Nuus
Gesprek oor Pinkster 2021: Die Heilige Gees maak heel en nuut

Gesprek oor Pinkster 2021: Die Heilige Gees maak heel en nuut

Dr Martin Laubscher in gesprek met onderhoudvoerder dr Gideon van der Watt oor Pinkster 2021

In hierdie video tree dr Martin Laubscher (spesialis op die gebied van prediking en liturgie, Universiteit van die Vrystaat) in gesprek met dr Gideon van der Walt (publikasieredakteur van die Christelike Lektuurfonds) oor Pinkstertyd binne die kerklike jaar. Martin vertel hoe dit ‘n gewilde gebruik binne die NG Kerk geword het sedert die besondere ervaring met Pinkstertyd 160 jaar gelede. Hoe kan ons dit vandag nog inklee en sinvol aanbied (ook binne die Covid-tyd)? Die twee gesels ook oor die breë tema vir 2021 en Martin verduidelik wie dit is wat vanjaar help skryf het aan die reeks.

Hierdie video is Deel 1 van vier dele. Klik hier vir die skakels na Deel 2, Deel 3 en Deel 4 waar Gideon van der Watt met ander deelnemers aan vanjaar se CLF pinksterreeks gesels.

Klik hier om die Pinksterreeks 2021 af te laai.

Bonus: Die CLF het ook ‘n reeks hulpbronne vir die Covid-tyd – klik hier.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.