Nuus
Donasies uit Oos-Kaap seën vir Oekraïne

Donasies uit Oos-Kaap seën vir Oekraïne

Die saamgestelde foto hierbo is op 25/26 Mei geneem en toon die Russiese aanvalle op die Kryvyi-distrik en die Dnipropetrovsk-streek van Oekraïne.

Keith Daniel, die pastor wat die finansiële hulp uit Sinode Oos-Kaapland in Oekraïne koördineer, vertel hoe die aanvalle meer intens word en na ander dele van die land begin versprei. Plaaslike gemeentes is baie dankbaar vir die meer as R160,000 wat reeds uit die Oos-Kaap ontvang is.

Die finansiële hulp word hoofsaaklik vir noodvoeding en ook die koste van die verwydering van burgerlikes uit spersones gebruik. In die Donbasstreek is 40 predikante en pastore van gemeentes en die grootste deel van hul gemeentes reeds verwyder en dus weg uit die omgewing. Die meeste van gelowiges wat verkies om agter te bly, is bejaardes. Hulle bly in bomskuilings of in die kelderverdiepings van hul woonstelblokke.

Op 20 Mei skryf Keith: “Friends thank God we have money for another evacuation. This time a town called Maryinka is added. The situation is very bad now. Relatives phone Igor, and ask to please get their elderly relatives out. Some are bedridden and the people sit in shelters, and basements. Russians fire on these places with all sorts of missiles, and shelling constantly. Thank you for prayers. Please pray for this trip. Team leaves Sunday.”

Hier is ‘n foto van verswakte bejaardes wat uit bedreigde gebiede verwyder word:

Hierdie foto’s vertel die tragiese verhaal van die ongelooflike skade wat aangerig word:

Donasies uit Oos-Kaap seën vir Oekraïne
Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.