Nuus
Hoe help die Bybel geweld teen vroue en kinders bekamp?

Hoe help die Bybel geweld teen vroue en kinders bekamp?

In die afgelope maande is die NG Kerk geruk deur die moord op ds Liezel de Jager, ‘n jong predikant en moeder. Sy was van Amanzimtoti in KwaZulu-Natal. Dit onderstreep weer die rede waarom die jaarlikse veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders so belangrik is.

Hierdie skandvlek op die samelewing is nie vreemd aan die Bybel nie. Daarom is daar ook tekste in die Bybel waarvoor mens soms terugdeins, juis omdat dit die hardheid van ons gebroke werklikheid so lewensgetrou en dus skrikwekkend uitbeeld.

Hoe kan hierdie tekste ons juis help?

In ‘n toeganklike artikel, Encountering trauma in the Bible, moedig Corinna Guerrero ons aan om “costly Scripture reading” te doen – dit beteken om juis met hierdie moeilike tekste te worstel aangesien dit die pad wat God ons wys vir ons kan oopbreek. Sy dui praktiese stappe aan en skryf:

Taking this costlier view of biblical history—including the trauma—will point us at the resilience of the people of God. In each instance the faithful took everything they had to God. They took their anger and despair, their logic and emotion and their faithfulness and fallenness to God because they knew that no matter what befell them, they remained in relationship to God, as close to them as they were to themselves.

Kyk gerus ook na hierdie lesing deur Anna Carter Florence, professor in prediking by die teologiese skool van die Colombia Universiteit in die VSA. Sy daag ons uit om moeite te doen met en saam te lees aan die uitdagende tekste van die Bybel. Dit verander ons – ten goede.

Laastens: hier is ‘n uitstekende artikel van die Evangeliese Lutherse Kerk oor gender-gebaseerde geweld (wat ook mans as teikens insluit). Dit verken die terrein omvang en motiewe agter hierdie geweld.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.