Nuus
Bid vir Myanmar

Bid vir Myanmar

Vyf mense, onder andere ‘n 19-jarige vrou is dood en honderde aangehou in uitgebreide protesaksie in Myanmar na afloop van ‘n militêre staatsgreep.

Die staatsgreep volg op ‘n algemene verkiesing waarin Aung San Suu Kyi en haar NLD party weereens as leier verkies is. Die weermag het die opposisie ondersteun en eis dat die verkiesing herhaal word as gevolg van bewerings van bedrog. Op 1 Februarie 2021 het gewapende magte die regering oorval en die land se verkose leier, Aung San Suu Kyi, asook talle ander van haar party in hegtenis geneem.

Sedert die gebeurtenis is die weermag in beheer en is die gesag in die hande van die opperbevelhebber, Min Aung Hlaing. Min Aung Hlaing word internasionaal veroordeel vir sy beweerde rol in die militêre aanvalle teen etniese minderhede, veral die voortdurende vervolging en volksmoord van die Rohingya.

Die land se burgers het reageer met massa protesaksie en boikotte met die eise dat Aung San Suu Kyi vrygelaat word, die verkiesing erken word, en demokrasie herstel word. Betogings word begroet met erge weerstand van die weermag. Lewendige ammunisie word teen skares ingespan. Internetverkeer word geblokkeer, sodat sosiale media nie teen die onregmatige regering ingespan kan word nie. Verdere protes en publisiteit word gevolglik verhoed.

Lees meer oor die staatsgreep hier

Lees meer oor die Rohingya volksmoord hier

Christene het die verantwoordelikheid om vir situasies en lyding soos hierdie te bid.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.