
Huldeblyk aan ds Alwyn Griebenow
Ds Alwyn Griebenow is in Julie 2021 op 85-jarige ouderdom oorlede. Hy was vir bykans 20 jaar die predikant van Bothasrus-gemeente op Despatch. Na sy emeritaat het hy in verskeie gemeentes afgelos, onder meer in Sondagsriviermond. DS WILLEM PETZER, ‘n jonger vriend en kollega, skryf die volgende huldeblyk:
Ds Alwyn Griebenow, soos lidmate hom deur die baie jare van sy bediening in Zimbabwe en in Suid-Afrika ken. Neef Alwyn, soos duisende Voortrekkers ā kinders en volwassenes – hom deur die loop van sy lang loopbaan as offisier in Die Voortrekkers ken, en oom Alwyn, soos ek hom ken. Prediker, mentor, skrywer, rolmodel en ān vaderfiguur wat ek altyd deur lang jare kon skakel as ek raad nodig gehad het.
Van hom skryf een van die Voortrekkers wat lank in oom Alwyn se Voortrekkerspan was, Paul Kloppers, die volgende: āHy het saam met ons gaan stap en ons standerd sewe lawwigheid met ān effense glimlag verduur. Hy was die kalmte, die kwinkslae, die konsekwentheidā. En: āSalig is hulle wat (soms onwetend) jong kinders die pad wys, en dan sommer water, kaart en kompas daarby gee. Welgeluksalig, ja. By gebrek aan iets meer gepas, Neef, was jou lewe ān psalm wat gesing kon word, ān spreuk wat insig kon gee. Nóóit ān klaaglied nie.ā
G A Watermeyer skryf in ān gedig wat hy aan onderwysers opgedra het die volgende woorde, wat hy net sowel vir oom Alwyn kon geskryf hetā
āDie jare wat jul dien, word ryp in elke kind wat meer begryp.
En as jul oud is, oud en sterf sal hoop wat jul gesaai het, swerf
en groei in die gedagtegrond tot mirtes van ons mĆ“restond.ā
Almal wat hom geken het se lewens spreek van die hoop wat oom Alwyn gesaai het.
Oom Alwyn het vir die blye boodskap van Jesus Christus geleef. Ek weet dit, want ek het hom hoor preek, ek het hom hoor bid, ek het hom hoor praat, ek het hom sien leef. Sy onkreukbare integriteit en erns in sy liefde vir sy Verlosser het almal wat met hom in aanraking gekom het, getref. Sy lang huwelik van 60 jaar en sewe maande met tannie Muntie is ān navolgingswaardige voorbeeld vir alle getroudes.
En nou het oom Alwyn in Paulus se woorde die goeie wedloop afgelĆŖ, die wenstreep bereik en gelowig end-uit volgehou. Hy het ān verskil gemaak. In Psalm 119:37 lees ons: āWeerhou my van ān nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.ā Vir Alwyn Griebenow is hierdie woorde bewaarheid.
Ons eer sy nagedagtenis.