Nuus
Daar is meer: die wetenskap het nie monopolie op betroubare kennis

Daar is meer: die wetenskap het nie monopolie op betroubare kennis

Ek is nog nie by die punt waar ek van God afskeid kan of wil neem nie
In ‘n onlangse rubriek vir Netwerk24 skryf prof Anton van Niekerk in reaksie op dr Ben du Toit se nuwe boek (God – is daar ‘n ander antwoord?) dat hy – anders as Du Toit – nog nie by die punt is om van God afskeid te neem nie.
In sy boek speel Du Toit met God klaar, skryf Van Niekerk. “Wat oorbly, is ‘n mens met ‘n brein, iemand wat self al sy vrae kan beantwoord, iemand wat sy bevryding van God beleef as die oopsluit van ‘n plaashek en die betreding van ‘n gans nuwe, bevryde wêreld.”

Self kan of wil hy nie van God afskeid neem nie, sê Van Niekerk. Geloof is ‘n integrerende deel van sy menswees en hy kon nog nooit oortuig word dat ál wat ons kan weet, in die wetenskap opgesluit lê nie. Hoe groot die vrug van wetenskaplike ontwikkeling ook al is, het die wetenskap nie ‘n monopolie op betroubare kennis nie. Alles wat oor ons as mense gesê kan word, is ook nie in die wetenskap opgesluit nie.

As natuurlike soekers na sin vra ons na meer as waarop die wetenskap antwoorde kan bied. Ons het eksistensiële kennis, kennis van die hart. nodig. Lees verder.
Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.