Jaargang 23 - Nommer 13 - 30 April 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Werkersdag: Waarom werk ons nie 16 uur per dag nie?
  • Christene gee graag gratis - Stephan Joubert
  • PE-Wes word 85 - tyd vir 'n Dankfees
  • Verjaardae in Mei

Die herkoms van werkersdag, 1 Mei

Waarom nie 16 uur per dag werk nie?

Werkersdag, wat wêreldwyd jaarliks op 1 Mei gevier word, het sy oorsprong in die laat 19de eeu tydens die Industriële Rewolusie gehad toe werkers vir beter werksomstandighede, billike ure en regverdige lone begin veg het.

Dit kan teruggevoer word na die Haymark-oproer in Chicago, VSA, op 4 Mei 1886. Arbeiders het bymekaargekom om te protesteer teen lang werksure (tot 16 uur per dag) en om ’n agt uur-werkdag te eis. Die protes het gelei tot geweld en die dood van sowel protesteerders as polisiemanne.

Lees verder hoe Mariëtte Odendaal mmer vertel oor die viering van Werkersdag op 1 Mei en waarom Christene dit ernstig moet neem

'n Lening aan die Here

deur Stephan Joubert op e-Kerk

Daar’s nie regtig iets soos ’n gratis ete, of “a free meal,” soos wat die Engelse dit noem nie. Die meeste van die tyd soek mense iets in ruil vir hulle goeie dade. Die ongeskrewe reël van die lewe is ‘n guns vir ’n guns. Of ‘n goeie daad vir ’n goeie daad. Moenie te verbaas wees hieroor nie. Dit was nog altyd so. In die antieke Grieks-Romeinse tyd was wederkerigheid (“reciprocity” in Engels) die algemene reël. Mense het gegee om iets terug te ontvang. Daar was geen formele plan in plek om armes en mense in nood by te staan nie. Armes kon niks aan hul weldoeners teruggee nie. Daarom was mense niks aan hulle verskuldig nie.

Die Bybel kies ’n ander roete. Om ’n arme te help, is om ’n lening aan die Here te maak. So leer Spreuke 19:17. God sal dit onthou. Hoor hoe stel Die Boodskap dit: “Wie goed is vir die arme, maak eintlik ’n lening aan die Here. Op Sy eie tyd en manier sal Hy hierdie goeie daad beloon.”

In Lukas 14:12-14 vertel Jesus vir ‘n gasheer dat as hy weer ’n luukse ete hou, moet hy nie sy vriende, broers, familie of welaf bure nooi nie. Hulle sal hom net weer terugnooi, volgens die spelreëls van wederkerigheid. Wanneer hy weer ’n feesete hou, moet hy eerder vier ander groepe nooi, naamlik armes, blindes, verlamdes en blindes. Hulle sal hom nooit kan terugnooi of terugbetaal nie. Maar God sal dit vir altyd onthou en hom op die laaste dag hieroor prys.

Om goed te doen aan diegene, wat dit nie kan terugdoen nie, is om dit aan God self te doen. God is die eintlike Ontvanger van elke weldaad, wat jy in Sy Naam bewys. Jy kan dus gratis etes hou. Jy kan gratis goed doen. Jy kan verniet weggee. Die Here sal dit as ’n lening aan Homself beskou. Hy sal jou goedheid vir altyd onthou.

Aanlyn bekendstelling van 'n belangrike publikasie

Bakengemeentes, die verhaal van gemeentes wat 'n verskil maak

Bakengemeentes is 'n nuwe publikasie wat die verhaal van NG Gemeentes vertel wat 'n impak op hulle omgewing maak. Die redakteur, dr Mias van Jaarsveldt, vertel in hierdie kort video meer oor die gemeentes en die verskil wat hulle maak.

Die publikasie word eersdag bekendgestel - en belangstellendes kan aanlyn inskakel.

Klik hier om te registreer vir die boekbekendstelling, aanlyn of in persoon, op 8 Mei om 17:00.

Vier die belydenis van Nicea, vanjaar 1700 jaar oud

Van die organiseerders:

Ons is opgewonde om aan te kondig dat inskrywings nou oop is vir die konferensie: "Receiving Nicaea: Oor Geloofsbelydenisse, Kultuur en Christelike Getuienis – 1700 Jaar ná ’n Konsilie."

Die konferensie vind plaas van 19 tot 21 Mei 2025 by die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch.

Vir die program en besonderhede oor hoe om in te skryf, besoek gerus ons webtuiste (die blad werk die beste op ’n rekenaar of skootrekenaar).

Ons sien uit daarna om jou by hierdie spesiale geleentheid te verwelkom, waar ons die 1700ste herdenking van die Eerste Konsilie van Nicea vier, en nadink oor hoekom die Geloofsbelydenis van daardie tyd vandag nog belangrik is.

Aanlyn VBO

Pastorale Sorg en Spiritualiteit

Wil jy jou bediening verdiep met die tydlose wysheid van die vroeë kerk? Hierdie kursus bied ‘n unieke geleentheid om van die groot denkers en herders van die Christelike tradisie te leer—van Ignatius van Antiochië tot Augustinus en Johannes Chrysostomos. Ontdek hoe hulle insigte oor Skrifuitleg, gemeentebou en geestelike leierskap jou kan help om vandag meer doeltreffend te preek, trouer te sorg en dieper te groei in jou eie en jou gemeente se spiritualiteit. Hierdie kursus sal jou toerus met praktyke en perspektiewe wat deur die eeue getoets is. Kom leer hoe die erfenis van die vroeë kerk jou bediening kan verryk en vernuwe!

Klik hier om in te skryf.

Prof Stephan Joubert by Bothasrus, Despatch - 9 Mei

Prof Stephan Joubert tree op Vrydag 9 Mei om 19:00 op by NG Kerk Bothasrus Despatch. Tema: Jesus los vir my die ligte aan.
Toegang is gratis. Daar sal wel ‘n sagte kollekte by die deure opgeneem word.
Koffie/Tee en verversings na afloop van die optrede in die Kerksaal.

Toerusting vir predikante en almal in gemeentes wat met kinders werk

Kom leer saam! Gemeentes wat die vlam van geloof by kinders aanvuur

Is jy ’n predikant, ouer, kategeet of lidmaat wat omgee oor kinders se geestelike groei en deelname in die gemeente? Dan is hierdie geleentheid vir jou!
Tema: Saam Glo. Saam Groei.

Sluit aan by ons van Vrydag 9 Mei tot Sondag 11 Mei vir ’n praktiese, lewendige en geloofsverdiepende leerervaring. Ons gaan speel, lees, luister, en saam leer hoe om interaktief en betekenisvol betrokke te wees by kinders in ons geloofsgemeenskap.
Leer hoe om die 4 W’s van ’n byeenkoms aan te leer en in te oefen – dit sluit kreatiewe maniere van Bybellees in wat ook in Bybelstudie gebruik kan word. Ontdek nuwe maniere om omgee en luister te leef, en kry vaardighede wat jou bediening en verhouding met kinders sal verdiep. Ons fokus op verhoudings, kreatiewe Bybelwerk, en geestelike praktyke wat sin maak vir vandag.

Dis lekker, dit’s lig, en dit maak saak. Jou deelname kan ’n verskil maak.

πŸ“Waar: By NG Gemeente Sherwood, hoek van Walkerrylaan en Devonweg
πŸ“† Wanneer: 9–13 Mei 2025
πŸ’° Koste: R150 per persoon (sluit materiaal en verversings in)
πŸ•• Tye:
Vrydag 9 Mei: 18:00 – 21:00
Saterdag 10 Mei: 08:30 – 16:00
Sondag 11 Mei: 07:30 – 11:00

Voltooi asb die inskrywingsvorm. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 2 Mei 2025

Aanlyn VBO

Die kerk werk anders want die kerk is anders

Klik hier om in te skryf.

Aanlyn VBO: Pastorale Beradingskursus

'n Pastorale evaluering van dr Daniel Amen se boek, "The end of mental illness"

Dinsdag 10 Junie 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

Dr. Daniel Amen is Ε‰ bekende Christen psigiater wat spesialiseer op die gebied van brein skanderings en wat ook aan die hoof staan van die bekende Amen Klinieke in die VSA. In hierdie klinieke volg hulle Ε‰ multidissiplinêre benadering waar daar gefokus word op die mens in totaliteit.

In sy boek, The end of mental illness, beskryf Amen die volgende vier areas wat deel uitmaak van hul holistiese benadering: die biologiese, psigologiese, sosiale en geestelike (pastorale) dimensies. Hy beklemtoon dat die fokus in behandeling veel meer op breingesondheid moet wees as op geestesgesondheid.

Waar emosionele en gedragsprobleme in die verlede grootliks toegeskryf was aan psigologiese probleme, toon sy navorsing dat dit in talle gevalle eerder verband hou met die fisiologie van die brein. Volgens hom sal iemand met Ε‰ gesonde brein dan ook Ε‰ veel kleiner risiko hê om met tipiese geestesgesondheid probleme gediagnoseer te word soos byvoorbeeld abnormale vrees, angs, woede, geweld, depressie, ens.

Aangesien Amen ten nouste saamwerk met pastorale beraders het die resultate van sy werk belangrike implikasies ten opsigte van die pastoraat in die breë. In hierdie kursus gaan ons vervolgens fokus op Ε‰ groot aantal praktiese gevalle waar daar fenomenale deurbrake was rakende geestessiektes waarvoor daar vantevore geen antwoorde voor was nie.

Klik hier vir meer inligting, asook om in te skryf.

Verjaarsdae in Mei

Baie geluk aan die volgende predikante wat in Mei verjaar:

5 Mei – ds Dewald Vermaak, NG Gemeente Aliwal-Noord
14 Mei – ds Danie de Jongh, NG Gemeente Port Elizabeth-De Duin
15 Mei – ds Conrad Thomas, NG Gemeente Humansdorp
29 Mei – dr Christo Herbst, NG Gemeente Colesberg

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter