|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 27 - 29 Augustus 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Jesus-KI-nabootsers aan die opmars, arrogant verby
- Materiaal vir Bybel-Sondag, 31 Augustus
- Biddag vir Dowes op 7 September: "Soos in 'n film sonder klankbaan..."
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Kletsbotte wat Jesus naboots
Wanneer 'n kunsmatige "Jesus" begin klets
|
|
Kunsmatige intelligensie begin al hoe meer mense se rolle oorneem – selfs in die godsdienswêreld. Vandag is daar tientalle “Jesus-kletsbotte” soos AI Jesus, Virtual Jesus, Text with Jesus en Ask Jesus, wat jou vrae in die stem van Jesus probeer beantwoord. Ook ander godsdienste het soortgelyke bots.
|
’n Filosoof van Noordwes Universiteit, Ané Verhoef, het vyf van die bekendste Jesus-botte getoets en drie groot probleme raakgesien:
|
- Hulle beeld hulself openlik as God uit en klink uiters oortuigend.
- Geen kerk het hulle ontwikkel of ondersteun nie – dit kom alles uit winsgedrewe maatskappye.
- Omdat geld die dryfveer is, kan die “teologie” van hierdie bots verander net om die gewildste, winsgewendste antwoorde te gee.
|
Hierdie digitale “Jesus” kan dus maklik ’n instrument van manipulasie word. Die vraag bly: Is dit ’n hulpmiddel vir geloof – of ’n gevaarlike nabootsing? Klik hier om sy artikel op The Conversation te lees.
|
|
|
|
|
|
Kunsmatige Intelligensie en die toekoms van die kerk
KI het geweldige toepassingsmoontlikhede, soos om sleurtake te vergemaklik, maar moet versigtig hanteer word, skryf Simon Cozens in 'n artikel vir die Lausanne Beweging.
|
|
|
|
Christians who are concerned about truth may be reluctant about artificial intelligence, because as machine learning models are purely stores of probabilities, they are explicitly designed to create plausible answers, not accurate ones.
|
|
Hy sê verder: Die verantwoordelike gebruik van KI bied vir mense met tegnologiese vaardighede en gawes ’n gulde geleentheid om nuwe terreine van bediening te verken. Tog moet ons nugter bly. Ek glo dit is nog te vroeg om te sê watter invloed KI werklik gaan hê. Aan die een kant kan die suksesvolle toepassing van KI amper elke aspek van bediening en persoonlike lewe verander. Aan die ander kant is daar duidelike tekens dat ons dalk in ’n borrel leef, waar die groot opgewondenheid oor KI nog nie regtig oorgespoel het in die praktiese toepassings wat die bedryf belowe het nie.
|
|
Klik hier om sy insiggewende artikel te lees.
|
|
|
|
|
|
Bybelsondag, 31 Augustus
|
|
|
31 Augustus is Bybelsondag. DinkJeug het wonderlike materiaal opgestel wat ewe bruikbaar in die erediens en vir kinderbediening is. Ons vier die wonderwerk wat ons die Bybel noem, die lamp wat ons die weg wys, die lig op ons pad (Psalm 119:105). Klik hier vir toegang tot die gratis materiaal.
|
|
|
|
|
|
Biddag vir Dowes, 7 September
"Soos in 'n film sonder klankbaan..."
|
|
Reanka van Jeffreysbaai vertel in hierdie video wat dit beteken om in 'n wêreld sonder klank te leef
|
|
Op Sondag 7 September bid ons vir gehoorgestremde persone. Dit is waardevol vir gemeentes om begrip te hê en ook bediening só in te rig dat hierdie persone ontvang kan word en welkom voel.
|
Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) in Worcester herdenk vanjaar reeds 144 jaar van dienslewering aan Dowes en persone met gehoorverlies in Suid-Afrika.
|
|
Gemeentes kan gerus na bostaande video kyk wat ons diep in die wêreld van die dowe inlei. Met dank aan Jeffreysbaai-gemeente.
|
|
|
|
|
|
Ds Louwrens Scheepers
Compassionate communication
|
|
|
In this podcast, Louwrens Scheepers (predikant van die NG Gemeente Phlippolis - red), shares his personal journey with unraveling, depression and the power of compassionate communication. His story is vulnerable, relatable and a gift. Louwrens also gives a basic overview of Compassionate Communication and the way it has impacted his life. Click here to listen.
|
|
|
|
|
|
Podcast Series
Being Church in a Post-Christian World
Dr Edwin van Driel (Pittsburgh Theological Seminary) developed a podcast series on the life of Dutch congregations, known for their secularised environment but also for some of the most creative missional work. The first three episodes are now published and a new podcast will follow weekly upto a total of twelve episodes. Click here to access the series.
|
|
The first podcasts addresses question like what living in a post-Christian world entails, and what being church in such a context means.
|
|
|
|
|
|
|
Medewerkers in hoop: hoe groot dink ons werklik oor bediening?
|
Nioma Venter is Algemene Sekretaris van die NG Kerk. In ’n weeklikse rubriek sy skryf oor plekke, mense en ervarings wat sy in die uitvoering van haar werk teëkom en dit wat sy beleef. In die week van 29 Augustus 2025 was sy aan tafel met medewerkers in opleiding en in maatskaplike dienslewering.
|
Hierdie week het my op 'n reis geneem – van Hatfield na Kaapstad, en aanlyn in gesprekke met mense regoor ons land wat passievol is oor die bediening van hoop. Dit was 'n week waarin ek weer besef het hoe groot die nood is en hoe uitdagend ons werk is. Ons moet dringend nuwe maniere van saamwerk vind.
|
Die gewaarwordinge van die week het begin by die direksievergadering van Hugenote Kollege in Wellington. Daar is verslag gedoen van 137 voornemende maatskaplike werk- en 145 vroeëkinderontwikkeling-studente wat aanmeld vir opleiding in 2026. Hier is 282 jongmense wat hulle lewe wil wy aan diens en omgee, en hulle kies om hul opleiding by 'n kerklike instelling te doen. Maar dit laat my wonder: hoe gaan ons as kerk en maatskaplike strukture hierdie energie kanaliseer sodat dit werklik 'n verskil maak in ons land? Ek was ook onlangs deel van 'n byeenkoms van bestuurders van kerklike maatskaplike diensorganisasies wat met groot besorgdheid en soms frustrasie praat oor die uitdagings van samewerking met die kerk.
|
By die ledevergadering van die Kerklike Maatskaplike Dienste Raad, later die week, het ons gepraat oor die mediadekking die afgelope twee weke, waar daar verwys is na die KMDR se impak en besteding en dit gekoppel is aan die werk van die NG Kerk. Dit is inderdaad so dat professionele maatskaplike dienste met ‘n lang historiese verbintenis 'n modaliteit van die kerk se werk is. In 2019 het die KMDR ook weer ’n ooreenkoms aan die Algemene Sinode van die NG Kerk voorgehou waarin verklaar word dat die organisasies hulself as deel van die kerk beskou. Hoewel die NG Kerk se finansiële bydrae tot KMDR-organisasies beperk mag wees, lewer ons op ander maniere 'n waardevolle bydrae. Die beheerrade van hierdie organisasies bestaan grootliks uit leraars en lidmate – menslike kapitaal word moeilik in monetêre waarde omgesit word. Om egter met integriteit te getuig van samewerking, moet dit oor meer as geld en vul van vakatures gaan. Die kritiese vraag is hoe hierdie verhoudings op grondvlak lyk. Persoonlik dink ek ons mis groot geleenthede deur nie beter te doen met samewerking en integrasie nie. Dit kan nie meer besigheid soos altyd wees nie. Ons dag en tyd vra vir nuwe bedieningstrategie en veral ten opsigte van geloofsgebaseerde, interdissiplinêre samewerking. Noem dit sosiale innovasie, soos die dienste van die nuutgevestigde SENSi (Sentrum vir Sosiale Innovasie) by die Hugenote Kollege in hul naam en diensaanbod aan gemeentes en gemeenskappe suggereer.
|
Hulpbronne is beperk. Nood is oorweldigend. Die regering faal ons. En ons leef in 'n gepolariseerde samelewing waar dit al te maklik is om terug te trek en net ons eie ding te doen as dinge te moeilik raak. Kompleksiteit is nie ’n verskoning nie. Ongekoördineerde aksie en silovorming is nie effektief nie. Ek kry, met respek gesê, al te veel die idee dat die kerk en die maatskaplike diensorganisasie mekaar as diensverskaffers sien – en nie werklik as medewerkers nie. Dit sal ons nie ver bring nie. Dit is dieselfde nood wat ons dring. Waarom kry ons dit nie reg om ons visie en strategie beter te belyn nie? Is dit visie of wysheid wat ontbreek?
|
Ons het die mense, die gawes, die netwerk – maar het ons die wil om hande te vat en saam beter te doen – tot God se eer?
|
|
Lees meer: The Networked Church: Scaling for Impact
|
|
|
|
|
|
Beskikbaar vir kinders by Bybel-Media
|
|
In My eerste speel-en-leer-Bybel leer ken kleuters en kinders die 100 belangrikste verhale in die Ou en die Nuwe Testament en ontmoet 50 van die bekendste mense in die Bybel. Hulle leer ken stories van Noag wat ’n ark gebou het, Dawid wat ’n groot reus verslaan het, Saggeus wat in ’n boom geklim het en Paulus wat ver gereis het om vir mense van Jesus te vertel. By elke storie is daar ’n prettige aktiwiteit. Speel-speel leer ken kleuters en kinders die Bybel en ontdek hoe lief Jesus vir hulle is. 'n Bybel in ‘n kind se hand is die fondasie vir ’n leeftyd saam met Jesus. Nou te koop: www.bybelmedia.org.za of bestel@bmedia.co.za
|
|
|
|
|
|
Kerklike Feesdae en Vakansiedae vir 2026 beskikbaar
|
Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Christelik-Maatskaplike Raad hou Jaarvergadering op 4 September
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO bied pastorale perspektiewe
Wanneer godsdiens lei tot verwonding eerder as heling
|
Dinsdag 16 September 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
In hierdie kursus word daar gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is; en andersyds die gevaarkant van godsdiens - met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieperliggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in toksiese godsdienstige aktiwiteite. Die werklike pyn word nooit hanteer nie en deur middel van die stiptelike onderhouding van ’n magdom geestelike wette en reëls word daar eintlik net meer ‘pleisters’ en ‘verbande’ op ’n septiese wond geplaas. Die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing en misbruik impliseer waar mense uiterlik gelukkig voorkom, maar innerlik met ’n magdom van onverwerkte emosionele pyn worstel. In die lewensverhale van geestelike leiers wat ’n bydraende rol vervul tot die geestelike verwonding en misbruik (abuse) van lidmate en volgelinge, is daar gewoonlik ook onverwerkte emosionele pyn en trauma wat dikwels reeds gedurende hul kinderjare ’n aanvang geneem het. Daar word ten slotte ’n aantal praktiese riglyne uitgespel vir die pastorale begeleiding van geestelik verwonde persone met die oog op heling en restourasie.
Kursus oop vir almal: Geen toelatingsvereistes nie.
|
|
Datum: Dinsdag 16 September 2025 – sluit in sleutelnotas en tersaaklike dokumente.
|
|
Tyd: 09.00 – 13.00Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
|
Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 vir die handleiding plus R120 koerierkoste)
|
|
|
|
|
|
|
Vakature voltydse predikantspos: Stutterheim Verenigde Gemeente (NG Kerk en Presbiteriaans)
"Ons is ’n verenigde gemeente wat ontstaan het uit die samesmelting van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Presbiteriaanse Kerk in Stutterheim. Ons gekombineerde lidmaattal is 253. Ons gemeente is tweetalig (Afrikaans en Engels), divers, en toegewyd daaraan om ons lidmate, die dorp en die omliggende landbougemeenskappe van Stutterheim, Bolo, Kei Road en Komga te dien.
|
"Ons bestuur verskeie inisiatiewe wat inkomste genereer en die breër gemeenskap dien, soos die Komga Christelike liefdadigheidswinkel, sorg- en meegevoelprogramme, en huureiendomme. Die leraars neem aktief deel aan ’n interkerklike broederkring, met onder meer betrokkenheid van Forest Way Outdoor Outreach. Ons huidige leraar tree af, en ons glo dat ons dorp vir ’n nuwe leraar die geleentheid bied om ’n werklike verskil te maak."
|
|
Die sluitingsdatum is 15 September 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Gemeente Tarkastad (vastetermynpos van 2 jaar)
|
Die gemeente Tarkastad is ’n klein plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met 123 belydende lidmate en 25 dooplidmate. Die gemeente stel 'n vastetermynpos van twee jaar met die wedersydse opsie om die termyn te verleng. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025
|
|
|
|
|
|
NG Kerk Queenstown: Aflospredikant vir 1 - 25 Desember 2025
NG Gemeente Queenstown in die Oos-Kaap is opsoek na 'n leraar wat beskikbaar is om 1-25 Desember 2025 in Queenstown in te staan. Queenstown en omgewing het pragtige natuurskoon vir natuurliefhebbers om te geniet in hul tyd hier.
|
Verwagtinge is prediking op Sondae, begrafnisse en noodgevalle soos nodig. Die leraar kan na die kersdag diens huis toe gaan.
|
Verblyf in gastehuis met ontbyt op weeksdae, word verskaf. Asook R10,000 vergoeding vir die tydperk en R2000 reiskoste.
|
Predikante/proponente/ teologiese studente/ diensleraars is welkom om aansoek te doen.
|
Aansoeke moet asb die kerkkantoor bereik teen 26 Augustus. Epos: kantoorngk@gmail.com
|
|
Kontak Morne 0833736679 vir navrae
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Augustus
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Augustus verjaar:
|
5 Augustus – ds Corné Slabbert, NG Gemeente Cradock 6 Augustus – ds Wouter O’Kennedy, NG Gemeente Despatch-Noord 9 Augustus – ds Jaco Botha, NG Gemeente Misgund 9 Augustus – ds Hendri Roberts, NG Gemeente Joubertina 12 Augustus – ds Gerhard Loubser, NG Gemeente Port Elizabeth-Lorraine 15 Augustus – ds Christoph Müller, NG Gemeente Albanie 17 Augustus – ds Barbara-Mari Jacobs, NG Gemeente Port Elizabeth-Sherwood 18 Augustus – ds Wikus Venter, NG Gemeente Dias 20 Augustus – ds Anton Ferreira, NG Gemeente Gamtoosvallei-Oos 27 Augustus – dr Jaco Barnard, NG Gemeente Despatch-Eendrag 29 Augustus – ds Charl Coetzee, NG Gemeente Walmer 31 Augustus – ds Nadine Stoffels, NG Gemeente Somerset-Oos
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Prop. Rion van Niekerk word op 31 Augustus 2025 te NGK Bothasrus as diensleraar bevestig.
|
Prop. Riëtte Botha van Bloemfontein het die beroep na Elliot aanvaar en word op 21 September 2025 te NGK Elliot as diensleraar bevestig.
|
Prop. Riëtte Botha is op 18 Augustus as diensleraar na NGK Middelburg beroep.
|
Ds Johannes Janse van Rensburg van Retief-gemeente op Despatch is beroep na die NG Gemeente Hartswater.
|
Dr Nico van der Westhuizen (emeritus) ontvang aan dieeinde van Februarie 2026 demissie by die NGK Steytlerville.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|