Nuus
Die Menslike Biblioteek, ‘n manier om die ander te ontdek

Die Menslike Biblioteek, ‘n manier om die ander te ontdek

“The Human Library” is ‘n biblioteek, maar nie van boeke nie. Die “boeke” is regte mense. In hierdie menslike biblioteek kan jy ‘n regte mens “uitleen”, wat beteken jy luister in so 30 minute na hulle verhaal. Elke menslike boek het ‘n titel, soos “werkloos”, “vlugteling”, “bipolêr”, “verslaafde”, wat ook al die geval mag wees.

Sodra jy hierdie boek uitneem en na die persoon se verhaal luister, ontdek jy talle dieper redes waarom ‘n mens nooit ‘n boek op sy buiteblad moet takseer nie. Die punt is natuurlik om vooroordeel te beperk. Die leuse is “unjudge someone”.

Die werklikheid is dat elke mens deur ander met vooroordeel bekyk word. Jy is vir sommige ‘n “boer” of ‘n “settler”; ander mense word weer as ‘n “tsotsi”, ‘n “oupatjie” of ‘n “kortbroek” gesien. Die afbreek van vooroordeel is in almal se belang. Dit help ons ontdek hoe ons almal eintlik dieselfde nastreef, oor dieselfde besorg is, en afhanklik is van die ondersteuning van ander.

Hierdie wonderlike projek bestaan reeds in meer as 50 lande, ook in Suid-Afrika. Besoek gerus https://humanlibrary.org/ en https://humanlibrary.org/tag/south-africa/ waar jy die “boek van die maand” kan lees.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.