Kategesewerkswinkel vir leraars, kategete en ouers
Die Ring van PE-Wes bied op 26 en 27 Januarie ‘n kategesewerkswinkel vir predikante, kategete en ook ouers aan. ALLE leraars en gemeentes uit ons sinodale gebied is welkom. Dit word by die NG Kerk PE-Heideveld gehou, en aangebied deur ds Johan Avenant, die leier van die NG Kerk se kategesetaakspan.
As deel van die werkswinkel word ook oor die vorming van geloof in die ouerhuis gepraat.
Die werkswinkel bestaan uit drie sessies:
- Dinsdagoggend, 26 Januarie, gerig op predikante
- Dinsdagaand, 26 Januarie, gerig op predikante en kategete
- Woensdagaand, 27 Januarie, gerig op predikante en ouers
VBO-punte word vir leraars toegeken.
Klik hier vir die volledige agtergrond, program en inskrywingsvorm.
Danie
0