NUUS

#LeerVersoen – “Voorbidding is protes”

Kyk gerus na die volgende video in die reeks #LeerVersoen aanlyngesprekke – ‘n Inisiatief van die NG Kerk se Algemene Sinode Taakspan vir Versoening en Identiteit. In hierdie video gesels ds. Rudi Swanepoel en dr. Marinda van Niekerk met professor Klippies Kritzinger.

Wat leer ons in hierdie tyd oor ras en versoening?

Die naskok oor verlede week se onrus, stroping en oproer in KwaZulu Natal duur voort. Maar wat leer ons in ‘n tyd soos hierdie spesifiek oor ras en versoening? Die Algemene Sinode se Taakspan vir Versoening en Identiteit het hieroor gesprek met kundiges en betrokkenes gevoer.