Kerke in Baai span saam teen hongersnood

Danksy Covid-19 is hongersnood ‘n algemene werklikheid in baie van Nelson Mandelabaai se woonbuurte. Gemeentes van alle denominasies vat mekaar se hande in ‘n gekoördineerde aksie om hongersnood te bekamp.
Die Nelson Mandela Bay Church Leader Network het ‘n strategie geformuleer wat aksie op die kort-, medium- en langtermyn moontlik maak. Die strategie maak van ankerkerke in elk van die 60 munisipale wyke en hul susterskerke gebruik.
Op die medium en langtermyn word van Food Forward SA as strategiese voedselvennoot gebruik gemaak.
- Handleiding vir Gekoördineerde Aksie teen Honger – hierdie kort dokument spel die gekoördineerde strategie uit
- Handleiding vir Ankerkerke – spel die bedryf van ‘n voedselbank uit ankerkerke uit.


Dit het verg harde, doelgerigte werk reg deur die kerklike gemeenskap van die metropool om Ankerkerke aan te wys en vennootskappe met ander kerke in die omgewing te vestig.
Volledige inligting met die vordering van die projek is beskikbaar by http://tcn.org.za/against-hunger/