die fisiologie van die brein. Volgens hom sal iemand met Ε gesonde brein dan ook Ε veel kleiner risiko hê om met tipiese geestesgesondheid probleme gediagnoseer te word soos byvoorbeeld abnormale vrees, angs, woede, geweld, depressie, ens.
|
Aangesien Amen ten nouste saamwerk met pastorale beraders het die resultate van sy werk belangrike implikasies ten opsigte van die pastoraat in die breë. In hierdie kursus gaan ons vervolgens fokus op Ε groot aantal praktiese gevalle waar daar fenomenale deurbrake was rakende geestessiektes waarvoor daar vantevore geen antwoorde voor was nie.
|
Klik hier vir meer inligting, asook om in te skryf.
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in April
Baie geluk aan die volgende predikante wat in April verjaar:
|
7 April – ds Riaan Vlok, NG Gemeente Tarkastad 8 April – ds Toit Wessels, NG Gemeente Kraggakamma 13 April – ds MG van Rooyen, NG Gemeente Kraggakamma 14 April – ds Jan Grobbelaar, NG Gemeente Patmos 16 April – ds André Kleynhans, NG Gemeente Buffelsrivier 22 April – ds Clifford James, NG Gemeente Aberdeen 27 April – ds Ben Kock, NG Gemeente Mthatha 28 April – ds Vian du Plessis, NG Gemeente Somerstrand 29 April – ds Gillie Noeth, NG Gemeente Anchor of Hope 30 April – ds Lelani van Zyl, NG Gemeente Sondagsrivier-Suid
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|