Nuus
Dr Angelique Coetzee en prof Malan Nel: Wat moet jy oor die behandeling van Covid-19 weet?  Wat gee my hoop?

Dr Angelique Coetzee en prof Malan Nel: Wat moet jy oor die behandeling van Covid-19 weet? Wat gee my hoop?

Dr Angelique Coetzee van die SA Mediese Vereniging gesels prakties met die Noordelike Sinode oor Covid-19: hoe toetsing werk, wat jy van behandeling moet weet, hoe inenting werk. Ons kan baie hierby leer.

Neem ‘n uur en spandeer tyd met ‘n insiggewende en bemoedigende video.

Die eerste deel is ‘n opname van ‘n gesprek wat dr Angelique Coetzee van die SA Mediese Vereniging op 7 Julie 2021 met die leierskap van die Noordelike Sinode gevoer het. In hierdie gesprek gee sy baie praktiese inligting oor die oordrag van die Covid-virus, wat om te doen as jy Covid het, wanneer jy aansteeklik is, en hoe jy jou behandeling moet hanteer, Sy vertel ook wat die kerk kan doen.

Oor die kerk se rol in Covid-tyd het sy gesê mense kan nie afskeid neem van siekes nie. Die kerk kan die gesig van menslikheid wees wat help met afskeid neem, begeleiding van die familie en versorging van die armoede wat ontstaan omdat mense hul werk verloor.

Die kerk kan ook help dat mense waaksaam by begrafnisse is.

Na afloop van die gesprek met dr Coetzee word insette (vanaf minuut 42) oor die vraag “Het jy hoop?” gemaak. Dit is ‘n gesprek regtig uit die hart.

Die gesprek sluit met ‘n inset van prof Malan af. Prof Nel verduidelik wat hom hoop gee, of soos hy dit stel: “Wat hou my vlammetjie in hierdie tyd aan die brand?”

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.