
Hoe om vir gelowiges in Afghanistan te bid
Met die val van Afghanistan in die hande van die Taliban is dit feitlik seker dat die toekoms van Christene duister is. Om ‘n Christen in Afghanistan te wees, word onmiddellik heelwat gevaarliker.
Selfs tydens die Amerikaanse teenwoordigheid in hierdie land het Geopende Deure Afghanistan gelys as ‘n land waar vervolging slegs ‘n klein bietjie minder onderdrukkend as in Noord-Korea is. Bekeerlinge tot die Christelike geloof betaal ‘n duur prys as hul nuwe geloof ontdek word. Volgens Geopende Deure moet hulle dan land-uit vlug of hulle sal doodgemaak word.
Nie net volgelinge van Jesus nie, maar ook vroue en kinders is aansienlik meer blootgestel aan persoonlike gevaar onder ‘n Taliban-regering. Dieselfde geld persone wat Westerse magte oor die afgelope 20 jaar ondersteun het.
As Christene het ons die verantwoordelikheid om vir ons broers en susters in die Here in Afghanistan te bid. Hier is ‘n uitstekende artikel wat mens hiermee help.
Josh Manley, ‘n predikant in die Verenigde Arabiese emirate met noue bande met gelowiges in Afghanistan, skryf ook waarvoor ons nou kan bid. Lees Josh se artikel hier.