Nuus
Focus on the Family se mediese adviespaneel beveel immunisasie aan

Focus on the Family se mediese adviespaneel beveel immunisasie aan

Dr Scott James en dr Daniel Hinthorn gee beide as wetenskaplikes en as belydende Christene helderheid oor die Covid-19 entstowwe en die prosesse wat gevolg is om dit te vervaardig. Hulle is pro-immunisasie.

Daar is verskillende sieninge en baie gerugte oor die verskillende Covid-19 entstowwe. Het die ontwikkelaars kortpaaie gevat toe die middels ontwikkel is? Is materiaal van fetusse gebruik in die produksieproses?

In hierdie video van Focus on the Family praat twee pro-lewe belydende Christen-wetenskaplikes oor verskeie vrae oor die entstowwe. Hulle is diep gelowige mense, maar ook voorste wetenskaplikes. Hulle help ons om feit en verdigsel van mekaar te onderskei, om ingelig te wees en om ‘n verantwoordelike besluit te neem.

Kortliks: hulle is ten gunste van Covid-immunisasie. Klik hier vir meer besonderhede.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.