#imagine 2016 is aan die gebeur!

#imagine 2016 vind vanjaar van 1 tot 3 April by die Mentors Country Estate, Jeffreysbaai, plaas.

Die #Imagine2016 komitee is reeds hard besig om te beplan aan hierdie jaar se FEES-telike Byeenkoms. Verlede jaar het ongeveer 700 tieners die fees in die Oos-Kaap bygewoon en ons sal graag hierdie jaar die totaal wil verdubbeld.A2-Oos-Kaap-Imagine-Afrikaans-Poster768x

Daarvoor het ons u hulp baie nodig! Ons is net ‘n handjievol komiteelede en kan nie oral en by elke gemeente en skool uitkom om te adverteer nie. Die van u wat verlede jaar tieners gestuur het of dalk self daar was, sal onthou wat ‘n besondere ervaring so ‘n saamtrek van jongmense is.

Ons wil graag meer amptelik met u kommunikeer sodat die beweging wat die Here onder ons tieners wakker maak ook julle area kan bereik.

Datum en plek:

#imagine 2016 gaan vanjaar jaar van 1-3 April plaasvind. Daar gaan 3 geleenthede gelyktydig plaasvind met presies dieselfde program en inhoud. Die 3 geleenthede is in die Oos-Kaap ( Mentorskraal – Jeffreysbaai), in die Noorde (Marlonjeni- Game farm) en in die Suide (Mega Park – Bredasdorp).

Inskrywings word aanlyn op die webwerf gedoen by http://www.imaginemovement.co.za.

Kontak ons:

Ons het ons eie kommunikasie netwerk waar ons streek-spesifieke inligting kan kry wat van toepassing is op ons byeenkoms.

Kontak ons gerus via:

Epos by ec@imaginemovement.co.za

Webwerf: http://www.imaginemovement.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/imaginemove

YouTube: YouTube  

Ons 4 grootste behoeftes:

  1. Ons het julle gebede nodig. Dit word nie ligtelik gevra nie. Ons het in 2014 en 2015 beleef hoe daar deurbrake gekom het wat net deur gebed moontlik was. Ons het in 2016 net soveel uitdagings soos in die vorige twee jare en vra dat julle asseblief sal bid vir die Here se genade en guns.
  2. Ons het mense nodig wat deel raak van die #imagine familie. Vir elke 10 tieners wat #Imagine bywoon, moet daar ‘n volwassene (mentor) saam kom.
    Ons benodig ook beraders, bidders en “handy mans”. Kontak ons gerus by ec@imaginemovement.co.za en meld aan as jy bereid is om hard te werk vir een van die lekkerste ervarings van jou lewe.
  3. Ons het ook finansies nodig. Ons wil graag hierdie jaar ons getal tieners wat die fees bywoon verdubbel! Ons inskrywingsfooi is vanjaar R430, met ‘n Early Bird Special van R380 indien jy voor 7 Maart 2016 inskryf. Ons weet dit gaan vir ’n groot deel van ons bevolking te duur wees en ons sal weer moet help. Ons weet ook dat ons dalk steeds ’n tekort op ons uitgawes gaan hê.
  1. Ons 4de behoefte is bewusmaking. Ons het 3 geleenthede landwyd en as almal op kapasiteit vol is, kan ons 20000 tieners akkommodeer! Sal julle nie so gaaf wees om die oulike video’s wat op die YouTube kanaal is in julle te kerk wys nie. Plaas die datum op julle kalender. Plaas die datum op julle afkondigings, stuur ’n SMS boodskap aan julle tieners.

Hoe u ook al met u mense kommunikeer, maak hulle asseblief bewus van #imagine2016! Ons weet nog steeds dat die Here ons land kan verander deur hierdie beweging. Die hoeveelheid positiewe stories wat steeds uit gemeentes ons ore bereik is so bemoedigend. Ons weet ons moet in 2016 weer die groot byeenkomste hou om die atoombom regtig te laat ontplof. Mag die rimpelings wat ons reeds voel en sien die voor-skokke wees van ’n genade uitbarsting vir Suid-Afrika as daar 20 000 tieners leer dat die “image” waarin hulle herskep word die dienende Christus is wat met 12 mense die grootste beweging van alle tye veroorsaak het.

Wil u nie so gaaf wees om weer R2,000 vir ons te begroot en dit oor te betaal in die volgende rekening nie:

#Imagine Rekening
ABSA bank 632005
Rek no. 9226881203
Verwysing: Oos-Kaap en gemeente naam

#imagine groete

Droom – Glo – Doen

info@imaginemovement.co.za

Vriendelike groete,

Hanneke Janse van Vuren
NG Gemeente Somerset-Oos
(s) 0836793405
(t) 0422432080

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.

Leave a Reply