Gemengde reaksie op Matriekuitslae 2015

Die uitslae van 2015 se matriekuitslae is met gemengde reaksie deur die media en rolspelers ervaar.

Onderwysersvakbonde, beheerliggaamorganisasies en politieke partye het positief en negatief, kommentaar gelewer oor die matriekslaagsyfer wat met 5,1 persentasiepunte gedaal het.

Hoewel daar ‘n daling was van die matriekslaagsyfer, het sowat 52 000 méér leerlinge die eksamen geslaag. In dié opsig het die deurvloeikoers verbeter, wat ’n aanduiding van vordering is. Daar was egter ook ‘n afname in matrikulante wat met univerisiteitstoelating geslaag het, wat ‘n refleksie is op die kwaliteit van die slaagsyfer.

Die NG Kerk wil eerstens aan sy jong lidmate wat dié eksamen suksesvol geslaag het, van harte gelukwens. Talle berigte is ontvang van jongmense wat uitsonderlik gepresteer het. Agter dié suksesverhale is daar toegewyde onderwysers en ondersteunende ouers en familie. Hulle deel in die suksesverhale en ‘n besondere groot dank aan hulle.

Die gebede en beste wense van die NG Kerk vergesel ons jong lidmate vorentoe. Talle begin hulle skoolloopbane, talle gaan begin studeer, talle gaan egter ook in ‘n tyd van groot werkloosheid probeer om iewers werk  te vind. Mag julle almal sukses en voorspoed beleef en bo alles die genade, liefde en nabywees van Hom aan wie ons behoort, ervaar.

Gemeentes sal gevra word om op Sondag 14 Februarie 2016 voorbidding te doen vir die onderwys.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.

Leave a Reply