Nuus
Kan ons ons stad in een dag skoonmaak?

Kan ons ons stad in een dag skoonmaak?

Die inwoners van Nelson Mandelabaai word uitgedaag om elkeen ‘n bydrae te lewer om die metro op 22 Maart behoorlik skoon te maak.

Dit is ‘n uitdaging wat in enige stad of dorp gerig kan word.

Lance Grootboom, uitvoerende komiteelid vir openbare gesondheid, roep die metro se 1,3 miljoen inwoners op om elkeen op Vryheidsdag, 22 Maart, 4 uur van hul tyd te spandeer om in hul omgewing skoon te maak.

Die veldtog staan bekend as “Can a City be cleaned in one day?”. Dit is deel van ‘n projek om inwoners rondom onwettige storting op te voed en gedragsverandering aan te kweek. Onwettige storting hou ook verband met swak vullisverwydering. Die metro is vasberade om hierdie situasie aan te spreek.

Grootboom moedig inwoners aan om verantwoordelikheid te neem vir die ruimtes rondom hulle. Begin deur jou sypaadjie skoon te maak, dan ook ‘n park naby jou of die skool in jou omgewing. Ditgeld ook besighede wat moet toesien dat vullis nie hul omgewing ontsier nie.

Grootboom, self ‘n toegewyde kerklidmaat, moedig gemeentes aan om projekte te loods wat ‘n verskil kan maak. ‘n Mooi omgewing bevorder trots en maak die stad ‘n aantrekliker bestemming. Dit skep ook werk, aangesien beleggers eerder in ‘n funksionele omgewing met goeie sisteme wil belê.

Almal wat skoonmaak word versoek om foto’s van hulle werk op sosiale media te plaas en dit te merk met “#NMBLoveWhereYouLive #CleaningNMBTogether #CleanCity1day om ander aan te moedig om deel te neem.

Die veldtog is ‘n onderdeel van ‘n groter projek om sisteme op te knap sodat fabrieke en besighede afval reg hanteer en munisipale vullisverwydering opgeknap kan word.

Wat gebeur in ander dorpe en stede?

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.