Nuus
Kollektiewe trauma: Kursusmateriaal hier aanlyn beskikbaar

Kollektiewe trauma: Kursusmateriaal hier aanlyn beskikbaar

Me Hanna Kotze, kliniese maatskaplike werker en ander mede-aanbieders het ‘n kursus in kollektiewe trauma oor vier sessies aangebied. Volg die kursus deur die vier sessies hieronder (in volgorde) te kyk en laai gerus die Powerpoints af:

SESSIE 1:

Die konsepsuele raamwerk agter kollektiewe en inter-generasie trauma, en
die neurologiese dinamika van trauma geniet aandag.

Powerpoint by Sessie 1

SESSIE 2:

Die verband tussen individuele, kollektiewe en inter-generasie trauma word bespreek.
Ons kyk ook na bydraes van pastor John Mathule en Thomas Hübl.

Powerpoint by Sessie 2

SESSIE 3:

Ons gesels oor kerk, teologie en trauma. Watter teologie kan vervreemding en isolasie
teenwerk, en omarming en die verwelkoming van die ander moontlik maak.

Powerpoint by Sessie 3

SESSIE 4:

Ons fokus op die “verwonding van die siel” van diegene wat ander getraumatiseer het.
Dit staan onder meer as sosiale trauma of “perpetrator-trauma” bekend.

Powerpoint by Sessie 4 | Wilhelm Verwoerd se Powerpoint oor kulturele trauma of “perpetrator trauma”

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.