Nuus
Kan die verskillende teologiese strome in die NG Kerk mekaar verryk eerder as beveg?

Kan die verskillende teologiese strome in die NG Kerk mekaar verryk eerder as beveg?

Die NG Kerk is saamgestel uit verskillende teologiese strome wat uit verskeie bronne saamgevloei het. Kan hierdie strome mekaar eerder verryk as beveg? So vra dr Christo Benadé in hierdie leesbare en insiggewende artikel.

‘n Vraag is of hierdie strome mekaar moet probeer domineer of uitoorlê? Op watter wyse kan saambestaan mekaar verryk? Christo argumenteer in sy artikel dat die werklike liberale stroom (wat nie ruimte vir God het nie) bitter klein is en nie werklik (langer) invloedryk is nie. Baie in die NG Kerk wat as liberaal uitgekryt word, is nie regtig liberale teologie nie. Dit is ‘n stroom diep gelowiges wat nie langer ander wil beoordeel en in vakkies wil plaas, soos die ou apartheidskerk gedoen het nie.

Laat weet wat julle dink. 

Lees die artikel

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.