Nuus
Gemeentes se inkomste oorwegend stabiel of styg tydens Covid-19

Gemeentes se inkomste oorwegend stabiel of styg tydens Covid-19

Volgens ‘n steekproef wat in Oktober 2020 onder 10% van predikante gedoen is, rapporteer 22% van gemeentes dat hul inkomste tydens Covid-19 gestyg het, 44% se inkomste het min of meer dieselfde gebly, met ‘n derde van gemeentes wie se inkomste gedaal het.

Só rapporteer prof Kobus Schoeman van die NG Kerk se navorsingspan in ‘n verslag aan die Algemene Sinodale Moderamen. Klik hier om die Powerpoint af te laai.

61% van gemeentes se uitgawes het gedaal, sowat 35% s’n het dieselfde gebly en 4.7% se uitgawes het gestyg.

Op die stelling, “Die pandemie gaan veroorsaak dat hierdie gemeente nie kan oorleef nie”, sê 2% hulle stem beslis saam en 3% hulle stem saam. 6% van die respondente is onseker, met 89% wat nie saamstem nie. Respondente uit plattelandse gemeentes is oor die algemeen meer onseker oor hul voortbestaan as stedelike gemeentes.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.