|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 26 - 22 Augustus 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Christus en die vuur van die Gees in die wildernis van algoritmes
- Skenking vir noodhulp in Gasa - vrae, antwoorde en toeligting
- Kerkwees in Kubertyd - uitstekende inligting
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Leonard Sweet - Credo vir die Derde Millenium
Christus en die vuur van die Gees in die era van algoritmes
|
|
Die bekende Gereformeerde teoloog Leonard Sweet roep die kerk in 'n onlangse toespraak op om met nuwe oë te kyk na ons tyd. Net soos Paulus eenmaal op die Areopagus die “onbekende God” verkondig het, staan ons nou by die kruising van ewigheid en algoritmes. Die wêreld van kunsmatige intelligensie is nie bloot ’n tegnologiese hulpmiddel nie – dit is ’n keerpunt vir menslike bewussyn.
|
In hierdie digitale wildernis - beklemtoon Sweet - dat ons nie onbekende gode soek nie, maar die bekende Christus.
|
Hy herinner ons daaraan dat die Gees altyd gebind bly aan die kaggel van Jesus Christus. Sonder Hom raak ons vlamme wild en verterend, maar mét Hom brand ons soos die doringbos van Moses – helder, gewortel en werklik. Die uitdaging is nie om tegnologie te vrees of blindelings te omhels nie, maar om dit verbeeldingryk en heilig te gebruik.
|
Die kerk, sê Sweet, het ’n heilige verbeelding nodig – nie fantasie wat werklikheid ontvlug nie, maar geloofsverbeelding wat die werklikheid transformeer. Elke algoritme herinner ons dat agter die heelal nie ’n program staan nie, maar ’n Programmeerder; nie ’n sisteem nie, maar ’n Verlosser.
|
Wat die wêreld nou nodig het, is ’n kerk wat brand van Christus se liefde – in elke digitale ruimte en elke menslike ontmoeting.
|
Daarom sluit Sweet sy toespraak af met A Credo for the Third Millennium – nie net ’n belydenis om op te sê nie, maar ’n verbond om te lééf. ’n Uitnodiging aan ons almal om die verbeelding van die Gees te laat ontvlam en te leef as mense wat die toekoms in Christus se hande dra.
|
|
Klik hier om die Credo for the Third Millenium te lees, tesame met 'n Afrikaanse vertaling en 'n Afrikaanse responsoriese opsomming ('n langer en korter weergawe) vir gebruik in die erediens of geestelike byeenkomste.
|
|
|
|
|
|
Groter toeligting
Skenking vir Christelike noodhulp in Gasa
Navraag en reaksie op die Algemene Sinodale Moderamen se besluit om humanitêre hulp te verleen aan kerke wat in Gasa en plekke van nood bedien, vra vir verdere opheldering.
|
In hierdie vraag-en-antwoord dokument skryf dr Nioma Venter, algemene sekretaris, oor die motivering vir die hulp en ook oor die NG Kerk se wye betrokkenheid in Suid-Afrika en verder noord op ons kontinent.
|
|
|
|
|
|
Vir gemeentes
Praktiese riglyne oor sosiale media en kunsmatige intelligensie (AI)
|
|
Wilmi Wheeler en DJ Muller van die kommunikasiespan van die Sinode Wes-Kaap het onlangs 'n praktiese webinaar oor sosiale media en die gebruik van kunsmatige intelligensie aangebied. Dit het wye en positiewe reaksie uitgelok.
|
|
Vergesels van die aanbieding op video, is daar ook Powerpoints beskikbaar. Klik hier vir die agtergrondsinligting en die skakel na die Youtube-opname.
|
|
|
|
|
|
PE-Noord vra ondersteuning:
"Help ons om behoeftiges te help"
Rockey Lamastra, gemeentebestuurder van NGK PE-Noord skryf:
|
|
|
|
Ek kontak jou namens die NG Kerk by Daltonweg 87, Sidwell, Port Elizabeth (NG Kerk PE-Noord) oor ons Saterdag Sopkombuis en broodjie projek. Ons is 'n klein, maar 'n geseënde gemeente in 'n gebied wat gevul is met baie arm en gebroke gesinne. Ten spyte van die vele uitdagings wat ons in die omgewing in die gesig staar, streef ons daarna om 'n lig in die duisternis vir baie te wees, nie net in die gemeente nie, maar ook in die gemeenskap.
|
|
|
|
|
Toe Covid-19 SA uitgedaag het, besef ons hoeveel mense honger is en hoewel Covid in 'n sekere sin verlig word, is daar baie mense wat steeds honger is. Daarom het ons 'n Sopkombuis en jeugprojek by die kerk en 'n broodjieprojek by die skole begin en voortgesit sodat ons op een of ander manier behoeftiges kan help.
|
|
Die gemeente beskik ook oor 'n tweedehandse klerebank waarvoor skenkings benodig word.
|
|
|
|
|
|
Kerklike Feesdae en Vakansiedae vir 2026 beskikbaar
|
Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Christelik-Maatskaplike Raad hou Jaarvergadering op 4 September
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO bied pastorale perspektiewe
Wanneer godsdiens lei tot verwonding eerder as heling
|
Dinsdag 16 September 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
In hierdie kursus word daar gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is; en andersyds die gevaarkant van godsdiens - met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieperliggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in toksiese godsdienstige aktiwiteite. Die werklike pyn word nooit hanteer nie en deur middel van die stiptelike onderhouding van ’n magdom geestelike wette en reëls word daar eintlik net meer ‘pleisters’ en ‘verbande’ op ’n septiese wond geplaas. Die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing en misbruik impliseer waar mense uiterlik gelukkig voorkom, maar innerlik met ’n magdom van onverwerkte emosionele pyn worstel. In die lewensverhale van geestelike leiers wat ’n bydraende rol vervul tot die geestelike verwonding en misbruik (abuse) van lidmate en volgelinge, is daar gewoonlik ook onverwerkte emosionele pyn en trauma wat dikwels reeds gedurende hul kinderjare ’n aanvang geneem het. Daar word ten slotte ’n aantal praktiese riglyne uitgespel vir die pastorale begeleiding van geestelik verwonde persone met die oog op heling en restourasie.
Kursus oop vir almal: Geen toelatingsvereistes nie.
|
|
Datum: Dinsdag 16 September 2025 – sluit in sleutelnotas en tersaaklike dokumente.
|
|
Tyd: 09.00 – 13.00Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
|
Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 vir die handleiding plus R120 koerierkoste)
|
|
|
|
Ligloop, 'n reis met God, jouself en die kerk, 10-12 Okt, Wellington
|
|
Chris Weyers skryf namens die LGBTQ+ taakspan van Sinode Wes-Kaap:
|
LGBTQ+ gelowiges se ervaring van die kerk is dikwels een van pyn en verwerping. As jy opsoek is na herstel en genesing, en nuwe konneksies wil maak met God, jouself en die kerk, is hierdie retraite ‘n móét vir jou. Die naweek bied sagte ruimtes, speelse kreatiwiteit, geestelike verdieping, en emosionele veiligheid, met genoeg tyd vir ontspan en kuier, lekker eet en lekker slaap.
|
Ons wil graag hierdie naweek saam met jou op reis gaan deur vir jou ‘n ruimte te skep waar jy ten volle jouself kan wees, jou geloof kan uitleef, jou sê kan sê, en nuwe paaie van self ontdekking en konneksie kan stap.
|
|
|
|
|
|
|
Vakature voltydse predikantspos: Stutterheim Verenigde Gemeente (NG Kerk en Presbiteriaans)
"Ons is ’n verenigde gemeente wat ontstaan het uit die samesmelting van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Presbiteriaanse Kerk in Stutterheim. Ons gekombineerde lidmaattal is 253. Ons gemeente is tweetalig (Afrikaans en Engels), divers, en toegewyd daaraan om ons lidmate, die dorp en die omliggende landbougemeenskappe van Stutterheim, Bolo, Kei Road en Komga te dien.
|
"Ons bestuur verskeie inisiatiewe wat inkomste genereer en die breër gemeenskap dien, soos die Komga Christelike liefdadigheidswinkel, sorg- en meegevoelprogramme, en huureiendomme. Die leraars neem aktief deel aan ’n interkerklike broederkring, met onder meer betrokkenheid van Forest Way Outdoor Outreach. Ons huidige leraar tree af, en ons glo dat ons dorp vir ’n nuwe leraar die geleentheid bied om ’n werklike verskil te maak."
|
|
Die sluitingsdatum is 15 September 2025.
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Queenstown: Aflospredikant vir 1 - 25 Desember 2025
NG Gemeente Queenstown in die Oos-Kaap is opsoek na 'n leraar wat beskikbaar is om 1-25 Desember 2025 in Queenstown in te staan. Queenstown en omgewing het pragtige natuurskoon vir natuurliefhebbers om te geniet in hul tyd hier.
|
Verwagtinge is prediking op Sondae, begrafnisse en noodgevalle soos nodig. Die leraar kan na die kersdag diens huis toe gaan.
|
Verblyf in gastehuis met ontbyt op weeksdae, word verskaf. Asook R10,000 vergoeding vir die tydperk en R2000 reiskoste.
|
Predikante/proponente/ teologiese studente/ diensleraars is welkom om aansoek te doen.
|
Aansoeke moet asb die kerkkantoor bereik teen 26 Augustus. Epos: kantoorngk@gmail.com
|
|
Kontak Morne 0833736679 vir navrae
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Augustus
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Augustus verjaar:
|
5 Augustus – ds Corné Slabbert, NG Gemeente Cradock 6 Augustus – ds Wouter O’Kennedy, NG Gemeente Despatch-Noord 9 Augustus – ds Jaco Botha, NG Gemeente Misgund 9 Augustus – ds Hendri Roberts, NG Gemeente Joubertina 12 Augustus – ds Gerhard Loubser, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine 15 Augustus – ds Christoph Müller, NG Gemeente Albanie 17 Augustus – ds Barbara-Mari Jacobs, NG Gemeente Port Elizabeth-Sherwood 18 Augustus – ds Wikus Venter, NG Gemeente Dias 20 Augustus – ds Anton Ferreira, NG Gemeente Gamtoosvallei-Oos 27 Augustus – dr Jaco Barnard, NG Gemeente Despatch-Eendrag 29 Augustus – ds Charl Coetzee, NG Gemeente Walmer 31 Augustus – ds Nadine Stoffels, NG Gemeente Somerset-Oos
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Prop. Riëtte Botha van Bloemfontein het die beroep na die NGK Elliot aanvaar.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|