Nuus
Leraars en gemeentes gevra om op nuwe huweliksbedeling kommentaar te lewer

Leraars en gemeentes gevra om op nuwe huweliksbedeling kommentaar te lewer

Die Dept. van Binnelandse Sake het ‘n groenskrif (dit is ‘n konsep-beleidsdokument met die oog op kommentaar) oor die opstel van nuwe huwelikswetgewing in Suid-Afrika gepubliseer. Hierdie voorgestelde wysigings aan die huweliksbedeling het ‘n effek op huwelike sowel as burgerlike verbintenisse.

Die Departement nooi nou die publiek uit om kommentaar te lewer op veral die omstrede aspekte wat in die groenskrif vervat word. Hierdie omstrede aspekte is nog nie amptelike beleid nie, en verteenwoordig ook nog nie die amptelike beleid van die regering nie.

Binnelandse Sake skryf: 

We invite you to spend few minutes of your precious time to fill this non-compulsory questionnaire to give your views on marriages. This questionnaire is anonymous and your name and surname are not required. The questionnaire may be emailed to marriagegreenpaper@dha.gov.za or submitted to the nearest Home Affairs office.

Grens.Pos moedig leraars en gemeentes aan om kommentaar te lewer. Klik hier om die vraelys af te laai. Die keerdatum is 14 Julie 2021.

Print Friendly, PDF & Email
close
Teken in op Grens.Pos, ons e-nuusbrief
Ons hanteer jou data privaat en deel dit nie met buitestaanders nie.