Nuus
Earth Now beeld ekologiese data uit

Earth Now beeld ekologiese data uit

Laai gerus die Earth Now-app van Nasa gratis van die Playstore of Appstore af wat wesenlike inligting oor die gesondheid van ons planeet verskaf, soos:

  • die temperatuur van die atmosfeer
  • verspreiding en konsentrasie van koolstofdioksied
  • verspreiding en konsentrasie van koolstofmonoksied
  • gravitasieveld om die aarde
  • osoonlaag
  • vlak van die see
  • die grond se vog- en soutkonsentrasie
  • konsentrasie en verspreiding van waterstof in die atmosfeer.

Al hierdie inligting word met kleurkaarte weergegee en is maklik om te verstaan en te lees. 

Die belangrike vraag is natuurlik of ons wat in Jesus Christus glo genoeg vir die aarde omgee om elkeen persoonlik ons bloot te stel aan die data wat Earth Now oor die welsyn van die aarde en haar atmosfeer vir ons gee.  Ons moet eenvoudig, in navolging van Jesus Christus, ons lewenswyse so eenvoudig moontlik maak. Ons moet liggies op die aarde lewe. Lees verder.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.