Help só slagoffers van Sikloon Idai
Tans is daar heelwat navraag oor die wyse waarop ‘n bydrae gelewer kan word om die nagevolge van sikloon Idai in Mosambiek aan te spreek. Ons weet baie lidmate en gemeentes wil ‘n verskil help maak, maar wil weet dat hulle bydrae by mense in nood uitkom. Die NG Kerk is in ‘n formele verhouding met die Gereformeerde Kerk in Mosambiek, met gemeentes wat direk deur die sikloon geraak is en wat oor die infrastruktuur beskik om deur die plaaslike gemeentes behulpsaam te wees. Maande van voedsel- en watertekorte, asook siektes, lê vir baie mense en veral kinders voor. Aangesien die vervoer van hierdie hulp bemoeilik word deur oorgrensprosedures, lang afstande en slegte paaie is dit tans die beste om hierdie middele sover moontlik in Mosambiek plaaslik aan te koop. Finansiële hulp kan dus groot verligting bring vir meeste van die probleme wat nog voorlê in die maande wat kom en sal grootliks waardeer word.
Bankbesonderhede indien u tot die noodfonds wil bydra:
Bank name: Standard Bank
Account holder: GREJA REFORMADA EM MOCAMBIQUE
Account number: 03 289 1776
Branch code: 051001
Reference: Idai relief
Proof of payment: pastor@vivamaputo.org