|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 25 - 15 Augustus 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Selfdood nou derde grootste oorsaak van sterfte onder jongmense
- 'n Skenking van R250 000 vir noodhulp in Gasa
- "So ook op die aarde" - preekreeks vir Koninkrykstyd
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Adolessente in gevaar:
Derde grootste oorsaak van sterftes onder die jeug, sê WGO
|
|
Gemeentes is geroep om jongmense op die trajek na 'n gesonde toekoms te plaas, ook wat geestesgesondheid betref
|
Selfdood is nou die derde grootste oorsaak van sterftes onder jongmense tussen 15 en 29 jaar wêreldwyd, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gewaarsku met die bekendmaking van ontstellende statistiek op Internasionale Jeugdag.
|
Die organisasie sê een uit elke sewe adolessente tussen 10 en 19 jaar oud ervaar ’n geestessteuring, wat bydra tot 15% van die wêreldwye siektevoorkoms in hierdie ouderdomsgroep. Volgens die WGO is depressie, angs en gedragsversteurings van die hoofoorsake van siekte en gestremdheid onder jongmense.
|
“Een uit elke ses mense is tussen 10 en 19 jaar oud. Adolessensie is ’n unieke en vormende tyd. Fisieke, emosionele en sosiale veranderinge – insluitend blootstelling aan armoede, mishandeling of geweld – kan adolessente kwesbaar maak vir geestesgesondheidsprobleme. Om adolessente teen teenspoed te beskerm, sosiaal-emosionele leer te bevorder en toegang tot geestesgesondheidsorg te verseker, is van kritieke belang vir hulle gesondheid en welsyn tydens adolessensie en volwassenheid,” sê die WGO.
|
Die organisasie waarsku dat adolessente met geestesgesondheidsprobleme besonder kwesbaar is vir sosiale uitsluiting, diskriminasie, stigma, leerprobleme, riskante gedrag, swak fisieke gesondheid en menseregte-skendings.
|
|
|
|
|
|
Genesing begin waar ons die storie agter die pyn verstaan
|
|
|
|
Wrange vrugte is dikwels die produk van die wortels van historiese trauma, skryf Thomas Terblanche
|
Suid-Afrika is ’n nasie wat steeds die pyn van historiese en generasies se trauma dra. Thomas Terblanche, 'n navorser by NMU, roep predikante op om nie net geestelike wysheid en Bybelse waarheid te deel nie, maar ook die sosiologiese en historiese konteks van hul gemeenskappe te verstaan.
|
Hy pas dit spesifiek op beskuldigings oor rassisme toe en wys op die impak van slawerny, volksmoord, die dop-stelsel, vaderloosheid en bendegeweld in die bruin gemeenskap – en hoe hierdie erfenis vandag se sosiale probleme voed. Net deur die oorsprong van pyn te ken, kan genesing begin.
|
Dit is ook op kerklidmate van toepassing met ons geskiedenis van oorlog, rebellie en die oorgang na 'n nuwe bestel waar die spelreëls radikaal verander het.
|
|
|
|
|
|
Pastorale brief
Algemene Sinode skenk R250,000 vir noodhulp in Gasa
Die Dagbestuur van die Algemene Sinode se Moderamen het onlangs vergader om te luister na die werklikhede en behoeftes van gemeentes, van toewyding en sorg tot uitdagings soos vakatures en spanning.
|
Na afloop van die vergadering is 'n pastorale brief uitgereik.
|
In die gees van Matteus 5 het die dagbestuur besin oor wêreldwye nood, spesifiek die lyding in Palestina en Israel. Woorde alleen is nie genoeg nie – daarom skenk die Algemene Sinodale Moderamen R250 000 uit die Algemene Sinode se Rampfonds. Die skenking word via ’n betroubare Christelike netwerk gekanaliseer, vir hulpverlening aan slagoffers in Gasa.
|
Die Dagbestuur roep gemeentes op om eerlik en met deernis saam oplossings te soek, verskille binne veilige ruimtes uit te praat, en as sout en lig in ons land en wêreld te leef.
|
|
|
|
|
|
Kerke brand, Christene vlug – en die wêreld kyk weg
In Mosambiek is kerke afgebrand, Christene onthoof en duisende mense op vlug. Hierdie aanvalle, uitgevoer deur die Islamitiese Staat Mosambiek Provinsie (ISMP), is deel van ’n breër patroon van toenemende geweld teen Christene regoor Afrika.
|
Verslae toon dat miljoene gelowiges in lande soos Nigerië, Demokratiese Republiek van die Kongo, Burkina Faso en Soedan geteiken word deur terreurgroepe met bande met Al Kaïda en Isis. Intussen bly internasionale reaksie grootliks traag, terwyl politieke aandag elders gefokus is.
|
Jaco Kleynhans waarsku dat ons in Suid-Afrika nie kan stilbly nie, maar moet help om hierdie skrikwekkende werklikheid wêreldwyd bekend te maak.
|
|
|
|
|
|
Preekreeks vir Koninkrykstyd
Soos in die hemel, so ook op die aarde
|
|
'n Eerste is die eie blog op Kerkbode van die Taakspan Miga 6:8. Die taakspan deel daar inspirerende inhoud oor geregtigheid en versoening en die reaksie groei week na week.
|
Taakspanlid Piet Retief skryf self vanuit sy pastorie op Garies en vertel hoe dit begin het:
|
|
|
|
In Februarie 2025 is die gespreksdokument Die Taal en Trant van Gesprek oor Versoening en Geregtigheid versprei, ’n uitnodiging om eerlik te praat oor hoe ons as dissipels van Christus vandag hierdie roeping uitleef. Uit die dokument is sewe kern-slagspreuke ontwikkel, wat sedert Mei ook op sosiale media momentum kry. Gemeentes word genooi om dit te gebruik, van voorportaal-uitstallings tot kerkraadsbesprekings.
|
|
Dis ’n hulpmiddel wat gesprekke oopmaak en mens laat dink. Lees meer en ontdek hoe jou gemeente kan deel raak van die gesprek.
Al die preek voorstelle, sowel as eksegetiese nota’s kan hier afgelaai word.
|
|
|
|
|
|
PE-Noord vra ondersteuning:
"Help ons om behoeftiges te help"
Rockey Lamastra, gemeentebestuurder van NGK PE-Noord skryf:
|
|
|
|
Ek kontak jou namens die NG Kerk by Daltonweg 87, Sidwell, Port Elizabeth (NG Kerk PE-Noord) oor ons Saterdag Sopkombuis en broodjie projek. Ons is 'n klein, maar 'n geseënde gemeente in 'n gebied wat gevul is met baie arm en gebroke gesinne. Ten spyte van die vele uitdagings wat ons in die omgewing in die gesig staar, streef ons daarna om 'n lig in die duisternis vir baie te wees, nie net in die gemeente nie, maar ook in die gemeenskap.
|
|
|
|
|
Toe Covid-19 SA uitgedaag het, besef ons hoeveel mense honger is en hoewel Covid in 'n sekere sin verlig word, is daar baie mense wat steeds honger is. Daarom het ons 'n Sopkombuis en jeugprojek by die kerk en 'n broodjieprojek by die skole begin en voortgesit sodat ons op een of ander manier behoeftiges kan help.
|
|
Die gemeente beskik ook oor 'n tweedehandse klerebank waarvoor skenkings benodig word.
|
|
|
|
|
|
Gestremdheid: Bewusmakingsondag, 31 Augustus 2025
Op hierdie dag (of enige ander dag wat by jul gemeente se program pas) vier Suid-Afrikaanse kerke die belangrike rol en deelname van persone met gestremdhede in ons gemeenskap.
|
Dit is ’n feesdag waarop ons die verskeidenheid gawes van alle mense – ook dié met gestremdhede – erken, wat ons lewe met God kan verryk.
|
Op die RampUp-webwerf, (https://www.rampup.co.za) onder die oortjie Disability Sunday, is daar verskeie hulpmiddele, insluitend kreatiewe idees om hierdie fees in julle gemeente te organiseer.
|
|
Julle mag dalk belangstel in ’n Liturgie vir Gestremdheidsbewusmakingsondag 2025 en ’n Ideebank met kreatiewe aktiwiteite om die interaksie tussen mense met verskillende vermoëns te bevorder – en te leer hoe ons dieselfde ding op verskillende maniere kan doen.
|
|
|
|
|
|
Kerklike Feesdae en Vakansiedae vir 2026 beskikbaar
|
Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.
|
|
|
|
Uitstalling by Despatch-Suid: Jesus se lewe deur die vier Evangelies
|
|
|
|
|
|
Leef jou lied by PE-Hoogland, 15 Augustus
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Vir jou dagboek
Jeffreysbaai bied Global Leadership Summit aan
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO bied pastorale perspektiewe
Wanneer godsdiens lei tot verwonding eerder as heling
|
Dinsdag 16 September 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
In hierdie kursus word daar gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is; en andersyds die gevaarkant van godsdiens - met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieperliggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in toksiese godsdienstige aktiwiteite. Die werklike pyn word nooit hanteer nie en deur middel van die stiptelike onderhouding van ’n magdom geestelike wette en reëls word daar eintlik net meer ‘pleisters’ en ‘verbande’ op ’n septiese wond geplaas. Die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing en misbruik impliseer waar mense uiterlik gelukkig voorkom, maar innerlik met ’n magdom van onverwerkte emosionele pyn worstel. In die lewensverhale van geestelike leiers wat ’n bydraende rol vervul tot die geestelike verwonding en misbruik (abuse) van lidmate en volgelinge, is daar gewoonlik ook onverwerkte emosionele pyn en trauma wat dikwels reeds gedurende hul kinderjare ’n aanvang geneem het. Daar word ten slotte ’n aantal praktiese riglyne uitgespel vir die pastorale begeleiding van geestelik verwonde persone met die oog op heling en restourasie.
Kursus oop vir almal: Geen toelatingsvereistes nie.
|
|
Datum: Dinsdag 16 September 2025 – sluit in sleutelnotas en tersaaklike dokumente.
|
|
Tyd: 09.00 – 13.00Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
|
Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 vir die handleiding plus R120 koerierkoste)
|
|
|
|
Ligloop, 'n reis met God, jouself en die kerk, 10-12 Okt, Wellington
|
|
Chris Weyers skryf namens die LGBTQ+ taakspan van Sinode Wes-Kaap:
|
LGBTQ+ gelowiges se ervaring van die kerk is dikwels een van pyn en verwerping. As jy opsoek is na herstel en genesing, en nuwe konneksies wil maak met God, jouself en die kerk, is hierdie retraite ‘n móét vir jou. Die naweek bied sagte ruimtes, speelse kreatiwiteit, geestelike verdieping, en emosionele veiligheid, met genoeg tyd vir ontspan en kuier, lekker eet en lekker slaap.
|
Ons wil graag hierdie naweek saam met jou op reis gaan deur vir jou ‘n ruimte te skep waar jy ten volle jouself kan wees, jou geloof kan uitleef, jou sê kan sê, en nuwe paaie van self ontdekking en konneksie kan stap.
|
|
|
|
|
|
|
Vakature voltydse predikantspos: Stutterheim Verenigde Gemeente (NG Kerk en Presbiteriaans)
"Ons is ’n verenigde gemeente wat ontstaan het uit die samesmelting van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Presbiteriaanse Kerk in Stutterheim. Ons gekombineerde lidmaattal is 253. Ons gemeente is tweetalig (Afrikaans en Engels), divers, en toegewyd daaraan om ons lidmate, die dorp en die omliggende landbougemeenskappe van Stutterheim, Bolo, Kei Road en Komga te dien.
|
"Ons bestuur verskeie inisiatiewe wat inkomste genereer en die breër gemeenskap dien, soos die Komga Christelike liefdadigheidswinkel, sorg- en meegevoelprogramme, en huureiendomme. Die leraars neem aktief deel aan ’n interkerklike broederkring, met onder meer betrokkenheid van Forest Way Outdoor Outreach. Ons huidige leraar tree af, en ons glo dat ons dorp vir ’n nuwe leraar die geleentheid bied om ’n werklike verskil te maak."
|
|
Die sluitingsdatum is 15 September 2025.
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Queenstown: Aflospredikant vir 1 - 25 Desember 2025
NG Gemeente Queenstown in die Oos-Kaap is opsoek na 'n leraar wat beskikbaar is om 1-25 Desember 2025 in Queenstown in te staan. Queenstown en omgewing het pragtige natuurskoon vir natuurliefhebbers om te geniet in hul tyd hier.
|
Verwagtinge is prediking op Sondae, begrafnisse en noodgevalle soos nodig. Die leraar kan na die kersdag diens huis toe gaan.
|
Verblyf in gastehuis met ontbyt op weeksdae, word verskaf. Asook R10,000 vergoeding vir die tydperk en R2000 reiskoste.
|
Predikante/proponente/ teologiese studente/ diensleraars is welkom om aansoek te doen.
|
Aansoeke moet asb die kerkkantoor bereik teen 26 Augustus. Epos: kantoorngk@gmail.com
|
|
Kontak Morne 0833736679 vir navrae
|
|
|
|
|
|
Vakatures vir predikante: Stellastraat, Pretoria
Stellastraat-gemeente in Pretoria stel twee predikantsposte, vir 'n derde en vierde leraar, in die gemeente bekend.
|
Klik hier om die posbekendstelling vir die derde en vir die vierde pos te lees.
|
|
Die sluitingsdatum is 2 September 2025.
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Augustus
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Augustus verjaar:
|
5 Augustus – ds Corné Slabbert, NG Gemeente Cradock 6 Augustus – ds Wouter O’Kennedy, NG Gemeente Despatch-Noord 9 Augustus – ds Jaco Botha, NG Gemeente Misgund 9 Augustus – ds Hendri Roberts, NG Gemeente Joubertina 12 Augustus – ds Gerhard Loubser, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine 15 Augustus – ds Christoph Müller, NG Gemeente Albanie 17 Augustus – ds Barbara-Mari Jacobs, NG Gemeente Port Elizabeth-Sherwood 18 Augustus – ds Wikus Venter, NG Gemeente Dias 20 Augustus – ds Anton Ferreira, NG Gemeente Gamtoosvallei-Oos 27 Augustus – dr Jaco Barnard, NG Gemeente Despatch-Eendrag 29 Augustus – ds Charl Coetzee, NG Gemeente Walmer 31 Augustus – ds Nadine Stoffels, NG Gemeente Somerset-Oos
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Prop. Riëtte Botha van Bloemfontein is na die NGK Elliot beroep.
|
Prop. Ulrich Barnard (diensleraar) is op 10 Augustus 2025 te PE-Sherwood deur sy vader, dr Paul Barnard van Helderberg, bevestig.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|