Nuus
Frank Chikane: Unload the corrupt, let them go to jail in peace

Frank Chikane: Unload the corrupt, let them go to jail in peace

“Unload the corrupt from society, send them in peace to jail. They must do so freely. And tell them not to play a Simson on us by bringing the pillars of society down en route to jail,” het pastor Frank Chikane, voormalige direkteur-generaal van die presidensie onder Thabo Mbeki, op 10 Junie 2021 aan die Nelson Mandelabaai Christen-Leierskapnetwerk gesê.

Chikane het insette gelewer oo die kerk se potensiaal om genesing en vernuwing in die samelewing te bring. Self ‘n anti-apartheidsaktivis wat vir sy oortuigings gemartel en byna vermoor is, het Chikane gesê die Christelike geloof gaan oor God wat liefde is. Ons moet hierdie liefde as kerk sosiaal beliggaam eerder as om die gewone verdeeldheid en verskeurdheid in die samelewing klakkeloos te weerspieël.

Die kerk moet God ook God laat wees, God kan vernuwing bring, ons nie. Christene is geroep om na die beeld en gelykenis van God vernuwe te word, en nie ‘n (klein) God na ons beeld en gelykenis skep nie.

Oor die komende plaaslike verkiesing, het Chikane gesê die kerk het nie partypolitieke voorkeure nie, maar moet druk uitoefen dat partye kandidate met integriteit aanwys. Politieke partye moet weet hulle gaan dit hotagter by kerkgemeenskappe kry as hulle korrupte persone op hul kandidaatslyste plaas. Die kerk onderskat haar krag om ‘n verskil aan die kwaliteit van verteenwoordigers te maak.

Hy het verwys na groot hoeveelhede pyn op soveel gebiede in die samelewing, en gesê die kerk moet pyn op alle vlakke aanvat. Die regering het bn begroting om dienste te lewer, en die kerk moet druk uitoefen dat hierdie geld reg aangewend word. Korrupte politici weet hoeveel pyn hulle veroorsaak, maar gaan nietemin voort met hulle wandae.

Chikane, ‘n senior leier van die SA Raad van Kerke, sê die Raad het die nasionale regering reeds ‘n paar jaar gelede as moreel ongeloofwaardig verklaar. Dit staan steeds. Hy is egter hoopvol dat die land bou begin wegdraai van korrupsie.

Kyk gerus na sy volledige aanbieding, en klik hier vir sy aantekeninge op Powerpoint.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.