Admin vir kerkkantore
Inligting van belang vir kerkkantore word alfabeties hieronder gelys. Klik op die toepaslike skakel om die dokumente oop te maak:
Argief – Tydperke van Bewaring
Hoe lank moet dokumente deur gemeentes, ringe en sinodes bewaar word? Hier is ‘n gids, ooreenkomstig die wetgewing wat van toepassing is.
A tot Z-Beleid vir die versorging van Predikante
- Die verantwoordelikheid van die leraar self, die kerkraad, ring, sinode en algemene sinode t.o.v. predikante-versorging word uitgespel in die A tot Z-Beleid vir Bedieningsvreugde van die NG Kerk
Bestuursgids van die NG Kerk
- Bestuursgids (met inligting vir Kommissie vir Diensverhoudinge)
- Voorbeeld van ‘n beroepsbrief en dienskontrak (onbepaalde termyn) in MS Word (aflaaibaar vir voltooiing op u rekenaar).
- Voorbeeld van ‘n beroepsbrief en dienskontrak (bepaalde termyn) in MS Word (aflaaibaar vir voltooiing op u rekenaar).
- Nog ‘n voorbeeld van ‘n beroepsbrief (uittreksel uit die Bestuursgids).
- Sien ook die opskrifte “Beroepsbriewe” en “Dienskontrakte” elders op hierdie blad.
Berekening van Belasting 2022-23
- Jaar 2022-23 – Inligting en gegewens t.o.v. Belastingjaar 2022-23
- Jaar 2022-23 – Volgorde van LBS-berekeninge
- Jaar 2022-23 – Uitwerkhulp Predikant – Salaris
- Jaar 2022-23 – Uitwerkhulp Predikant – Pakket
Beroepsbriewe vir leraars
Wanneer ‘n leraar beroep word, word ‘n beroepsbrief afgestuur. Ons beveel aan dat hierdie beroepsbrief ook die dienskontrak insluit, sodat die kontraktering afgehandel is wanneer die leraar die beroep aanvaar. Hier is twee voorbeelde:
- Voorbeeld van ‘n beroepsbrief en dienskontrak (onbepaalde termyn) in MS Word (aflaaibaar vir voltooiing op u rekenaar). Dit kan aangepas word vir deeltydse onbepaalde temynposte.
- Voorbeeld van ‘n beroepsbrief en dienskontrak (bepaalde termyn) in MS Word (aflaaibaar vir voltooiing op u rekenaar).
Covid-19
Klik op hierdie skakel vir meer inligting, onder andere alle omsendbriewe uit die sinodale kantoor aan gemeentes oor Covid-19 en bediening.
Dienskontrakte vir leraars
Vergelyk ook die paragraaf oor beroepsbriewe hierbo.
Hier is voorbeelde van dienskontrakte vir leraars:
- Voltydse permanente predikantspos (onbepaalde termyn)
- Deeltydse permanente predikantspos (onbepaalde termyn) – voorheen tentmakerposte genoem
- Vaste termyn kontrakpos (bepaalde termyn, kan voltyds of deeltyds wees)
- Tentmakers: die definisie van ‘n tentmaker is in 2019 deur die Algemene Sinode gewysig – dit is nou ‘n vrywillige predikantspos sonder diensvoordele of enige kompensasie. Verwys Reglement 16 van die 2020-kerkorde.
Inbetalings in die Sinode se Bankrekening
- Voltooi en stuur die vorm vir kennisgewing van betaling aan die sinodale kantoor (sinode@ngkok.co.za) wanneer u ‘n inbetaling doen – PDF | MS-Word
Kerkorde NG Kerk in Oos-Kaapland
- Jongste geldende uitgawe van die Kerkorde vir Oos-Kaapland (2022)
Konstitusie van NG Gemeentes en Ringe
Banke of ander instansie wil dikwels die konstitusie van gemeentes of ringe bekom. Soms dring instansies op die hele Kerkorde aan, maar gewoonlik is hulle tevrede met die volgende uittreksel uit die Reglement Reëling van Goedere, Eiendomme en Fondse in die Kerkorde. Hier is die gepaste uittreksel (vul telkens die gemeente of ring se naam in en dien by die bank in):
- Konstitusie van ‘n NG Gemeente
- Konstitusie van ‘n NG Ring
- Constitution of a DR Congregation (Nie-amptelike vertaling vir ‘n noodgeval)
Koronavirus
Klik op hierdie skakel vir meer inligting, onder andere alle omsendbriewe uit die sinodale kantoor aan gemeentes oor die koronavirus en bediening.
Opleiding vir Kerkkantore
- Enkele riglyne vir kerkkantore
- Handleiding vir Kerkkantore (praktiese gids) – deur ds Mossie Mostert van Noord-Kaapland. Sekere gedeeltes is nie van toepassing op Oos-Kaapland nie, bv spesifieke Noord-Kaaplandse vorms, maar dit gee goeie agtergrond.
- Kantooretiket vir kerkkantore
- Riglyne vir die skryf van ‘n Notule (NG Kerk in Wes-Kaapland) – sien ook Reglement 1, Oos-Kaapland, bl 69 Kerkorde Oos-Kaapland 2017
Ouderlinge wat eredienste lei : Beleid
Baie gemeentes maak gebruik van ouderlinge wat opgelei is om eredienste te lei en die Woord te bedien.
Hierdie ouderlinge moet
- die voorgeskrewe sinodale opleiding deurloop,
- deur die kerkraad vir hierdie doel in die ouderlingamp bevestig wees, en
- hul toelating moet deur die Ring goedgekeur word.
Hier is die sinodale beleidsdokument.
POPI-Act: Handleiding oor die Wet op die beskerming van persoonlike inligting
26 Junie 2021: Hier is ‘n voorbeeld van ‘n vorm om bestaande lidmate se toestemming om hul data te stoor. Hier is voorbeeld 1 en voorbeeld 2 van ‘n gemeentelike inligtingsbeleid.
19 Mei 2021: Laai die Handleiding (opgedateer, weergawe 2) af in PDF of MS Word-formaat.
19 Mei 2021: Gemeentes moet nou ‘n inligtingsbeampte by die Inligtingsreguleerder registreer. Die registrasieproses is eers van 18 Mei 2021 beskikbaar, hoewel voorheen voorgeskryf is dit moet voor 31 Maart 2021 gebeur.
Klik hier om meer oor die Popi-wet te lees.
Predikante, Diensleraars en Jeugwerkers: Traktementskale, Sinodale Riglyne
- Jaar 2022-23 (wagwoord benodig – legitieme gebruikers vra aan by sinodale kantoor)
- Jaar 2021-22
Predikante: Pensioenfonds
- Jaar 2022-23 – Bydraes en verpligtinge
- Jaar 2021-22 – Bydraes en verpligtinge
Sinodale Dankoffers
Sinodale Kollektes
Vergoeding vir gemeentepersoneel (riglyne)
Hierdie is nie-bindende riglyne wat gebaseer word op navorsingsresultate wat van die Wes-Kaapse Sinode aangekoop word, maar wat tog dien as breë riglyn vir kerkrade:
- Jaar 2022-23 (Status: Riglyne vir illustratiewe doeleindes)
- Jaar 2021-22 (Status: Riglyne vir illustratiewe doeleindes)
Vorm A en B
KEERDATUM vir die indiening van Vorm A en B by die sinodale kantoor: jaarliks teen 31 Julie.
- Vorm A (Gemeentelike verslagvorm, volledige instruksies op die vorm self) –
> Regsklik op die skakel hiernaas en kies “Save link as…”: MS Word | PDF - Vorm B (Geouditeerde verslag oor gemeentelike finansies, word jaarliks deur die ouditeur voltooi en onderteken, ook deur kerkraad goedgekeur.)
> Regsklik op die skakel hiernaas en kies “Save link as…”: Excel | MS Word | PDF
Zoom – Handleidings
- Handleiding vir die installasie van Zoom op jou rekenaar, selfoon of tablet en vir die registrasie van jou gratis Zoom-rekening
- Handleiding vir die gebruik van Zoom – beste praktyke tydens Zoom-gesprekke.