Nuus
Internasionale Verpleegsterdag 2021 vereer onbaatsugtige diens

Internasionale Verpleegsterdag 2021 vereer onbaatsugtige diens

Internasionale Verpleegsterdag word tradisioneel op 12 Mei gevier, die dag waarop Florence Nightingale gebore is. Nightingale word gesien as die grondlegger van die moderne verpleegberoep.

As kategorie van gesondheidswerkers vorm verpleegsters die grootste enkele gesondheidsberoep in die wêreld. Vir baie mense oor die aardbol heen is dit die enigste gesondheidskundiges tot wie hulle in ‘n leeftyd toegang het. Vanweë hul opleiding het verpleegsters insig in die fisieke gesondheid, maar ook breër welsyn van pasiënte. Hulle verreken ook die impak van psigososiale en ekonomiese faktore op mense se lewens.

Met die eb en vloei van hospitalisasie gedurende die Covid-19 pandemie speel verpleegsters ‘n sleutelrol om die versorging van pasiënte, ongeag ras, klas of stand, waar te neem. Soms het pasiënte dringende sorg nodig, soms net ‘n bemoedigende woord of ‘n glas water. Daar is deurgaans ‘n verpleegkundige om in hierdie behoeftes te voldoen.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word 9 miljoen bykomende verpleegkundiges teen 2030 benodig om die wêreldontwikkelingsteikens te haal.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.