Jaargang 23 - Nommer 24 - 8 Augustus 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Deur groente en getuienis floreer gemeentes
  • Nuwe rubriek: Uit die dagboek van die Algemene Sekretaris
  • Datums vir 2026 beskikbaar
  • Wat kan ons bid vir Israel-Palestina?
  • Leraars beweeg

Refleksie

Gemeentes wat in gemeenskap dien en evangelie deel, floreer

Wanneer mens navraag doen by gemeentes wat floreer, blyk dit merendeels dat hulle dien en gee - aan die gemeentes. Die Bybelse belofte is letterlik waar: wat jy saai, sal jy op 'n vreemde manier maai - ook wanneer jy dien. Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang. Slegs wanneer die koringkorrel in die grond val en sterf ....

Hieronder verskyn twee beriggies - oor die kweek van groente en die praktiese maniere waarop ons die evangelie kan deel - wat gemeentes kan help om ... te floreer.

Moet dus nie vaskyk in groente - of julle gebrek aan grond of die peste wat groente in jou omgewing kan takel nie. Wees kreatief en dink aan maniere om te dien.

Groentetuin met afval gefinansier

'n Voorbeeld wat gemeentes maklik kan navolg

Leerders van Hoërskool Pearson in die Baai met groente wat hulle kweek, gefinansier uit afvalpapier, en aan sopkombuise skenk. Foto: Netwerk24

Cara-Lee Dorfling, Netwerk24

Die Hoërskool Pearson in Gqeberha lewer nie net jaar ná jaar uitmuntende akademiese resultate nie, hulle neem nou ook die voortou met volhoubaarheid. Leerlinge het gister hul eerste groente-oes gekry uit die skool se nuwe groentetuin, wat met die verkoop van die skool se afvalpapier gefinansier is. Die kraakvars groente sal boonop deur middel van die skool se Interact-klub aan sopkombuise in die stad geskenk word.

Hoewel Pearson nie ’n landbouskool is nie, kry leerlinge die geleentheid om praktiese voorbeelde te sien van die inhoud wat in die klaskamer geleer word oor onder meer wortelstelsels en alternatiewe vir insekdoders.

Die idee vir die projek het verlede jaar posgevat as deel van Jocelyn Holmes se aansoek tot die junior stadsraad. Sy is tans die onderburgemeester van die junior stadsraad.

Met die hulp van Liyabona Malgas, hoofseun en senior verteenwoordiger op die junior stadsraad, is die hulp van Laura Munnik, hul lewenswetenskap-onderwyseres met ’n passie en insig vir tuinbou, oor die voorstel genader. Nadat die skool die groen lig vir die projek gegee het, was finansiering die volgende hekkie wat oorkom moes word, en hiervoor is by die skool se #noplasticfantastic-klub aangeklop.

Jordan Howard, visepresident van die #noplasticfantastic-klub, sê die skool se afvalpapier word maandeliks verkoop aan ’n maatskappy vir herwinningsdoeleindes en die klub het al ’n geruime tyd gesoek na ’n waardige projek waarin belê kan word.
Dié klub is in 2019 by die skool gestig en voorsien spesifieke vullisdromme vir die herwinning van afvalmateriaal in al die klaskamers. Ongeveer 1 ton afvalpapier word maandeliks by die skool weggery.

Met die geld vir die projek beskikbaar, is spasie op die skoolterrein skoongemaak en die beddings aangebou. Blaarslaai, spinasie en eetbare blomme floreer reeds kleurvol sowat ’n maand nadat die eerste saailinge geplant is. Die struktuur vir ’n skadunet en ’n besproeiingstelsel oor die beddings staan ook gereed vir die finale afronding van die projek.
Volgens Luke Boswell, president van die #noplasticfantastic-klub, sal die skadunet ’n belangrike doel dien aangesien muis-voëls in die Somerstrand-gebied voorkom en spesifiek rooi plante en groente teiken. “Die skadunet sal dus voorkom dat ons groente deur die muisvoëls geteiken word. Ons kan gifstowwe gebruik, maar ons wil eerder ’n omgewingsvriendelike oplossing gebruik.”

Munnik sê benewens die verskeidenheid groente wat reeds geplant is, word spesifieke plante ook aangeplant na aanleiding van die skool se sillabus oor biologiese beheermetodes, wat verwys na hoe sekere plante grondpeste kan afweer. “In plaas daarvan om kommersiële insekdoders te gebruik, word plante geplant wat die insekte en ruspes kan afweer.”

Die projek het die leerlinge reeds gewys hoe baie groente op ’n klein stuk grond gekweek kan word, terwyl Luke ook byvoeg dat die projek belangrike selfonderhoudende vaardighede kweek wat gebruik kan word in gebiede waar vars produkte nie maklik bekombaar is nie.

Hoewel die nuwe projek reeds goed op dreef is, sê Jocelyn daar sal aanvanklik gefokus word op die volhoubaarheid van die projek, waarna hulle hoop om ook ander skole te inspireer om met ’n soortgelyke projek te begin wat bydraes tot gemeenskapsprojekte kan lewer.

Hierdie is 'n voorbeeld wat gemeentes kan navolg.

Hoe om die goeie nuus te deel? Daar is verskeie moontlikhede

Mens hoor soms dat mense vra of die kerk nou net sop uitdeel en nie meer vir mense die Goeie Nuus vertel nie. Kerkbode het onlangs met dr Frikkie Coetzee van die Algemene Taakspan Evangelisasie gesels om meer uit te vind.

Hy sê: “Die avontuur van die evangelie is dat dit geïntegreerd werk en dat ons saam met die Here onderskei wat in ’n situasie gepas is.” Hy vertel meer hieroor en deel hoe hulle taakspan op praktiese maniere, soos Oos-Kaapland se sinode onlangs met ’n 12 punt-opsomming gedoen het, aan predikante en gemeentes wil oordra hoe die NG Kerk evangelisasie teologies verstaan.

Daar is soveel kante aan evangelisasie. Hier is verskeie moontlikhede en stellings wat van toepassing is:

Barnard Beukman in gesprek met Jan Lubbe

Hoe praat ons in die openbaar met mekaar?

Ons onderskat dikwels hoe groot die krag van ons woorde is. Só sê ds Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, in ’n eerlike gesprek oor hoe ons met mekaar praat – in die wêreld, in Suid-Afrika, en selfs in die kerk.

In ’n rubriek vroeër vanjaar het Lubbe geskryf oor die sesde gebod, “Jy mag nie doodslaan nie”, en gewys hoe dié gebod volgens die Heidelbergse Kategismus nie net oor fisieke geweld gaan nie, maar ook oor hoe woorde kan breek of opbou.

In ’n spesiale Kerkbode Kollig-onderhoud gesels die bekende joernalis Barnard Beukman met hom oor die manier waarop ons verskil – en hoe die kerk haar stem in die samelewing laat hoor. Moet die NG Kerk oor alles ’n mening hê? En hoe kan ons gesonde openbare gesprekke voer?

Kom luister na ’n insiggewende gesprek oor woorde wat lewe bring, en die rol van die kerk in ’n tyd van verdeeldheid.

Klik hier om na die gesprek te luister.

Waarom en hoe kan ons vir die konflik in Israel-Palestina bid?

Mens se hart gaan uit na die omvang van die mense van Israel-Palestina se lyding. Gelowiges behoort hieroor te bid.

Waarom ons bid
Gebed is nie om God van iets te probeer oortuig nie, maar om ons harte oop te maak vir die pyn van ander en God se teenwoordigheid daar te erken. Voorbidding is ’n daad van liefde – dit sê: “Ek sien jou pyn, en ek bring dit na God toe.” Die Bybel herinner ons dat God mense sien en hoor wat ly, soos met Hagar in die woestyn. Ons bid omdat ons glo dat God kan optree en genesing kan bring.

Waarvoor ons kan bid vir die konflik in Israel/Palestina?
Hier is ’n paar riglyne vir gebed:
  • Bid vir wysheid en insig by leiers aan albei kante, sodat daar ’n begin kan kom tot eerlike en regverdige vredesonderhandelinge.
  • Dink aan almal wie se lewens in gevaar is – kinders, ouers, families – en vra vir beskerming en veiligheid.
  • Bring die hartseer en verlies van slagoffers na God toe. Vra vir troos vir die wat rou en genesing vir die wat trauma beleef.
  • Bid dat humanitêre hulp die mense sal bereik wat dit nodig het: kos, mediese sorg, skuiling.
  • Vra dat geregtigheid en genade sal seëvier – dat almal se menswaardigheid gerespekteer word.
’n Groter oproep
Die NG Kerk het saam met ander wêreldkerke, soos Churches for Middle East Peace, ’n oproep gerig vir ’n onmiddellike skietstilstand, die vrystelling van gyselaars en gevangenes ongeregverdig in aanhouding, en vrye toegang vir hulporganisasies om noodleniging te bring. Die oproep vra dat vrede en regverdigheid vir almal in die streek sal kom.

God se liefde in aksie
As ons bid, doen ons dit nie net as toeskouers nie, maar as deel van God se liefde in aksie. Gebed is ’n manier om in solidariteit te staan met almal wat ly. Ons bring die pyn en onsekerheid van mense in Israel en Palestina voor God – en ons vra vir vrede, geregtigheid en ’n nuwe toekoms waar almal veilig en met hoop kan leef.
In 'n nuwe gereelde rubriek deel Grens.Pos graag die terugvoer van die algemene sekretaris dr Nioma Venter se belewenis van ervaringe uit haar program. Hierdie rubriek is geweldig waardevol, want Nioma help ons om 'n blik te kry op die vele wonderlike dinge wat in ons kerkverband gebeur.

Vandeesweek vertel Nioma van 'n besondere ontmoeting tussen persone verantwoordelik vir kommunikasie in die 9 sinodes saam met ander kundiges.
Persone verantwoordelik vir kommunikasie in die nege samestellende sinodes van die NG Kerk Algemene Sinode was vandeesweek in Pretoria byeen.

"Saam sing die koor harder"

Nioma vertel:

Nege sinodes – nege nuuskantore - één storie. Ek was hierdie week ooggetuie van iets merkwaardigs: die kerk wat haar stem in 'n digitale era vind! Ek het besef dat die kamera, die klankateljee en die sleutelbord net so toegewyd soos die kansel die Koninkryk van God verkondig! Ek was in verwondering oor die vernuf, die kundigheid, die vindingrykheid, uniekheid van elke spanlid in die groter kerk - en die mededeelsaamheid van hierdie groep kreatiewes om dit met mekaar te deel.

Het jy geweet dat elke sinode 'n eie unieke nuusbrief het waarop jy kan inteken: KZN se Posduif, Wes-Kaapland se Vrydagnuus, Oos-Kaapland se weeklikse Grens.Pos, die Vrystaat se Vrypos, en so ook elke ander sinode. Met 'n toegewyde ritme kommunikeer ons nege sinodes stories van hoop, die realiteite van gemeentes, dit waarvan individue getuig en verwoord ook die uitdagings en hartseer realiteite van ons daaglikse kontekste. Dit gebeur op ’n groot verskeidenheid van relevante platforms.

Vir my hier by die kantoor van die algemene sinode was die voorreg net om gasvrou vir ons sinodes te kon wees. In een vertrek. Om een tafel. Om saam te besin oor die 'hoekom' en die 'hoe' van kerklike kommunikasie. Ons kon hier die energie van saamwees tot God se eer laat werk. Wat 'n voorreg.

Hier is enkele waarnemings wat ek die week gemaak het:
  • Elke sinode kommunikeer vir 'n nismark. Dit is relatief klein teikengroepe. Ons kan slimmer werk om ons reikwydte gesamentlik te vergroot.
  • Die kerk se kommunikasie-landskap word geherdefinieer, net soos die res van die wêreld. Daarom is dit nodig om relevant te bly in terme van die plekke en maniere hoe ons kommunikeer. Dit is duidelik dat sinodes meer en meer aandag gee aan die ontwikkeling van kommunikasie en kapasiteit daarvoor skep. Dit is verblydend.
  • Ek is opnuut oortuig dat identiteit en roeping ons in kerkverband op 'n besondere manier saambring en rig. Ons moet dit koester.
  • Daar is 'n gaping in landelike joernalistiek en nisjoernaliste. Dalk lê daarin 'n geleentheid vir die kerk om 'n stem te wees waar ander media nie meer teenwoordig is nie.
  • Sinodes kommunikeer meestal oor plaaslike kontekste. Ons moet doelbewus saam werk aan die makro-getuienis van die kerk.
  • Kommunikasie is 'n ander woord vir getuig - en soos enige getuienis, moet dit waar, relevant, realisties en hoopgewend wees.

Saam met ons in die vertrek, was die redakteur en joernalis van Kerkbode (Le Roux Scoeman en Helene Meissenheimer), Lizelle de Bruin van Binnekamer (RSG) en NG-lidmaat en oud-joernalis, Barnard Beukman. Ons werk graag saam en leer graag by professionele medewerkers.

Ons saamwees en gesprekke is verryk deur die lees en oordink van die Bergrede. Iemand maak die opmerking: 'Die bergrede word 'n posbeskrywing vir ons wees en doen'. Dit is veral Matteus 5:14 wat duidelik met ons praat oor die ‘hoekom’ van ons kommunikasieroeping: Ons is 'n stad op die berg; die lig skyn helder; sodat God daardeur verheerlik word!

Soos Le Roux Schoeman dit aan die einde van die twee dae mooi opgesom het: “Saam sing die koor harder!”

Ek beskou dit as ’n groot voorreg om deel van hierdie ervaring te kon wees.

Kerklike Feesdae en Vakansiedae vir 2026 beskikbaar

Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.

Uitstalling by Despatch-Suid: Jesus se lewe deur die vier Evangelies

VrouFees saam met Gamtoosvallei se gemeentes - 14 Augustus

Kom deel in 'n betowerende aand vol inspirasie en kreatiwiteit! Ons nooi jou hartlik uit na die VrouFees, ‘n unieke geleentheid waar ons die skoonheid van vrouwees vier met kuns, kos en kleur.

Klik hier om kaartjies te koop.

📍 Plek: Hilde Alet Malan Art Studio, Patensie
📅 Datum: 14 Augustus
🕠 Tyd: 17h30 - 18h00
🎙️ Gasspreker: Carmen du Plessis
🎨 Skilderbegeleiding: Hilde
🍽️ Gegeurde Ete: Deur Jeanie
💐 Blommeverkope: Lizma
Kaartjies is slegs *R250 per persoon* – verseker jou plek vandag!
📲 Bespreek aanlyn of per WhatsApp by Hanna 071 262 516

Leef jou lied by PE-Hoogland,
15 Augustus

In vandag se wêreld speel aanlyn ruimtes en tegnologie ’n al hoe groter rol in hoe ons as kerk teenwoordig is, stories vertel en mense bereik. Hierdie webinaar help jou hoe om dit eenvoudig, sinvol en met selfvertroue te doen.

Wat bied die werkswinkel?
Deel 1: Sosiale media as uitbreiding van jou bediening
Leer hoe sosiale media ’n tweede preekstoel kan word waardeur die gemeente mense kan bereik.
Deel 2: Kunsmatige Intelligensie (AI) as hulpmiddel in die kerkkantoor
Ontdek hoe AI jou daaglikse take makliker en vinniger kan maak, sonder om die hart van bediening te verloor.

Klik hier om te registreer.

Vir jou dagboek

Jeffreysbaai bied Global Leadership Summit aan

Aanlyn VBO bied pastorale perspektiewe

Wanneer godsdiens lei tot verwonding eerder as heling

Dinsdag 16 September 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

In hierdie kursus word daar gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is; en andersyds die gevaarkant van godsdiens - met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieperliggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in toksiese godsdienstige aktiwiteite. Die werklike pyn word nooit hanteer nie en deur middel van die stiptelike onderhouding van ’n magdom geestelike wette en reëls word daar eintlik net meer ‘pleisters’ en ‘verbande’ op ’n septiese wond geplaas. Die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing en misbruik impliseer waar mense uiterlik gelukkig voorkom, maar innerlik met ’n magdom van onverwerkte emosionele pyn worstel. In die lewensverhale van geestelike leiers wat ’n bydraende rol vervul tot die geestelike verwonding en misbruik (abuse) van lidmate en volgelinge, is daar gewoonlik ook onverwerkte emosionele pyn en trauma wat dikwels reeds gedurende hul kinderjare ’n aanvang geneem het.
Daar word ten slotte ’n aantal praktiese riglyne uitgespel vir die pastorale begeleiding van geestelik verwonde persone met die oog op heling en restourasie.

Kursus oop vir almal: Geen toelatingsvereistes nie.
Datum: Dinsdag 16 September 2025 – sluit in sleutelnotas en tersaaklike dokumente.
Tyd: 09.00 – 13.00Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
Koste: R275 pp
Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 vir die handleiding plus R120 koerierkoste)

Klik hier om in te skryf

Vakature voltydse predikantspos: Stutterheim Verenigde Gemeente (NG Kerk en Presbiteriaans)

"Ons is ’n verenigde gemeente wat ontstaan het uit die samesmelting van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Presbiteriaanse Kerk in Stutterheim. Ons gekombineerde lidmaattal is 253. Ons gemeente is tweetalig (Afrikaans en Engels), divers, en toegewyd daaraan om ons lidmate, die dorp en die omliggende landbougemeenskappe van Stutterheim, Bolo, Kei Road en Komga te dien.

"Ons bestuur verskeie inisiatiewe wat inkomste genereer en die breër gemeenskap dien, soos die Komga Christelike liefdadigheidswinkel, sorg- en meegevoelprogramme, en huureiendomme. Die leraars neem aktief deel aan ’n interkerklike broederkring, met onder meer betrokkenheid van Forest Way Outdoor Outreach. Ons huidige leraar tree af, en ons glo dat ons dorp vir ’n nuwe leraar die geleentheid bied om ’n werklike verskil te maak."

Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Die sluitingsdatum is 15 September 2025.

NG Kerk Queenstown: Aflospredikant vir 1 - 25 Desember 2025

NG Gemeente Queenstown in die Oos-Kaap is opsoek na 'n leraar wat beskikbaar is om 1-25 Desember 2025 in Queenstown in te staan. Queenstown en omgewing het pragtige natuurskoon vir natuurliefhebbers om te geniet in hul tyd hier.

Verwagtinge is prediking op Sondae, begrafnisse en noodgevalle soos nodig. Die leraar kan na die kersdag diens huis toe gaan.

Verblyf in gastehuis met ontbyt op weeksdae, word verskaf. Asook R10,000 vergoeding vir die tydperk en R2000 reiskoste.

Predikante/proponente/ teologiese studente/ diensleraars is welkom om aansoek te doen.

Aansoeke moet asb die kerkkantoor bereik teen 26 Augustus.
Epos: kantoorngk@gmail.com
Kontak Morne 0833736679 vir navrae

Vakatures by NG Kerk Gamtoosvallei, Patensie:

Gemeenskapswerker en Koster

Die NG Gemeente Gamtoosvallei (Kwagga) is geleë in die prentjiemooi Gamtoosvallei naby Patensie. Hierdie sitrusproduserende streek bied ’n rustige plaaslewe, ’n gemeenskap wat omgee, en ’n geloofsgemeenskap met aansteeklike entoesiasme. Die gemeente bedien die landbougemeenskap wes van Patensie, 87 km van Gqeberha en 53 km van Jeffreysbaai.

Die gemeentes het tans twee poste beskikbaar:
Die sluitingsdatum is 12 Augustus 2025.

Vakatures vir predikante: Stellastraat, Pretoria

Stellastraat-gemeente in Pretoria stel twee predikantsposte, vir 'n derde en vierde leraar, in die gemeente bekend.

Klik hier om die posbekendstelling vir die derde en vir die vierde pos te lees.

Die sluitingsdatum is 2 September 2025.

Verjaarsdae in Augustus

Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Augustus verjaar:

5 Augustus – ds Corné Slabbert, NG Gemeente Cradock
6 Augustus – ds Wouter O’Kennedy, NG Gemeente Despatch-Noord
9 Augustus – ds Jaco Botha, NG Gemeente Misgund
9 Augustus – ds Hendri Roberts, NG Gemeente Joubertina
12 Augustus – ds Gerhard Loubser, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine
15 Augustus – ds Christoph Müller, NG Gemeente Albanie
17 Augustus – ds Barbara-Mari Jacobs, NG Gemeente Port Elizabeth-Sherwood
18 Augustus – ds Wikus Venter, NG Gemeente Dias
20 Augustus – ds Anton Ferreira, NG Gemeente Gamtoosvallei-Oos
27 Augustus – dr Jaco Barnard, NG Gemeente Despatch-Eendrag
29 Augustus – ds Charl Coetzee, NG Gemeente Walmer
31 Augustus – ds Nadine Stoffels, NG Gemeente Somerset-Oos

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Prop. Riëtte Botha van Bloemfontein is na die NGK Elliot beroep.

Prop. Ulrich Barnard (diensleraar) word op 10 Augustus 2025 te PE-Sherwood bevestig.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter