Nuus
Gee ‘n Bybel vir ‘n jongmens in Jeugmaand

Gee ‘n Bybel vir ‘n jongmens in Jeugmaand

Ons kan aan geen beter manier dink om Jeugmaand te herdenk as om jongmense met ’n morele kompas toe te rus wat hulle in die regte rigting kan stuur ongeag die situasie waarin hul hulself bevind nie.

Soos daar in Psalm 119 geskryf staan, is daar net een manier hoe ’n jongmens sy of haar lewenspad suiwer kan hou en dit is om by die woord van God te hou. Om gehoorsaam te wees aan die woord van God moet hulle egter weet wat daardie woord sê. Dit is hoekom toegang tot die Bybel van kardinale belang is. Dink jou in watter verskil jy kan maak deur ’n Bybel in ’n jongmens se hand te plaas en dan daardie lewe voor jou oë te sien verander.

Die Good News Translation (GNT) Bybel wat ons tans teen ’n afslagprys van slegs R43 aanbied, is die ideale Bybel om vir uitreikaksies en evangelisasiegeleenthede, soos sopkombuise en straatbedienings, te gebruik.

Hierdie Uitreikbybel bevat ook die “Help! How should I read my Bible?” boekie wat die belangrikheid van die Bybel vir nuwe lesers verduidelik en hulle ook help om hul weg deur hierdie gewigtige boek te vind.

Hierdie spesiale aanbieding van R43 per Bybel is slegs vir ’n beperkte tyd geldig, so koop vandag nog jou Bybels. Gee ’n Bybel en help ’n jongmens om die woord van God te hoor. 

Wees ’n saaier van hoop.

Klik hier om hierdie Bybel te koop.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.