Nuus
Doleer: “Hoe ver kan die onsuiwerheid van ‘n kerk gaan, en sy tóg ware Kerk van Christus bly?”

Doleer: “Hoe ver kan die onsuiwerheid van ‘n kerk gaan, en sy tóg ware Kerk van Christus bly?”

Vir die huidige situasie waarin die NG Kerk haar met dolerende gemeentes bevind, mag dit help om na die historiese wortels van dié beweging te gaan kyk, sê ds Jan Lubbe vandeesweek by die Lentekonferensie van Excelsus.

Geskiedenis is altyd ’n lekker bron om na terug te gaan, sê Lubbe ter inleiding van sy voordrag, getiteld “Hoe ver kan die onsuiwerheid van die kerk gaan en sy tog ware kerk van Christus bly?” Dié titel is ontleen aan die “gewigtige woorde” van die teoloog Herman Bavinck as rektor van die Teologiese Skool in Kampen, Nederland in Desember 1888, 135 jaar gelede.

Lubbe wys uit hoe Bavinck waarsku teen geestelike hoogmoed, die trek van ‘n streep deur ander oortuigings dan my eie en ‘n argelose verskeuring van die kerk.

Lees gerus hoe Kerkbode hieroor berig, en kyk na Lubbe se voordrag.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.