Biddag vir Reën : 2 Oktober

biddagDie Moderamen van die Algemene Sinode versoek gemeentes om op Sondag 2 Oktober, tydens eredienste, voorbidding te doen vir reën. Groot dele van ons land is vasgevang in ‘n knellende droogte wat mens en dier raak.

Die ergste droogte in 112 jaar veroorsaak geweldige uitdagings oor ‘n wye spektrum. Voedselsekuriteit, die skuldlas van kommersiële en opkomende boere en die las op die finansies van gewone burgers wek groot kommer. Berekeninge toon aan dat basiese voedselpryse 35 persent duurder is as ‘n jaar gelede. Selfs voor die droogte het veertien miljoen van ons land se inwoners honger gaan slaap. Dié persentasie kan byna verdubbel sou die droogte voortduur. Dit gaan nie net om mens en dier binne ons eie konteks nie. Suid-Afrika is ook die graanskuur vir Botswana, Namibië, Swaziland, Lesotho, Zimbabwe en, Mosambiek.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.

Leave a Reply