Nuus
Drie dekades van verandering in die kerk

Drie dekades van verandering in die kerk

Neels Jackson, voormalige redakteur van Kerkbode was vir drie dekades die kerksake-verslaggewer van Beeld. Neels was van naby die ooggetuie van beduidende verandering in die kerk. As toegewyde en betrokke kerklidmaat het Neels ook teologies ontwikkel, onder meer as skrywer van verskeie boeke oor die kerk. Neels bedoel die woorde wat hy as titel van een van sy publikasies gebruik: “Ek kies steeds die kerk”.

Vars uit sy pen is hierdie nuwe publikasie, die moeite werd om te lees. Neels sê: “In hierdie nuwe boek deel ek my indrukke van hoe die NG Kerk sedert 1990 verander het.” Die publikasie is teen R250 by boekhandelaars beskikbaar.

Lees hieronder meer oor die inhoud, ook hoe Dana Snyman op die boek reageer.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.