Nuus
Boeke om kinders met verlies en angstigheid te help

Boeke om kinders met verlies en angstigheid te help

“Bybel-Media se nuutste reeks kinderboeke is spesiaal geskryf om alle kinders, jonk en oud, met die moeilike situasies van die lewe te help.

Die eerste twee boeke het so pas verskyn.  Die klip in Lisa se borskas is spesiaal ontwikkel om kinders te help om verlies te verwerk. Ben en die drakie gesels met kinders oor angstigheid en sal hulle help om dit te hanteer.”

Die klip in Lisa se borskas

PRYS: R99.00

Baie van ons ken daardie hartseer wat so intens is dat dit soos ’n klip in jou borskas voel. Die meeste van ons weet egter nie hoe om dit te verwerk nie. Kinders weet nog minder hoe om trauma en verlies te hanteer.

Daarom is Siegfried Louw, predikant en spelterapeut, se boek Die klip in Lisa se borskas meer as net ’n oulike storie. Dit nooi kinders (jonk en oud) om oor verlies te dink, daaroor te praat en dit uiteindelik te verwerk. Lisa se storie word in eenvoudige taal vertel, maar dit het verbasend baie diepte, soos ’n mens sou verwag van ’n boek wat oor so ’n omvangryke onderwerp gaan

Koop hier

Ben en die drakie

Ben se storie herinner jou aan hoe wonderlik jy gemaak is.

PRYS: R99.00

Ben se storie help jou ook om ’n paar dinge oor angstigheid te leer sodat jy iets daaraan kan doen.

• Jou lyf reageer op angstigheid. Dit voel asof jy beheer verloor. Maar jy hoef nie so te voel nie.

• Jy wil graag van die angstigheid ontslae raak. Maar angstigheid is baie nodig om jouself te kan beskerm. Moet dit daarom nie wegwens nie.

• Wanneer dit voel of die angstigheid te veel of onnodig sterk in jou lewe is, kan jy jouself leer hoe om minder angstig te voel.

• Leer saam met Ben hoe om jouself te anker sodat jou drakie ’n plek sal hê om tot rus te kom.

Koop hier

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.