Jaargang 23 - Nommer 21 - 27 Junie 2025
Beste leser,
TEKEN IN op Grens.Pos

In hierdie uitgawe:

  • Wat laat mense floreer?
  • "Openlike poging om die NG Kerk verdag te maak" - Algemene Sekretaris
  • Hoop: Op Gansbaai beveg gelowiges misdaad deur geestelike betrokkenheid
  • Leraars beweeg

'n Hele lewe wat goed is

Wat beteken 'n goeie lewe?

Sielkundiges en sosiale wetenskaplikes fokus deesdae op ’n uitkyk op menslike ervaring wat hulle “floreer” noem – ’n gevoel van welstand wat verder gaan as net geluk of sukses. Dit gaan oor jou hele lewe wat goed is – ook hoe jy met ander mense en jou gemeenskap omgaan. Maar hoe vaar Afrikane as dit by floreer kom?

Victor Counted is ’n sielkundige navorser wat in 40 Afrikalande navorsing gedoen het. Sy werk gee ’n nuwe kyk op wat dit beteken om goed te leef op hierdie kontinent. Sy bevindings wys dat die idee dat Afrika altyd “agter is” met ontwikkeling, te eenvoudig is – en dikwels verkeerd. Ons het hom gevra om meer te vertel.

Wat beteken dit om te floreer?
Floreer gaan oor meer as net ekonomiese groei of persoonlike geluk. Dit is ’n toestand waarin mens goed voel oor jou lewe én jou lewe werklik goed verloop. Dit sluit ook in hoe mense se waardes werk binne hulle gemeenskap.

Baie idees oor welstand kom uit ’n Westerse manier van dink, en fokus op die individu – hoe gelukkig of suksesvol iemand persoonlik is. Maar floreer kyk ook na hoe heel en vol iemand leef in verhouding tot sy of haar omgewing.

Dit sluit sosiale, geestelike en ekologiese aspekte in – met ander woorde, dit gaan nie net oor hoe jy voel nie, maar ook oor hoe jy leef: voluit, met betekenis, en in ’n gesonde verhouding met die wêreld om jou.

Die Global Flourishing Study meet menslike florering reg oor die wêreld in 22 lande onder meer as 200,000 deelnemers. Dit toon aan dat alle mense eintlik net dieselfde uit die lewe wil hê, en identifiseer die volgende aspekte:
  • Geluk en lewensbevrediging;
  • Geestes- en liggaamlike gesondheid;
  • Sin en doel in die lewe;
  • Karakter en deugde;
  • Nabye sosiale verhoudings;
  • Finansiële en materiële stabiliteit
Floreer in Afrika? Ja, inderdaad
Victor Counted is ’n sielkundige navorser wat in 40 Afrikalande navorsing gedoen het. Sy werk gee ’n nuwe kyk op wat dit beteken om goed te leef op hierdie kontinent. Sy bevindings wys dat die idee dat Afrika altyd “agter is” met ontwikkeling, te eenvoudig is – en dikwels verkeerd.

Hy bevind dat Afrika-bevolkings dikwels goed vaar ten opsigte van lewenssin, goeie karakter en sosiale verhoudings – ten spyte van ekonomiese swaarkry. Dit bied ’n belangrike teenvoeter vir Westerse aannames oor welstand.

Ons het hom gevra om meer te vertel. Klik hier om te verneem wat hy ontdek het oor mense op ons kontinent.

"Openlike verdagmakery van die NG Kerk"

Roetemerkers en Ongekaart - die feite

Dr Nioma Venter, algemene sekretaris van die Algemene Sinode, skryf op 26 Junie:

Daar is tans inligting in omloop wat wanvoorstellings bevat rakende twee publikasies van Bybel-Media, naamlik Roetemerkers en Ongekaart. Die mees onlangse is 'n brief deur Rheinier Nel van Bethulie, “Kategeseboek wys NG Kerk kies verkeerde roete” (Rapport, 15 Junie 2025).

Hierdie brief en ander soortgelyke skrywes wat tans versprei word, is ’n openlike poging om die NG Kerk verdag te maak en lidmate en die leserspubliek te mislei. Dit was ook die rede waarom die voorsitter van die ASM, ds Jan Lubbe, direk op hierdie beweringe en verdagmaking van die NG Kerk in die Rapport van 22 Junie 2025 gereageer het.

Gemeentes verdien om feitelik ingelig te wees oor hierdie publikasies, vry van onduidelikheid wat die waarde van sulke hulpmiddele ondermyn.

Klik hier om haar volledige skrywe - wat die feite uiteensit - te lees.

Geestelike misdaadvoorkoming

Kerk en gemeenskap vat hande op Gansbaai

In ’n gemeenskap waar misdaad, stukkende gesinne en sosiale uitdagings deel is van die daaglikse werklikheid, kies ’n groep geloofsleiers, SAPD-lede en gemeenskapsfigure om anders te reageer. Hulle antwoord op geweld en verval? Geestelike betrokkenheid.

Hierdie video bied 'n kykie op 'n beweging in Gansbaai waar polisie en kerke hande vat, waar Bybels in tronke beland, en waar waardes soos respek, menswaardigheid en integriteit nuwe lewe gee aan hoopvolle dade.

Met eerlike getuienisse van mense op die voorgrond van verandering – van SAPD-beamptes tot predikante – wys hierdie video hoe misdaadvoorkoming nie net by wetstoepassing begin nie, maar by die hart van ’n gemeenskap.

Kyk ook na hierdie pragtige foto's wat die projek toelig.

Preekreeks vir Koninkrykstyd

Die Taakspan Miga 6 vers 8: vir Versoening en Geregtigheid wil plaaslike gemeentes ondersteun in die uitleef van ons roeping tot versoening en geregtigheid in Suid-Afrika.

Om hierdie proses te dien, het die taakspan materiaal ontwikkel om as dissipels van Christus in 2025 oor versoening en geregtigheid te praat en te leef. Die benadering bestaan uit sewe slagspreuke en 'n preekreeks wat die slagspreuke ondersteun.

Preekreeks:
1. Geseënd is die vredemakers – Matteus 5:9 en Johannes 4:1–26
2. Een in Christus – Psalm 122
3. Nie slagoffers nie – 2 Korintiërs 4
4. Hard oor onreg, sag met mekaar – Nehemia 5:1–19
5. Let’s take hands – 1 Korintiërs 12:12–31
6. Hoop bo vrees – 2 Samuel 9:1–13
7. Ons suffers saam – Lukas 10:25–37

Die hele reeks met ondersteunende materiaal kan hier afgelaai word.

Sendeling uit Pakistan: Datums en tye

Dr Aneel Yousuf tree in die Baai op

Dr Aneel Yousuf is verbonde aan die Kingdom Bible College is Pakistan. Hulle is besig om studente op te lei en toe te rus vir dienswerk in die Koninkryk is Pakistan. Hy het onder andere van sy studies voltooi by die Teologiese Fakulteit van die NG Kerk in Bloemfontein.

Optredes in Uitenhage en Gqeberha:
Dr Yousuf tree by drie geleenthede in die Baai op waarheen almal uitgenooi word:
1. Sondagoggend 6 Julie tree Dr Aneel Yousaf van Pakistan op by Uitenhage-Oos gemeentes n erediens waar al die Gemeentes in Uitenhage, Despatch en omgewing bymekaar kom.
2. Woensdag 9 Julie om 18:00 in die NG Gemeente Nooitgedacht in Van der Stelstraat, Kabegapark waarheen almal in die omgewing van Port Elizabeth uitgenooi word.
3. Donderdag 10 Julie om 10:00 in die NG Gemeente Parkheuwel in Poplarlaan waar almal in PE en omgewing uitgenooi word om saam te kom.
Enige gemeente of organisasie wat kan help...
* met verblyf vir Aneel en sy gesin (6 mense) vir die aande van 6,7 en 10 Julie.
* ...vir Aneel wil nooi en ontmoet vir groepsbesoek tussen 4 en 10 Julie...kan met die volgende leraars skakel: Carel vd Merwe (0828217600), of Danie de Jongh (0761020662) of Trunette de Jongh ( 0785382531) of Carolien du Pisanie (0674095590).

Rol saam vir (en van) pret

Hier is meer inligting oor die Hoogland Tenpin Bowling-uitdaging
In vandag se wêreld speel aanlyn ruimtes en tegnologie ’n al hoe groter rol in hoe ons as kerk teenwoordig is, stories vertel en mense bereik. Hierdie webinaar help jou hoe om dit eenvoudig, sinvol en met selfvertroue te doen.

Wat bied die werkswinkel?
Deel 1: Sosiale media as uitbreiding van jou bediening
Leer hoe sosiale media ’n tweede preekstoel kan word waardeur die gemeente mense kan bereik.
Deel 2: Kunsmatige Intelligensie (AI) as hulpmiddel in die kerkkantoor
Ontdek hoe AI jou daaglikse take makliker en vinniger kan maak, sonder om die hart van bediening te verloor.

Klik hier om te registreer.

Kursus in Brugbediening - Pretoria

Die weggaan van 'n predikant laat dikwels 'n gemeente in 'n tyd van onsekerheid agter. Die toekoms is onduidelik totdat 'n nuwe permanente bedienaar aangestel word. Hierdie oorgangstydperk kan uitdagend wees – en selfs traumaties vir sommige gemeentes.

Ons nooi jou graag uit na 'n spesialis-kursus in Brugbediening. Hierdie kursus is gemik op predikante wat reeds goed toegerus is, en wil help om gemeentes doelgerig en met pastorale wysheid deur hierdie oorgang te begelei. Brugbediening, ook bekend as interim bediening, is 'n waardevolle roeping waarin jy die gemeente kan help om vorentoe te beweeg – met hoop, genesing en visie vir hul nuwe seisoen.

Kursusbesonderhede:
DATUMS:
Week 1: 28–31 Julie 2025
Week 2: 10–13 November 2025
PLEK: NG Kerk, Stellastraat, Pretoria / DRC Stella Street, Pretoria
KURSUSKOSTE: R3 100 (BTW ingesluit)
VBO Krediete: 70
KURSUSLEIER: Prof Malan Nel
DOSENTE: Malan Nel, Roelf Opperman, Hannes J van Rensburg, Stephan de Beer en nog 6 ander kundiges
Kontakbesonderhede:
Kontakpersoon: Irene Thomas
Telefoon: 012 420 4952
E-pos: irene.thomas@up.ac.za

Aanlyn VBO bied pastorale perspektiewe

Wanneer godsdiens lei tot verwonding eerder as heling

Dinsdag 16 September 2025 – Zoom aanbieding - Prof Wentzel Coetzer

In hierdie kursus word daar gefokus op die oënskynlike paradoks van godsdiens wat enersyds binne sekere kontekste ‘n helende en bevrydende rol kan vervul, veral wanneer dit op gebalanseerde en gesonde wyse beoefen word en waar die motief daaragter suiwer en opreg is; en andersyds die gevaarkant van godsdiens - met ‘gevaar’ word in hierdie konteks dan bedoel dat daar dieperliggende onverwerkte emosionele pyn aanwesig mag wees wat uiteindelik as dryfveer kan dien tot ontvlugting in toksiese godsdienstige aktiwiteite. Die werklike pyn word nooit hanteer nie en deur middel van die stiptelike onderhouding van ’n magdom geestelike wette en reëls word daar eintlik net meer ‘pleisters’ en ‘verbande’ op ’n septiese wond geplaas. Die finale resultaat van so ’n proses kan dan godsdienstige verslawing en misbruik impliseer waar mense uiterlik gelukkig voorkom, maar innerlik met ’n magdom van onverwerkte emosionele pyn worstel. In die lewensverhale van geestelike leiers wat ’n bydraende rol vervul tot die geestelike verwonding en misbruik (abuse) van lidmate en volgelinge, is daar gewoonlik ook onverwerkte emosionele pyn en trauma wat dikwels reeds gedurende hul kinderjare ’n aanvang geneem het.
Daar word ten slotte ’n aantal praktiese riglyne uitgespel vir die pastorale begeleiding van geestelik verwonde persone met die oog op heling en restourasie.

Kursus oop vir almal: Geen toelatingsvereistes nie.
Datum: Dinsdag 16 September 2025 – sluit in sleutelnotas en tersaaklike dokumente.
Tyd: 09.00 – 13.00Akkreditering: 5x VBO punte – CPSC punte – ook AFM PCD akkreditasie
Koste: R275 pp
Handboek te koop (opsioneel): R370 (R250 vir die handleiding plus R120 koerierkoste)

Klik hier om in te skryf

Vakature: NGK Elliot

Predikantspos vir drie jaar termyn

Sluitingsdatum: 25 Julie 2025.

Die NG Gemeente Elliot is ’n volhoubare plattelandse gemeente met 170 belydende en 40 dooplidmate. Die dorp is aan die skilderagtige voetheuwels van die suidelike Drakensberg geleë en word deur paaie van goeie gehalte bedien. Landbou (wol, vleis en saai) en toerisme is belangrike ekonomiese aktiwiteite.

Die predikant is ’n gelegitimeerde wat verantwoordelik is om oorhoofse geestelike leiding te neem en die take soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde uit te voer. Die doel is dat Jesus Christus toenemend in ons lewe en dié van ons gemeente gestalte aanneem. Klik hier om die posbekendstelling te lees.

Vakature: NGK Hofmeyr

Predikantspos vir minimum twee jaar

Hofmeyr is ’n plattelandse dorp in die Oos-Kaap met 115 belydende en 24 dooplidmate. Die dorp is 63 km vanaf Cradock en 45 km vanaf Steynsburg.

Die gemeente wag vir aansoeke van ’n afgetrede leraar. Die gemeente verwag van die leraar om geestelike leiding te neem. Hy moet goeie verhoudinge handhaaf en self ’n geloofwaardige dissipel van Jesus wees.

Die sluitingsdatum is 30 Julie 2025. Lees die posbekendstelling.

Verjaarsdae in Julie

Baie geluk aan die volgende predikante en diensleraars wat in Julie verjaar:

28 Junie – ds Marius Wolmarans (Welbedacht Rehabilitasiesentrum)
1 Julie – dr Dewald Davel, NG Gemeente Sterkstroom
6 Julie – ds Robert-John de Kock, NG Gemeente Port Elizabeth-Nooitgedacht
19 Julie – ds Jan de Bruin, NG Gemeente Port Elizabeth-Noord
24 Julie – ds Johan (Joe) Janse van Rensburg, NG Gemeente Jeffreysbaai
30 Julie – ds Strauss Joubert, NG Gemeente Murraysburg

Indien ons 'n verjaarsdag miskyk, laat ons asb weet. Ons stel dit graag reg.

Leraars beskikbaar vir preekbeurte

(Hierdie is 'n dinamiese lys wat voortdurend aangepas word)

Die volgende predikante en diensleraars (meestal deeltydse leraars en/of emeriti) is beskikbaar om aflospreekbeurte waar te neem:

Gqeberha (Port Elizabeth)
Coetzee, ds Jan - 072 320 2844
Crous, ds Armand - 082 659 2616, armandcrous@gmail.com
Lötter, ds André - 084 371 3882, dslotter1@gmail.com
Oliphant, dr Anton - 084 516 7109
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, dr Carel - 082 821 7600, clvdm1@gmail.com
Van Rooyen, ds Johan - 082 564 6764
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Weyers, prop Chris - 081 270 4240, cjweyers1203@gmail.com
Wiid, dr Willem - 071 866 0771, wiidwillem@gmail.com

Jeffreysbaai en omgewing
Kampman, ds Jan - 082 657 2375
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van der Merwe, ds Jos - 082 923 3167
Van Niekerk, ds Komatie - 082 455 0359
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Van Wyk, ds Johan - 082 536 2068
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Kariega (Uitenhage)
Stümke, ds Christo - 073 462 1660
Swart, ds Sas - 082 552 3175, sas.swart1948@gmail.com
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Vosloo, ds Johan - 083 320 8427, jvosloo51@gmail.com

Port Alfred en omgewing
Barnard, ds Hein - 083 456 0853, heinbarnard@lantic.net (ook beskikbaar vir Oos-Londen)
Van Velden, ds Enslin - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com

Aflos (oral) vir korter of langer periodes
Ds Enslin van Velden - 083 955 7327, enslin.vanvelden@gmail.com
Ds Pieter van Zyl - 073 225 8466, vanpzyl@gmail.com

Predikante wat graag op bogenoemde lys geplaas wil word, kan 'n e-pos met hul besonderhede stuur aan danie@ngkok.co.za

Leraars beweeg

Ds Strauss Joubert is op 22 Junie 2025 te NGK Murraysburg bevestig. Ds Clifford James het die bevestiging waargeneem.

Prop Conrad Pienaar word op 6 Julie 2025 deur ds Gerhard Loubser by die NGK Newtonpark bevestig.

Kerkkantore word herinner om die Direkteur Sinode in kennis te stel oor die beweging van leraars. Hier is meer inligting hoe amptelike kennisgewings werk wanneer leraars beweeg.
facebook twitter