Biddag vir Onderwys : 12 Februarie 2017

Die Biddag vir Onderwys val vanjaar op 12 Februarie. Skole het die ondersteuning van gemeentes broodnodig. Die NG Kerk het ‘n kosbare geskiedenis van betrokkenheid by die onderwys. Gemeentes word gevra om tydens eredienste op 12 Februarie aandag te gee aan die belangrike saak. Sake waarvoor voorbidding gedoen kan word is:

  • Die minister van Onderwys en plaaslike onderwys-strukture
  • Dankbaarheid vir uitstekende skoolhoofde, onderwysers, dosente, ouers en leerders
  • Plaaslike skole, skoolhoofde, beheerliggame, onderwysers en leerders
  • Die rol wat organisasies soos die SAOU en FEDSAS speel om gehalte onderwys te verseker
  • Kalmte en veilige omstandighede op Universiteite en Technikons vir student om te studeer
  • Die saak waarin ses skole oor hul godsdiensbeleid deur die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) voor die hof gedaag word, wat van 15 tot 17 Mei in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word. Die Federasie vir Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) verteenwoordig die ses skole in die saak. Die NG Kerk is as vriend van die hof by die saak betrokke.

Klik hier om ‘n gebed vir opvoeders as te laai.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.

Leave a Reply