|
|
|
|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 28 - 5 September 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- CMR bring hoop en beskerming vir Gqeberha se gesinne
- 7 September is biddag vir dowes
- Voltooi die sin: "Jesus was ..."
- Leraars beweeg
|
|
|
|
|
Christelik-Maatskaplike Raad van PE
81 jaar van diens – en steeds sterk
|
|
Me Magda von Solms, direkteur van die CMR (Christelik-Maatskaplike Raad) vertel hoe dankbaar die organisasie was om pas op 4 September hul 81ste Jaarvergadering te kon vier.
|
Sy vertel: "Ons staan met dankbare harte voor die Heer se Troon van Genade dat Hy ons dienste vir nog ‘n jaar in stand gehou het. Die verslag toon duidelik die groot getalle mense in Gqeberha wat ons bereik het met ‘n “klein bende” baie getroue en toegewyde personeel.
|
Ons is ook besonder dankbaar vir die getroue ondersteuning wat ons van die NG gemeentes ontvang – dit stel ons werklik in staat om praktiese hulp te verleen en om die bedryfskostes te help dra.
|
Hoop en beskerming vir Gqeberha se gesinne
Die jaarverslag toon aan hoe die CMR die afgelope jaar, te midde van ’n moeilike ekonomiese klimaat, steeds ’n lewensbelangrike rol in Gqeberha speel. Met beperkte hulpbronne, maar groot toewyding, het hulle meer as 7 000 mense bedien – waarvan 60% kinders is. Maatskaplike werkers het 325 kinders in beskermde sorg geplaas, 89 sake van kindermishandeling ondersoek en talle gesinne bygestaan met voedsel, klere en emosionele ondersteuning.
|
Programme teen gesinsgeweld, dwelmmisbruik en boeliegedrag het honderde kinders en ouers bereik. Ten spyte van geweld en druk waarmee maatskaplike werkers self gekonfronteer word, het hulle vasgestaan in hul roeping om kinders en gesinne te beskerm. Die verslag getuig van geloof, volharding en hoop vir die toekoms.
|
|
|
|
|
|
Nuwe publikasie ontdek Jesus opnuut
|
|
Susy Flory skryf in haar inleiding tot Jesus Was Not What We Expected but Better Than We Imagined:
|
“Het jy al ooit gewonder hoe Jesus regtig was? Ek bedoel, hoe hy werklik was? Was Hy ernstig of gemaklik? Was Hy straatwys of formeel opgevoed? Was Hy polities ingestel of invloedryk? Hoe was sy persoonlikheid? Hoe was sy karakter? Hoe was Hy as ’n mens?”
|
So het die boek begin. Susy was geskok deur die gebeure van 6 Januarie 2021 in Washington en wou iets daaraan doen. Sy het op sosiale media verklaar: “Jesus was nonviolent” (“Jesus was nie-gewelddadig”). Die volgende dag het sy nog ’n “Jesus was…”-stelling geplaas. Sy het dit dertig dae lank gedoen, en die gesprekke wat gevolg het, was verrassend beskaaf. Só is Jesus Was gebore – “geskryf deur ’n groep uiteenlopende, slim, hardwerkende, passievolle en sorgsame mense. Mense wat Jesus liefhet en hul lewens daaraan wy om ander te help om Hom ook te leer ken.”
|
En natuurlik wil jy weet waaroor hierdie hoofstukke gaan – daar is een-en-dertig – geskryf deur kerkleiers, studente, predikante en mense wat glad nie predikante wil wees nie, maar wat wil hê ander moet weet hoe Jesus was. Hier is die lys van die hoofstukke (ek noem nie nou die outeurs se name nie – koop die boek, kyk dit op, en lees dit saam met ander en gesels daaroor. Ek belowe dit sal jou denke en hart verbreed):
|
Jesus was… ’n luisteraar, nie-gewelddadig, nuut, die God-Mens, afhanklik, ’n student, nie wit nie, ’n grense-oorskryder, ’n wynmaker, een wat die gebooie hersentreer, nie polities magtig nie, vriendelik, nederig, barmhartig, sag, emosioneel, ondermynend, medelyend, ’n vriend van sondaars en uitgestotenes, vier vroue, vir die onderdruktes, lief vir sy vyande, ’n dienaar, nie polities nie, vergewend, bidsaam, deur baie verlaat, met trane agter die sluier, instrumenteel in ons aanneming, die Woord…
|
En dit sluit af met: “Jesus is: why the life of Jesus matters.” (Jesus is: waarom die lewe van Jesus saak maak.)
|
|
Wat sou jy self skryf ná die woorde: “Jesus was…”?
|
|
|
|
|
|
Biddag vir Dowes, 7 September
"Mag vrede en hoop die Dowe gemeenskap altyd omring"
|
|
|
Sondag, 7 September is Nasionale Biddag vir Dowes. Die Nasionale Instituut vir Dowes vra dat ons hierdie dag gebruik om eer te bring aan die taal van die hande, die krag van stille geloof en die skoonheid van gebede wat verder strek as woorde.
|
“Bid saam met ons vir Dowes en persone met gehoorverlies. Mag vrede, liefde, hoop en begrip die Dowe-gemeenskap altyd omring.”
|
Uit Jeffreysbaai:
"Soos in 'n film sonder klankbaan..."
|
|
Reanka van Jeffreysbaai vertel in hierdie video wat dit beteken om in 'n wêreld sonder klank te leef
|
Op Sondag 7 September bid ons vir gehoorgestremde persone. Dit is waardevol vir gemeentes om begrip te hê en ook bediening só in te rig dat hierdie persone ontvang kan word en welkom voel.
|
|
Gemeentes kan gerus na bostaande video kyk wat ons diep in die wêreld van die dowe inlei. Met dank aan Jeffreysbaai-gemeente.
|
|
|
|
|
|
Opleiding vir Kinderbediening
|
|
|
|
|
|
Ongekunsteld - orrel en kuns by NGK Gamtoosvallei, 19 September
|
|
Ds Luané McLAchlan vertel:
|
Ons bied vanjaar weer Ongekunsteld aan, dit was so lekker verlede jaar. 'n Uitstalling van skilderkuns deur ons plaaslike kunstenaars, en 'n konsert aangebied deur Prof Albert Troskie (Orrel) , sy vrou Dr Erika Bothma-Troskie (Klavier) , en Elsje Nelson (sangeres). Daar gaan ook 'n ligte ete wees.
|
|
Die besonderhede is soos volg:
|
|
Kom geniet 'n heerlike aand saam met Prof Albert Troskie (Orrel) , Erika Bothma (Klavier) en Elsje Nelson (Sang) !
|
π Vrydag, 19 Sept π 18:00 π Kwagga Kerk
|
|
π΄Ligte verversings ingesluit
|
π Bespreek gerus by: π Luané: 081-591 7982 of: π Ilze : 082-428 8208
|
|
|
|
|
|
Kerklike Feesdae en Vakansiedae vir 2026 beskikbaar
|
Die kerklike fees- en vakansiedae vir 2026 is nou op ons webblad beskikbaar. Klik hier om dit af te laai.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO bied pastorale perspektiewe
Wanneer godsdiens lei tot verwonding eerder as heling
|
Dinsdag 16 September 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
In hierdie kursus word daar gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is; en andersyds die gevaarkant van godsdiens - met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieperliggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in toksiese godsdienstige aktiwiteite. Die werklike pyn word nooit hanteer nie en deur middel van die stiptelike onderhouding van ’n magdom geestelike wette en reëls word daar eintlik net meer ‘pleisters’ en ‘verbande’ op ’n septiese wond geplaas. Die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing en misbruik impliseer waar mense uiterlik gelukkig voorkom, maar innerlik met ’n magdom van onverwerkte emosionele pyn worstel. In die lewensverhale van geestelike leiers wat ’n bydraende rol vervul tot die geestelike verwonding en misbruik (abuse) van lidmate en volgelinge, is daar gewoonlik ook onverwerkte emosionele pyn en trauma wat dikwels reeds gedurende hul kinderjare ’n aanvang geneem het. Daar word ten slotte ’n aantal praktiese riglyne uitgespel vir die pastorale begeleiding van geestelik verwonde persone met die oog op heling en restourasie.
Kursus oop vir almal: Geen toelatingsvereistes nie.
|
|
Datum: Dinsdag 16 September 2025 – sluit in sleutelnotas en tersaaklike dokumente.
|
|
Tyd: 09.00 – 13.00Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
|
Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 vir die handleiding plus R120 koerierkoste)
|
|
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Kerk Jeffreysbaai, Voltydse leraar
NG Gemeente Jeffreysbaai is ’n makrogemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer 4 900 lidmate en word bedien deur drie voltydse leraars, ’n diensleraar en ’n kinderwerker. Ons is ’n inklusiewe gemeente wat die gemeenskap van Jeffreysbaai vanuit drie (Kompleks, Da Gama en Paradysstrand) kampusse bedien.
|
Na ’n periode van gebed, visionering en deeglike beplanning het daar veranderinge plaasgevind in ons totale leraarskorps se verantwoordelikhede. ’n Groot behoefte bly steeds vir ons om ’n VOLTYDSE LERAAR met opdrag: Families: jonk (Gr 7-12) sowel as ons naskoolse jongmense te hê. Jeffreysbaai en Humansdorp beskik oor verskeie laer- en hoërskole waar ons kinders en gesinne van die gemeente speel en werk. Hierdie pos is geskik vir ’n gelegitimeerde leraar, diensleraar of ’n proponent wat hierdie rol kan vervul.
|
|
Klik hier om die posbeskrywing te lees. Die sluitingsdatum is 7 November 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature voltydse predikantspos: Stutterheim Verenigde Gemeente (NG Kerk en Presbiteriaans)
"Ons is ’n verenigde gemeente wat ontstaan het uit die samesmelting van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Presbiteriaanse Kerk in Stutterheim. Ons gekombineerde lidmaattal is 253. Ons gemeente is tweetalig (Afrikaans en Engels), divers, en toegewyd daaraan om ons lidmate, die dorp en die omliggende landbougemeenskappe van Stutterheim, Bolo, Kei Road en Komga te dien.
|
"Ons bestuur verskeie inisiatiewe wat inkomste genereer en die breër gemeenskap dien, soos die Komga Christelike liefdadigheidswinkel, sorg- en meegevoelprogramme, en huureiendomme. Die leraars neem aktief deel aan ’n interkerklike broederkring, met onder meer betrokkenheid van Forest Way Outdoor Outreach. Ons huidige leraar tree af, en ons glo dat ons dorp vir ’n nuwe leraar die geleentheid bied om ’n werklike verskil te maak."
|
|
Die sluitingsdatum is 15 September 2025.
|
|
|
|
|
|
Vakature: NG Gemeente Tarkastad (vastetermynpos van 2 jaar)
|
Die gemeente Tarkastad is ’n klein plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met 123 belydende lidmate en 25 dooplidmate. Die gemeente stel 'n vastetermynpos van twee jaar met die wedersydse opsie om die termyn te verleng. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025
|
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in September
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in September verjaar:
|
6 September – ds Mardi Badenhorst, NG Gemeente Humansdorp-Oos 7 September – ds Luané McLachlan, NG Gemeente Gamtoosvallei 20 September – ds Conrad Pienaar, NG Gemeente Newtonpark 23 September – ds Kobus Eksteen, NG Gemeente Rietbron 23 September – ds Paul Odendaal, NG Gemeente Adelaide 25 September – ds J-R Nieuwenhuizen, NG Gemeente Cradock-Noord 29 September – ds Johannes Janse van Rensburg, NG Gemeente Retief (Despatch) 30 September – ds Madri Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes
|
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Ring van Albanie en Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Ds Johannes Janse van Rensburg van Retief-gemeente het die beroep na Hartswater aanvaar. Hy ontvang op 5 Oktober 2025 demissie.
|
Ds. Rion van Niekerk is op 31 Augustus 2025 te NGK Bothasrus as diensleraar bevestig.
|
Prop. Riëtte Botha van Bloemfontein het die beroep na Elliot aanvaar en word op 21 September 2025 te NGK Elliot as diensleraar bevestig. Sy het die beroep na die NGK Middelburg bedank.
|
|
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|
|