Nuus
Drie dekades van verandering in die NG Kerk

Drie dekades van verandering in die NG Kerk

Voor 1990 was die NG Kerk ’n groot deel van die Afrikaanse landskap. Maar oor die laaste drie dekades het die kerk en haar rol ingrypend verander. Daar is nou vroue op die kansel, verskillende spiritualiteite binne die kerk en breër verhoudings met ander kerke. Met voortslepende tweespalt oor verdelende kwessies is die NG Kerk vandag glad nie meer so onaantasbaar soos dit eens was nie.

In sy jongste boek, Drie dekades van verandering: Die NG Kerk se pad van verruiming, beskryf ervare kerkjoernalis Neels Jackson dié prosesse en vra wat moet die kerk dan doen en wees vandag. Jackson was van 1990 kerksakeverslaggewer by Beeld en van 2013 tot 2018 redakteur van Kerkbode.

Le Roux Schoeman, redakteur van Kerkbode. het ‘n insiggewende onderhoud met Neels Jackson gevoer by die bekendstelling van die boek. Klik hier om na die onderhoud te kyk.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.