Blog
Innoverende groen eko-muur vir Afrika

Innoverende groen eko-muur vir Afrika

Droogtebestande akasia-bome word in ‘n strook regoor Afrika geplant om ‘n groen muur te skep vir ekologiese vernuwing

Die Great Green Wall is ‘n beweging onder leiding van Afrikane wat poog om ‘n natuurwonder van epiese proporsies te skep – die plant van ‘n massiewe muur van droogtebestande akasia-bome wat 8 000km oor die hele breedte van die vasteland sal groei.

Na afloop van die One Planet Summit for Biodiversity wat op 11 Januarie virtueel in Parys gehou is, het die Franse president Emmanuel Macron aangekondig dat daar vir die volgende tien jaar $14 miljard vir The Great Green Wall of Africa beloof word. 

Dié muur beloof om ‘n innoverende oplossing te wees vir talle dringende bedreigings wat nie net die vasteland van Afrika in die gesig staar nie, maar ook die wêreldwye gemeenskap as geheel – veral klimaatsverandering, droogte, hongersnood, konflik en migrasie.

Die finansiering van Frankryk bied 30% van die ontwikkelingsgeld wat nodig is om die projek teen 2030 te voltooi. Sodra die projek voltooi is, sal die Great Green Wall die grootste lewende struktuur op die planeet wees, drie keer so groot soos die Groot Koraalrif (Great Barrier Reef).

Klik hier om meer oor hierdie projek te lees of kyk hierdie kort video onder vir meer inligting. 

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.