Nuus
Ds Frikkie Greeff oorlede

Ds Frikkie Greeff oorlede

Ds Frikkie Greeff (31.03.1951 – 27.06.2021), emeritus, is op Sondag 27 Junie 2021 in Wellington oorlede nadat hy vir vier jaar met pankreaskanker saamgeleef het. Hy was van 1985 tot 1990 predikant te Wellington en daarna van 1990 tot 2016 predikant te Burgersdorp. Sedertdien was hy brugpredikant op Laingsburg en Nuwerus.

Frikkie was ‘n weldeurdagte persoon, getroue bedienaar van die Woord en sterk gefokus op die geestelike vorming van lidmate. Onder sy leiding was Burgersdorp-gemeente sterk op die gemeenskap en die uitdra van die evangelie gefokus.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.