|
|
|
|
Jaargang 23 - Nommer 20 - 20 Junie 2025
|
|
|
|
|
|
|
|
In hierdie uitgawe:
- Lidmate opgelei as Bedienaars - alles wat jy wil weet
- Predikante getuig oor Israeli-Palestynse konflik
- Sendeling uit Pakistan tree in die Baai op
- Verskeie gemeentes bied kuier- en geloofsgroei geleenthede aan
|
|
|
|
Opleiding van Bedienaars in die NG Kerk
Lidmate kan as opgeleide vennote by bediening inskakel
|
|
Ds Jaco Botha aan die woord oor Bedienaars - klik hier om na die aanbieding te kyk
|
"Die NG Kerk het sy ampsbegrip verbreed, wat beteken lidmate kan toegerus word om in vennootskap met predikante en diensleraars aspekte van die bediening te hanteer,"sê ds Jaco Botha van die Hugenote Kollege. Hy het vandeesweek 'n inligtingsessie oor die opleiding van bedienaars (lidmate wat kerklik gekeur en opgelei word om aan aspekte van die bediening deel te hê) gelei. Meer as 50 Oos-Kapenaars het geregistreer om aan die aanbieding deel te neem.
|
Bedienaars word deeltyds en nie-residensieel (jy studeer vanuit jou woning) met 'n predikant as plaaslike mentor oor 'n periode van twee jaar aangebied. Bedienaars verwerf 'n Kerklik-geakkrediteerde Sertifikaat in Teologie (KAST).
|
Naas 'n agtergrond in Gereformeerde Teologie, die Gereformeerde siening van die Kerk en in geestelike geloofsvorming, fokus bedienaars op 'n vaardigheid van hul keuse. Opsies ( 'n "elektief") behels tans prediking en liturgie; jeug en familie; missionale leierskap; gemeenskapsdiakonaat en pastorale sorg.
|
|
|
Hierbo verskyn die oorsigtelike uiteensetting van die kernmodules waarin Bedienaars opgelei word, met die verskillende areas van toegespitste bekwaamheid.
|
Kontak ds Jaco Botha by stb4@hugenote.ac.za. Navrae oor registrasie kan gestuur word aan stb3@hugenote.ac.za.
|
|
|
|
|
SARK vra ondersteuning
Verwoesting deur vloede by Mthatha en omgewing
|
|
'n Reddingspan fynkam 'n rivier vir vloedslagoffers naby Mthatha
|
Meer as 75 mense is dood na vloede in die omgewing van Mthatha. Hartroerende tonele speel af van familielede wat na oorlewende soek.
|
Terwyl kerke hulle kant bring en die Oos-Kaapse Raad van Kerke ondersteuning aan gemeenskappe bied, vra die SA Raad van Kerke rolspelers om gekoördineerde aksie te neem. Die SARK se verklaring lees:
|
|
|
The Eastern Cape is facing a devastating humanitarian tragedy following days of uncontrollable floods that have severely impacted the OR Tambo District, particularly Umtata, and parts of the Mnquma local municipality in Butterworth. The flood disaster has tragically claimed over 75 lives as at the latest death toll made public, with many others reported still missing. Emergency retrieval divers continue their efforts to recover those unaccounted for, as families anxiously await news of their loved ones.
Homes have been demolished, leaving many without shelter and destroying all their possessions. Survivors have been relocated to the closest and safest community halls and schools, where conditions are dire and urgent humanitarian intervention is required. The immediate needs of the communities include blankets, food and drinking water, beds, warm clothing, and hygiene products.
The Eastern Cape chapter of the South African Council of Churches (SACC), in collaboration with local congregations, is conducting a rapid needs analysis to ensure that the right kind of aid needed reaches each affected community.
Since yesterday morning, church leaders from across the region gathered at the mortuary to stand in solidarity with bereaved families as the process of identifying their loved ones commenced. The faith leaders continue to offer prayer, grief support, and other interventions of ministry. “These visits represent the faith community’s unwavering commitment to walking with affected families during this traumatic period. We want to demonstrate a physical presence of God’s mercy in this dark hour,” said Rev Zukile Makula, Chairperson of the Eastern Cape SACC.
“This is not a time for isolated efforts,” said Rev Makula. “We call on all parts of society from businesses, NGOs, humanitarian relief teams, and all levels of government to intervene with urgency and compassion.” This call for a cohesive, coordinated response will ensure that no family is left to face this tragedy alone.
The faith community of the Eastern Cape stands ready to work alongside all stakeholders to bring comfort, healing, and restoration to our people.
|
|
|
|
|
|
Predikante spreek hulle uit oor die Israeli-Palestynse konflik
|
|
Ds Jan Venter van Clarens plaas bostaande treffende voorstelling op sy Facebookprofiel en gee die volgende toeligting:
|
|
|
Jy kan Gaza ondersteun sonder om Hamas te steun. Jy kan Israel kritiseer sonder om teen Jode te wees. Jy kan rou oor Iran sonder om ekstremisme goed te keur. Jy kan meegevoel hê met onskuldige Israeli's sonder om die dade van die Israeliese staat te steun.
Empatie beteken nie lojaliteit nie – dit beteken menslikheid. Hierdie standpunte is nie teenoor mekaar of onversoenbaar nie. Jy kan tegelyk kompleksiteit, gewete én deernis hanteer.
|
|
Verklaring deur Lutherse predikante:
|
'n Groep besorgde Lutherse predikante van Suid-Afrika het 'n verklaring uitgereik teen die aanhoudende geweld in Palestina, veral in Gaza. Hulle spreek hulle uit teen enige vorm van terrorisme – deur Israel, Hamas of ander – en noem spesifiek die lyding van burgerlikes, insluitend kinders en bejaardes. Hulle verwerp die gebruik van Bybelse profesieë om oorlog en geweld te regverdig, en spreek hulle sterk uit teen sogenaamde Christelike Sionisme en nasionalisme. Die predikante beklemtoon dat God se koninkryk gebou is op geregtigheid en vrede, nie op landbesit, etniese meerderwaardigheid of militêre mag nie. Hulle doen ’n beroep op kerke om waarlik Christus te volg en om op te staan vir vrede, barmhartigheid en menswaardigheid vir almal in die streek.
|
|
|
|
|
Reggie Hufkie (Peace) - Vredemaker
Bekende akteur en oud-leerling van Kinderoord MTR Smit besoek die Baai
|
|
Reggie Hufkie, bekende akteur in TV-reekse soos Huis Lelieveld, Spoorloos, Desert Rose en flieks soos Ouboet, Gielie, Vlamme, Brakpan Bruilof, Matilda en Matthys was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis MTR Smit se voordeur aangeklop het. Hy wou nie langer in die hok saam met sy pa en broer bly nie. Daar het hy stabiliteit gekry en gou begin presteer.
|
In sy eerste boek, Vredemaker, beklemtoon Reggie die waarde van selfliefde, positiewe verandering en geestelike groei. Reggie besoek die Baai vanaf Donderdag 26 Junie tot Sondag 29 Junie. Donderdagmiddag is hy by by sy alma mater, Huis MTR Smit, waar hy tyd met van die leerders gaan deurbring. Hy het ’n boekvrystelling op Saterdag 28 Junie om 13:00 by Three Sages in Walmer.
|
Vir meer inligting, kontak Reggie Hufkie, 072 991 4054. Op Sondag 29 Junie om 09:00 lewer hy ook sy getuienis by NG Sionsrand (Bramhope-straat, Morningside). Vir meer inligting, kontak Dr Willem Wiid, 071 866 0771).
|
|
|
|
|
Sendeling uit Pakistan: datums en tye
Dr Aneel Yousuf tree in die Baai op
|
|
Dr Aneel Yousuf is verbonde aan die Kingdom Bible College is Pakistan. Hulle is besig om studente op te lei en toe te rus vir dienswerk in die Koninkryk is Pakistan. Hy het onder andere van sy studies voltooi by die Teologiese Fakulteit van die NG Kerk in Bloemfontein.
|
Dr Yousuf tree by twee geleenthede in die Baai op waarheen almal uitgenooi word:
|
1. Sondagoggend 6 Julie tree hy op tydens n erediens waar al die Gemeentes in Uitenhage, Despatch en omgewing bymekaar kom. Finale inligting sal volgende week in Grenspos verskyn. 2. Donderdag 10 Julie om 10:00 in die NG Gemeente Parkheuwel waar almal in PE en omgewing uitgenooi word om saam te kom.
|
Enige gemeente of organisasie wat kan help met:
|
* Verblyf vir Aneel en sy gesin vir die aande van 6,7 en 10 Julie, asook * Vir Aneel wil nooi en ontmoet vir groepsbesoek tussen 4 en 10 Julie...kan met die volgende leraars skakel: Carel vd Merwe (0828217600), of Danie de Jongh (0761020662) of Trunette de Jongh ( 0785382531) of Carolien du Pisanie (0674095590).
|
|
|
|
|
C-Fees te Jeffreysbaai, 21 Junie
|
|
|
|
|
Lorraine bring hoop - 23 Junie
|
|
|
|
|
Despatch-Suid hou pannekoekfees (en lewer in die Baai af) - 25-27 Junie
|
|
|
Bybelgenootskap bied wegneemetes aan - 27 Junie
|
|
|
|
|
|
Klank in die kerk: Hier is hulp om die basiese goed reg te doen
|
|
Neil Büchner gee in hierdie video basiese, maar goeie, opleiding aan persone wat klank in die kerk hanteer. Dit is spesifiek gerig is daardie waardevolle persone wat die klank in gemeentes tydens eredienste hanteer.
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO Digitale Leergemeenskap
Kunsmatige intelligensie - Die kerk se nuwe speelveld?
|
|
Ons wêreld verander vinniger as ooit — en die kerk kan nie bekostig om agter te bly nie. Hierdie Leergemeenskap wil jou toerus om sinvol en strategies te dink oor jou gemeente se digitale teenwoordigheid, insluitend hoe jy kunsmatige intelligensie (AI) en digitale platforms kan gebruik om geloofslewens te verdiep en jou gemeenskap te bereik.
|
- Datum: 25 Junie 2025 vanaf 09:30 - 12:30
- Jy kan die opname kyk op ‘n tyd wat jou pas tussen 25 Junie om 09:30 en 2 Julie om 09:30, waarna dit nie meer beskikbaar sal wees nie.
- Toegang is gratis, maar registrasie is nodig om toegang tot die platform te kry. Registreer by hierdie skakel: https://www.ekerk.org/learning-community
- Die regstreekse Q&A sal plaasvind om 12:00 op 25 Junie. Skakel en besonderhede vir die regstreekse Learning Community sal per e-pos gestuur word naderer aan die datum.
In samewerking met Excelsus sal hierdie leergeleentheid VBO-punte toeken. Indien jy vir VBO-punte kwalifiseer, sal Excelsus dit ná afloop aan jou aanlyn profiel koppel. Registreer by hierdie skakel: https://www.ekerk.org/learning-community
|
|
|
|
|
Aanlyn VBO bied pastorale perspektiewe
Wanneer godsdiens lei tot verwonding eerder as heling
Dinsdag 16 September 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer
|
In hierdie kursus word daar gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is; en andersyds die gevaarkant van godsdiens - met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieperliggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in toksiese godsdienstige aktiwiteite. Die werklike pyn word nooit hanteer nie en deur middel van die stiptelike onderhouding van ’n magdom geestelike wette en reëls word daar eintlik net meer ‘pleisters’ en ‘verbande’ op ’n septiese wond geplaas. Die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing en misbruik impliseer waar mense uiterlik gelukkig voorkom, maar innerlik met ’n magdom van onverwerkte emosionele pyn worstel. In die lewensverhale van geestelike leiers wat ’n bydraende rol vervul tot die geestelike verwonding en misbruik (abuse) van lidmate en volgelinge, is daar gewoonlik ook onverwerkte emosionele pyn en trauma wat dikwels reeds gedurende hul kinderjare ’n aanvang geneem het. Daar word ten slotte ’n aantal praktiese riglyne uitgespel vir die pastorale begeleiding van geestelik verwonde persone met die oog op heling en restourasie.
Kursus oop vir almal: Geen toelatingsvereistes nie.
|
Datum: Dinsdag 16 September 2025 – sluit in sleutelnotas en tersaaklike dokumente.
|
Tyd: 09.00 – 13.00Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
|
Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 vir die handleiding plus R120 koerierkoste)
|
|
|
|
|
Vakature: NGK Elliot
Predikantspos vir drie jaar termyn
Sluitingsdatum: 25 Julie 2025.
|
Die NG Gemeente Elliot is ’n volhoubare plattelandse gemeente met 170 belydende en 40 dooplidmate. Die dorp is aan die skilderagtige voetheuwels van die suidelike Drakensberg geleë en word deur paaie van goeie gehalte bedien. Landbou (wol, vleis en saai) en toerisme is belangrike ekonomiese aktiwiteite.
|
Die predikant is ’n gelegitimeerde wat verantwoordelik is om oorhoofse geestelike leiding te neem en die take soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde uit te voer. Die doel is dat Jesus Christus toenemend in ons lewe en dié van ons gemeente gestalte aanneem. Klik hier om die posbekendstelling te lees.
|
|
|
|
|
Vakature: NGK Hofmeyr
Predikantspos vir minimum twee jaar
Hofmeyr is ’n plattelandse dorp in die Oos-Kaap met 115 belydende en 24 dooplidmate. Die dorp is 63 km vanaf Cradock en 45 km vanaf Steynsburg.
|
Die gemeente wag vir aansoeke van ’n afgetrede leraar. Die gemeente verwag van die leraar om geestelike leiding te neem. Hy moet goeie verhoudinge handhaaf en self ’n geloofwaardige dissipel van Jesus wees.
|
|
|
|
|
Verjaarsdae in Junie
Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Junie verjaar:
|
4 Junie – ds Cobus Fourie, NG Gemeente Port Elizabeth-Wes 5 Junie – ds Johann Ekkerd, NG Gemeente Graaff-Reinet 6 Junie – ds Lisa Schmidt (Diensleraar, Dordrecht) 11 Junie – ds Nico Lochner, NG Gemeente Uitenhage-Oos 15 Junie – ds Trunette de Jongh, NG Gemeente Uitenhage-De Mist 17 Junie – ds Carolien du Pisanie, NG Gemeente Parkheuwel 22 Junie – ds Niel Muller, NG Gemeente Aliwal-Noord 24 Junie – dr Kobus Bohnen, NG Gemeente Humansdorp 24 Junie – ds David Higgs, NG Gemeente Jeffreysbaai 24 Junie – ds Hessie Van Der Watt, NG Gemeente Jeffreysbaai 28 Junie – ds Marius Wolmarans (Port Elizabeth)
|
Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.
|
|
|
|
|
Leraars beskikbaar vir preekbeurte
(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)
|
Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:
|
Gqeberha (Port Elizabeth)
|
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
|
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
|
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
|
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
|
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
|
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com
|
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
|
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
|
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com
|
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
|
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Aflos (oral) vir korter of langer periodes
|
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
|
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com
|
Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za
|
|
|
|
|
Leraars beweeg
Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
|
|
|
|
|
|