Afskeid van Oos-Kaaplandse aktuarius, ds Deon Oelofse

do-afskeid3

Dagbestuurslede van die Sinodale Kommissie, asook lede van die Regskommissie, het op 18 Julie 2016 afskeid geneem van ds Deon Oelofse. Hy was vir die afgelope 4 jaar die Oos-Kaaplandse aktuarius (kerkregadviseur). Ds Oelofse het ‘n beroep na Skotland aanvaar, waar hy in Kinlochbervie en Darness gaan werk. Ons beste wense en seënbede vergesel die gesin, wat aan die begin van Augustus na Skotland vertrek.

V.l.n.r.: Tommie van der Mescht, deskundige lid finansies; Chantall Vermaak, persoonlike assistent direkteur sinode, Jasper Louw, assessor; Deon Oelofse, aktuarius; Matie van Niekerk, voorsitter regskommissie; Chris van Wyk, moderator; Hansie Schutte, moderatuurslid; Wiekus van Straaten, skriba regskommissie; en Danie Mouton, direkteur sinode.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.

Leave a Reply