
Grootste aanlynkoerant in SA begin fokus op goeie nuus, soos oor vyf jong seuns
Joernaliste glo oor die algemeen dat slegte nuus en konflik nuus verkoop. Daarom is die koerante vol bakleiery, skinder en misdaad. Tot satwordens toe. Is die joernalistiek reg? Met die skerp daling in die verkope van koerante moet dit dalk herbedink word.
News24 sien dinge dalk deesdae anders. Die aanlyn-nuuskanaal, die grootste in die land, het pas begin om goeie nuus te versprei. Die lig van nou ook op die goeie dinge wat Suid-Afrikaners doen.

Een van die berigte handel oor vyf seuntjies wat hulle oor ‘n Labrador ontferm het. Lees die storie hier, en klik hier om die Dierebeskermingsvereniging se Facebookplasing oor die daad van barmhartigheid te lees.
Klik hier om nuus in hierdie kategorie op News24 te lees. As jy ‘n storie met goeie nuus het, stuur dit aan feelgood@news24.com.