
Bevorder vaderskap met Fathers Matter
Verantwoordelike, teenwoordige, empatiese vaders kan baie bydra tot die genesing van soveel probleme in die Suid-Afrikaanse samelewing. “Gemeentes is unie geplaas om vaderskap te bevorder,” sê Seth Naicker tydens sy bekendstelling van Fathers Matter in die week van 19 April aan gemeenteleiers in Sinode Oos-Kaap.
“Die rol wat ons kulture aan vaderskap toeken is dikwels nie gesond nie,” sê Naicker met verwysing na navorsing wat Heartlines, ontwerpers van Fathers Matter, oor die onderwerp gedoen het.
Al vier Naicker se aanbiedings tydens vier aanlyn-pabderade is op Sinode Oos-Kaap se Youtube kanaal beskikbaar:
Al vier Naicker se aanbiedings is op die Sinode se Youtube-kanaal beskikbaar – klik hier om die ander te besigtig.
Heartlines het ook ‘n aangrypende promo-video oor vaderskap beskikbaar: