Nuus
Jy is aangestel as jou huis se waterspeurder!

Jy is aangestel as jou huis se waterspeurder!

Lees gerus ons gids vir water-spaar hieronder en merk dan hieronder watter maatreëls in julle huis implementeer word: 

  1. Word die kraan toegedraai as julle tande borsel? Of borsel jy tande deur net 1 koppie water te gebruik? Jy kan tot 6 liter water per minuut bespaar.
  2. Is daar ‘n waterverplasingsvoorwerp in jou toilet se tenk om die volume water te beperk as daar gespoel word? Soos byvoorbeeld ‘n baksteen of ‘n koeldrankbottel?
  3. Is daar ‘n beker koue water in die yskas? Of draai julle elke keer die kraan oop en wag tot die water koud word?
  4. Is die koue en warm krane in jul huis duidelik gemerk? Of wag jy soms baie lank vir warm water om uit die koue kraan te kom?
  5. Word daar in die huis onder 2 Minute gestort? Of langer?  ‘n Stort kan enigiets tussen 6 en 45 liter per minuut gebruik. Op Youtube kry jy “2 minute shower songs”, wat jou gaan help om nie langer as dit te stort nie.
  6. ‘n Bad gebruik gemiddeld 160 liter water, terwyl ‘n stort van 5 minute ongeveer 60 liter water gebruik. Word daar in die huis gebad of gestort? As jy wel ‘n bad tap, tap min water in of deel die pad met die res van jou huisgesin. Herwin jou badwater deur dit te gebruik vir die tuin.
  7. Is die wasmasjien of skottelgoedwasser vol gelaai wanneer dit gebruik word? Gebruik julle dalk die ‘eco- funksie’ (waterspaar-funksie) van die masjien? Onthou die masjien gebruik dieselfde hoeveelheid water of dit nou half vol of heeltemal vol is.
  8. Is daar in die wasbak/stort ‘n emmer waarmee die orige water mee opgevang word? Of loop dit net af in die drein? Grys water kan baie doeltreffend aangewend word.
  9. Maak julle tuin nat met ‘n gieter of eerder ‘n tuinslang? ‘n Tuinslang gebruik 1 000 liter water per uur. Bedek jou plante met molm (swaar kompos of strooi) en as jy dit vroeg in die môre en laat in die middag water gee, sal dit verdamping verminder en water bespaar.
  10. Word die reënwater by julle huis enigsins opgevang? Soos byvoorbeeld met ‘n Eco/Jojo Tenk?
  11. Sien jy enige lekkende / druppende krane in die huis? ‘n Lekkende kraan kan 15 liter water per dag vermors, of 5 500 liter water per jaar.
  12. Is daar enige lekkasies by jul waterpype? Gaan kyk na die water lesing op jul meter. Wag dan 15 minute (niemand mag in 15 minute die water gebruik nie), en gaan kyk dan of die watermeter nog dieselfde lesing wys. Indien die water lesing telling hoër is as 15 minute gelede, dan is daar heel moontlik ‘n lekkasie iewers in die huis.
  13. Wanneer jy groente en vrugte afspoel, tap jy eers water in ‘n bak of laat jy die kraan loop terwyl jy die afspoel werk doen?
  14. Is dit moontlik om die stofsuier (elektrisiteit) of besem te gebruik, eerder as om te mop (water)?
  15. Hoeveel plastiekbottels is daar in die huis? Ongeveer 1 Liter water word gebruik om die plastiekbottel te vervaardig waarin jy 500ml gebottelde water koop? Vervang die plastiek met glas. Herwinning (recycling) help om water te bespaar.
Jy is aangestel as jou huis se waterspeurder!
Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.