Nuus
Drie teologiese fakulteite legitimeer nuwe proponente

Drie teologiese fakulteite legitimeer nuwe proponente

‘n Pragtige oes nuwe proponente is die afgelope week of twee aan die drie universiteite waar predikante van die NG Kerk opgelei word, gelegitimeer.

Iets oor die terminologie: Legitimasie beteken dat ‘n teologiese student goedgekeur word om na ‘n gemeente van die NG Kerk beroep te word. Die titel van ‘n gelegitimeerde is “proponent”. Die oomblik wanneer ‘n proponent in ‘n gemeente bevestig word (die eerste bevestiging staan as “ordening” bekend) is die proponent ‘n dominee.

Die ink was skaars droog op die legitimasiepapiere of prop. Danie de Jongh word beroep na die NG Gemeente De Duin in Port Elizabeth. Hy het sy finale praktiese jaar van teologiese opleiding in De Duin afgehandel.

Hy is op 14 Mei 1993 in Bothaville, Vrystaat gebore. Hy matrikuleer aan Hoërskool Salomon Senekal in 2011 en behaal beide sy BDiv (2019) en sy MDiv (2020) aan die Universiteit van die Vrystaat.

Danie is passievol oor die bediening en is oortuig dat hy geroep is om in diens van die Here te staan.

Hy het intussen ook die beroep aanvaar.

Terug by die proponente en hulle legitimasie by die drie universiteite. Van hierdie studente kom ook uit Oos-Kaapse gemeentes, soos Domonic Basson (Gqeberha) en Micaela Wahl (Humansdorp).

Dit is die moeite werd om meer oor elkeen te lees en op te let hoe die Here hulle geroep en gevorm het. Klik op die skakel hieronder:

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.